


















Priscilla Talbot

Priscilla Talbot ............ SELBCD437 2002 SELECT
1. Jodel Liedjie
2. Jippie Ja-Jy
3. Ek Onthou
4. Yesterday Once More
5. Die Coffee Shop
6. Vul'indlela
7. Kom Sê Jy's Lief Vir My
8. Power Of The Dream
9. Please Mr. Postman
10. Met Jou In My Lewe
11. I Only Wanna Be With You
12. Only Time
13. Pretend
14. Why Do Fools Fall In Love?
15. Absolutely Everybody
Priscilla Talbot se weergawe van "Absolutely Everybody" wat verlede jaar op die kompilasie-album "30 Goue Sokkie Treffers" opgeneem is, het een en almal laat regop sit.Haar debuutalbum - net bloot getiteld "Priscilla Talbot" - is 'n kragtoer en 'n definitiewe weerspiee"ling van die 21 -jarige sangeressie van Bloemfontein se veelsydige talent en ongelooflike vokale vermoëns.
Priscilla sing 'n verskeidenheid Engelse sowel as Afrikaanse liedjies - van nuwe "up tempo" nommers soos "Jodel Liedjie", "Jippie Ja-Jy", "Die Coffee Shop" tot bekende liedjies soos "Please Mr. Postmann", "Why Do Fools Fall In Love?", "Yesterday Once More" en "I Only Wanna Be With You" - op haar splinternuwe album. Tegnies uitdagende nommers soos Enya se meesleurende "Only Time" en die Xhosa-liedjie "Vul'indlela" sing sy ook met die grootste gemak.
Phillip Kotzé - lid van "Ons Eie Drie Tenore" en haar leermeester vir die afgelope nege jaar, het spesiaal die liedjie "Die Coffee Shop" vir haar geskryf. Kurt Darren van "Meisie Meisie"- faam het in samewerking met Marc Brendon en Don Kelly nog 'n potensiële groot treffer "Jippie Ja-Jy" vir Priscilla vir haar debuutalbum geskryf. En luister ook gerus na die splinternuwe moderne liedjie "Ek Onthou" - nog 'n potensiële groot treffer op die album. Die potpourri van vyftien liedjies word met haar treffer-weergawe van "Absolutely Everybody" afgesluit.
Priscilla is baie geesdriftig oor haar nuwe album. "Dit is 'n droom wat waar geword het - en defnitief 'n mylpaal in my sangloopbaan!". Robin Kielly, wat ook die vervaardiging van Kurt Darren se album "Meisie Meisie" (wat al amper platinum-status bereik het) was die vervaardiger en druk weer sy professionele stempel op die album af.
skakels :