Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Radio Suid-Afrika .co.za


Radio Suid-Afrika - Bier In Die Hel VID >>>

2007 08 08 - Radio Suid-Afrika VIDEO LAUNCH met Luna, Steak&Ale, 20:00


2007 02 12 - "Bid" CD LAUNCH, Steak'n'Ale, 20:00 vir 21:00
vetseunvetseunvetseun
Bid .................................... F1001114 2006 BOWLINE
1. As
2. Jy Vermy (Vir My)
3. Bid
4. Judy
5. Minder Is Meer
6. Stacey
7. Honderd Maal
8. Alone met Luna
9. Bier In Die Hel
10. Hoop met Kabous Verwoed

is Niel van Deventer, Leon van der Westhuizen, (eers LN-Radio), plus Luna, Hugo Radyn, Louise Voster, Kabous Verwoed

Die titel is miskien 'n vraag, miskien 'n opdrag, maar miskien 'n soekende waarheidskreet. Maar dis nommer 3 en ons kom daarby. As en Jy vermy is daai lewens-/liefdesliedjies met meer betekenisse en speelbeelde waarna jy altyd soek, in of net buite liefde. Melodieuse kitaarrock noem ons dit gewoonlik, en vergelyk dit met grotes soos Valiant, Koos ens, enige iemand wat met 'n smile kan pyn. (Klopjag, Ddisselblom, Die Melktert Kommissie ens ook ...)
Daar'sy nou Bid ons, die diepe donker uit, die superlig in ... saam,
....... ".. bid vir vrede, bid vir reën ..."
patrioties? uitdagend? maar defnitief waar, met 'n MK89 video as backup, een van die jaar se driedubbele treffers, knersende kitare en kopknik woorde saam met vollebors saamsing koor ...
Met die stemming nou daar, sonder twyfel, rol die nommers soos Bloubergstrandbranders oor jou bewussyn, koel en soothing, deel van iets groter as wat die oog kan sien. Minder Is Meer is 'n vinger voor die
...... " .. geloof, hoop en liefde ..."
bors van meeste van ons, 'n aanmaning na beter en hoer (deel teken ...), 'n tarting van die kollektiewe gekanaliseerde metropolitaanse strewe na skaamgeld. Jammer oor die grootwoorde, maar hey. Honderd Maal, in elektroniese kitaar hemel besing ons die herhaling van die rondom
...... " ..sal jy dan eventually daarvoor val?..."
liefdesdroom en meer. Met 'n direkte verwysing na die Goddelike krag, meer as eenkeer, in aanvaarding van die rol. So in Luna se stem op Alone, is daar saamwees, en 'n duidelike melankoliese aandring daarop. Tussenin is daar die liedjies oor meisies, die een Judy met 'n Blohm kitaarklank en Stacey wat ritmies baie aan Boemelaar se droom herinner, en geluk verby is.
Die album word afgesluit (aaah!) deur twee emosionele waarheidsliedjies, Bier In Die Hel is saggies met die pluk van snare ingekleur, voor die elektroniese oorneem en kore geskree word ...
..... " ..hopelik, ja hopelik, net hopelik ..."
Nog vrae aan die uitspansel, nog waarhede in 'n lied. Kabous Verwoed aan die rym in Hoop, 'n uitroep met tjikkelinge tjikkelei note om die diepte daarvan miskien bietjie minder erg te maak.
'n Lekker CD, ernstig, tog saamsing, puntestelsel vir die een (weer), en vir gereelde luisteraars van VFM, draai daai knop so bietjie hientoe en daantoe, maar kry RSA FM op die draadloos, en Bid saam.
(ook ter nagedagtenis aan die Wildernis se oase ...)

2006 11 07, Café Barcelona, Elarduspark - Radio Vryheid/Radio Freedom: Radio Suid-Afrika + Kabous Verwoed + Luna + Henry Steel en geheime gaste AD de Vos + Bacchus Nel + Fritz Blitz
Miskien nie die soort bymekaarkoms wat mens moet probeer verwoord nie. Maar die verkeerde afdraai kan jou nog by die regte plekke uitbring ...vetseun
Barcelona se donker tafeltjies en bier is nog dieselfde as vroeër vanjaar saam met Die President, toe was dit Rokkeloses en mense van Brixton, maar die keer is daar geen keer aan die diep ingelegte trots van die taal.
Die aand word afgeskop deur Kabous se woorde, van die bar vol jeugdiges ens. Tweede is Luna se klavierklanke wat haar perfekte stem begelei, met Henry Steel en Leon op kitaar. Radio Suid-Afrika is dan voor die mic en dis 100 Maal, saam met 'n Henry Steel track is die aand in beweging. Henry rock saam met Delta Blue.
Dis mic aflos tussen die Vryheidssingers, Kabous, Luna, Radio, Henry, sonder ophou of verskoning, net meer van "daai goeie goed". Met die sterk bewoorde ritmiese klank van Kabous se verse, Luna se bluesirige melodieë en Radio Suid-Afrika se amper patriotiese amper klaagliedere (ons oordramatiseer vir vetseuneffek) en dan weer Henry se staalkitaar snare, word die aand diep in gekuier, soos 'n bosveldpad soontoe. Kabous doen nommers vanaf sy Beenkamers CD (www.ritmeplate.co.za!!), Luna doen 'n afrikaanse een (vir die aandele), Radio se Bid, Jy Vermy (Vir My) en Minder Is Meer is toe alles net nog inleiding ...
En dan is dit die geheime gaste wat uit die skadu's onder die ligte kom, eers Die Wolfman, met nuwe tonginniekies (koppeltekens word vir eers geboikot, ala Kabous) nommers in die selfde stemming van sy reeds bekendes. 'n Lekker reminder aan hoe Bang ons mag wees, en daai een van die vrou in die veld ... Volgende is die luilekker droomtoring kitaar begeleide stem van Bacchus, die god van wyn. Daar is nuwe nommers, maar die stemme skree om in die Nag se Arms gevat te word, en hy gee in, met stukkende huis lekkerkry Raam Dit Met Die Son, en na nog skree Oppie Plaas. Hy word bygestaan en gevolg deur Swartskaap Blitz se harmonisering. Fritz speel self so paar songs wat die aand met elipse tot in eweigheid sal laat voortleef, later meer oor die Swartskaap ...


flyers :
2007 10 04 - "I Support War" Charity Event: Piet Botha, Beeskraal, Mel Botes, Radio Suid-Afrika, Steak'n'Ale
2007 05 26 - Radio Suid-Afrika, Sink Shack, Bronkhorstspruit, 20:00
2007 02 15 - éF-éL met Radio Suid-Afrika
2006 18 September - Radio Suid-Afrika, Dorpstraat Teater, Stellenbosch, 20:30, R30


skakels : radiosuidafrika.co.za : mk89.co.za






2007 12 07 - Daai '07 laastekabaal show: Die Kaalkop Waarheid, Radio Suid Afrika, Riku Lätti, Beeskraal, Tidal Waves, Jack Hammer, Clark & Van der Hoven, Steak & Ale, 19:00, R100
vetseun




2007 10 04 - 'I Support WAR (Woman Against Rape) Funksie: Klopjag, Beeskraal, Piet Botha, Mel Botes, Radio Suid-Afrika, Steak 'n Ale, 19:00, R120
vetseun
Kyk mense, iets wat my siel in smart dompel is mediaberigte waar 'n ses maande oue dogtertjie verkrag vetseunis of 'n driejarige seuntjie wat gesodomiseer is. Wat gaan in ons pragtige Suid-Afrika aan, waar 'n vrou elke 23 sekondes verkrag word? Ek besef my mensepassie noop my soms tot impulsiewe besluite, maar die dag toe ek Janine Rowley van WAR (Woman Against Rape) ontmoet het het ek sommer geweet hier is iemand met wie ek 'n pad wou stap. Egter kom ek vertel jul hoe die beplande 'I support WAR' aand op 4 Oktober gebôre is.
vetseun
Een aand raak aan die gesels met Mari-Louise van Klopjag en so is die teer onderwerp van verkragting aangeraak. Die idee is ter tafel gelê om 'n klomp bekende kunstenaars op 'n knop te jaag om 'n WAR-konsert aan te bied. Daar is voorgestel dat ons met Charlene van Steak 'n Ale in Pretoria gesels vir 'n plek om die geleentheid aan te bied. Charlene het in 'n oogwink ingestem en daar is op Donderdag, 4 Oktober besluit as datum. Steak 'n Ale het besluit om meer as hul pond botter te gee deur ook 'n ete te borg, dus daar sit ek toe amper soos die spreekwoordelike Jack Russel wat helaas die bus se wiel gevang het, want wie gaan optree?!
vetseun
Gelukkig is ek en Charly van Beeskraal goeie vrinne, ek skakel die man met die idee om hom te verlei met 'n paar 'Jaghies' en op om die beurt Beeskraal pen en potjies te betrek. Charly het sommer met die eerste oogblik ingestem om Beeskraal te skaar agter WAR, en dit 'for free' Ek sê toe mos net Tra-la-la! Egter sover met slegs een pyl in my koker vra ek omsigtig vir Piet Botha of hy sou belangstel. Piet het so 'n teug aan sy pyp geneem en vir my gesê dat 'hy altyd die underdog ondersteun' en daar sal wees 'boots en all'. Kyk mense ek is maar 'n nederige klong, maar met diè groot gees aanboord voel ek summier onstuitbaar, soveel so dat ek sommer Mel tromp-op geloop het. Mel het vir my so oor sy twaalf-snaar geloer asof ek nou 'n onooslike vraag gevra het, so is Mel ook toe aanboord.
vetseun
Ek het sommer 'n riem onder my hart gekry, want hierdie mense is bereid om gratis op te tree, hul tyd af te staan om gekrenkte siele te onderskraag. Dit was vir my net 'n verdere bewys hoeveel medemensliefde daar in ons land is, en liefde kan nie deur duisternis uitgedoof word nie. Ek besef egter dat ons 'n 'jonger band' ook aan boord moes kry. Daar is ek toe, Dinsdagaand 14 Augustus oppad huis toe en voer 'n CD, wat in my hand gestop is, in my bakkie se speler. Mense daar is mos datums wat 'n mens nooitvergeet nie, waar jy was, wat jy toe mee besig was ensovoorts en dit bly mens mos altyd by? Die eerste woorde van 'As' het my so duskant die Atterbury afrit tot helderheid geruk, toe 'Bid' en toe ek 'Minder Is Meer' hoor weet ek Radio Suid-Afrika moet 4 Oktober speel. Ek skakel toe 'n verbaasde Neil van Deventer die volgende dag en daar het WAR toe 'n volhuis.

Dit is dus vir my 'n voorreg om ieder en elk wat so sterk voel soos ons oor verkragting te nooi na die Steak 'n Ale in Lytleton, Pretoria op 4 Oktober om 19:00. Die kaartjies is slegs R120 wat dan ook 'n ete insluit, en jul kan gerus myself, Adrian, by 0725132049 skakel of praat sommer direk met Charlene by Steak 'n Ale 0722746241


2007 09 23 - Erik Holm Benefit Concert: (MC: Johann Botha) Runica, Ménage à Trois, (MC: Marlon Roelofse) Pipe Bong, éF-éL, (MC: Michelle Aiden) Swartskaap, Myburgh Grobbelaar, (MC: Melt Sieberhagen) Radio SA en Kabous Verwoed, E3N, Albert de Vos, Jan Blohm, (MC: Hannes Brümmer) Die Gespanne Passasiers, Prinses Petro, Bok van Blerk, Anika Kruger, Brenda Burnit, Rhythmsection Africa en Michael Canfield, Mel Botes, Bonsai, (MC: Ivan Zimmerman) Radio Kalahari Orkes, Nike Holm, Beeskraal, Zenobia (Fiela), Snotkop, (MC: Izak Davel) Revolusie, Riku Lätti, Bacchus Nel en Trike, (MC: Jacques Blignaut) Die Kombikraal Blues Band, Piet Botha, Paul Riekert, (MC: Dorette Potgieter) Havoc Vultures, Willim Welsyn, Oppidam, Hartbeespoort, 11:00, R100
vetseun
vetseun


2007 06 19 - Ubuntoer 2007: Zinkplaat, Die Helde, Radio Suid-Afrika, Café Barcelona, Pretoria, 20:00
vetseun


2007 05 26 - Radio Suid-Afrika, The Sink Shack - www.myspace.com/rsuidafrika
vetseun

2007 03 30 - Radio Suid-Afrika, Mielieboer, Paradigm, 18:30, R70, Kuierskuur - www.konka.co.za
vetseun

2007 02 15 - Maloney's Presents... Rock & Roll Donderdae met éF-éL met Radio Suid-Afrika
vetseun



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )