Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Plank
2004 03 11 - Plank "" CD LAUNCH met Vuurkleur en Piet Planter, Cool Runnings, Centurion,
vetseunvetseun
Kalm .................................................. 2003 ONE F MUSIC
1. Ballade Van 'n Plank
2. Kalm
3. Minora
4. My Liena
5. Velvet
6. Ry Maar

met Andy Dowelsticks, Pastoor Pat Plank (BMRO), Esmé Evakwaad, Brixton Barnard

hier gaan jy nie maklik verby kom nie. hande witkneukels aan stuur en pompende knieë, jy en die driewiel oor die spekers!! bas kitaar rommelinge en kaarte teen die speke, vinnig en sonder remme. gedigte met drywinde mening, in die twee teenoorstaande stemme, altyd onderstreep met skoonbas klanke. Ballade Van 'n Plank sal saam met goed soos oorlog van brolloks en bittergal, en van Battery 9 se ou goed verewig bly, en so word die toon geset. Kalm die titelsnit is 'n eerlike toemaning vir meeste pendelinge. en so amper selfmoord snaaks maar gelukkig genoeg ernstig sing die manne voort. 'n moet rock cd.

- email: plank is van JHB. saam met ander afrkaanse klankbrekers bmro tree plank heel gereeld by aberlade sanction op. plank deel 'n musikant met bmro en daarom die noue verband. volg die link onder vir volledigheid, verdere info sal volg..


skakels : homepage









2007 03 08 - Plank, Bacchus Nel, The Bo, R20
vetseun
Bacchus neem oor met die Herfsman treffer en meer.
vetseun
Riku en Bacchus saam met die sterre.
vetseun
President Lätti speel 'n paar pragtiges.
vetseun
Weereens Die Westdene Drie wat Bacchus support.
vetseun

2007 02 15 - My Dooie Valentine: Bacchus Nel en die West Dene 3, Plank, Willim Welsyn En die Sunrise Toffies, Zanzibar, 19:00, R30 - (Oos-Pretoria. Die samekoms van Brixton en Ladismith se bestes.) - En almal en almal se Dooie Valentine is daar.
vetseun

2006 12 13 - Brixton Moord En Roof Orkes, Plank, Miss September, Bacchus Nel, The Bohemian, (Boogskutters Birthday Bash), R40 + +
vetseun
So mens kannie regtig se dat jy BMRO in 7de Laan gehoor het sonder om vinnig oor iets anders te praat of oor die stukkende remote te kla nie, maar dit was heel gepas om in 'n clubscene die bekende note te hoor.
Die Bohemian se weggesteekte deure verwelkom ons met 'n ferm handskud en so bietjie vip treatment, vanaand is die aand, die lineup is fronsvormend breed, en giggel lekker.
Dis ook nie lank nie of Bacchus, met band, val weg. Dit is net lafenis of heuning of waatlemoen op 'n warmdag om Bacchus te sien onvoorwaardelik tokkel op die kitaar, en beter om te hoor hoe mooi hy die taal laat werk om sy boodskap oor te dra. Dit was miskien bietjie kort, maar dit het almal met die warm gevoel gelaat wat later die aand, met die hoop bands wat nog moes speel, tot uiting gekom het.
vetseun
Toe's dit die Brixton mense wat oorneem, gelukkige verjaarsdag ouens, wens ons was ook Boogskutters, dan sal ons miskien minder vyande oorgehad het.. jokes.Die rooi agtergrond skep 'n amper opera gevoel, wat vinnig met die slaan van dromme en kitaarklanke so effe rowwer voorkom. Roof en Brixton ruil weer mikrofon geleenthede uit, om die lekker rock voort te bring (wat hopelik teen die tyd deur baie sepie kykers aangeskaf word). Met die meganiese dromkit, shoutouts vir The Exploited en sulke goed, kan mens net die beste verwag. Hulle speel 'n rockende set, met almal se gunstelinge, plus die 7de Laan song, vir volledigheid. Koop nou die Terug in o a o a Skubbe album, hier
vetseun

Volgende was Miss September, 'n welbekende hierbo, ons eerste keer. Hulle kom voor met upbeat rock/punk/folk, eers 'n skokkend lekker afrikaanse een, met sulke amper rap lirieke, en dan ook 'n paar engelses, wat tussen rustig en vinnig varieer. Gereelde giggers saam met die Brixtoncrew, en beisg met hulle CD, later meer oor Miss September.
Toe die headline, die main event, die uiteinde van alles, Plank!!! Met rustige sirkumspeksie bestyg hulle die verhoog, en stem stem nog so aan 'n paar klanke. Maar voor jy weet wat jou tref is dit die Plank klank, so paar sekondes daarna, 'n skewe wetende glimlag, toe hulle erken dis hulle jobbie om ons laatnag te depress. Daar's amper al die songs vanaf Kalm, met liggies soos Minora en Kalm wat verhit, ook die Ballade Van 'n Plank introduction song word tong-in-die-kies herhaal. Ook 'n inleidingsliedjie vir mense wat nuut is op die Plankscene, 'n harder een, en ook die afsluiting van die aand se verrigtinge, lekker, Plank dink jy's 'n poes!!
'n Uiters voortreflike aand, met ritme en harmonie, bier en skeermeslemme, bekendes en nuwes, verslawend en vergesog.. miskien hoekom ons die heeltyd daarbo wou wees...

2006 04 11 - Buckfever Underground, Plank, Trike, Rokkeloos, Bacchus Nel, Back 2 Basix
vetseun


2005 10 13 - Kom hier! Brixton Moord En Roof Orkes, Battery 9, Piet Planter en die Bosveld Kompleks, Plank, Liela Groenewald, Riku Lätti, DJ Preston, Potjie kos, Mampoer en Musiek, Carfax, 16:00, R30
vetseun


2005 03 25 - Oppikoppi "Dust on my Meerkat" Easter Festival Airship Orange, Albert Frost, Bafo Bafo (Syd Kitchen, Madala Kunene), Blow the Band, Brixton Moord En Roof Orkes, Cutting Jade, Fake Leather Blues Band, Gordon's Suitcase met Greg Georgiades, Hog Hoggidy Hog, Karma, Old Mol, The Parlotones, Paul Hanmer, Pestroy, Plank, Prime Circle, Rokkeloos, Rooibaardt, Skwatta Kamp, SLT, Southern Gypsey Queen, Stock-X-Change, Tal Bachman (CAN), Tidal Waves, The Narrow, Trike, Trio Amsallem (FRA), Northam, PTA - oppikoppi.co.za

2003 12 09 - Plank, Miami Blue, JHB - soundissue.co.za

2003 04 04 - Plank, Rock Art Cafe, 21:00
2003 04 05 - Plank, Rock Art Cafe, 21:00 - www.samusic.co.za

vetseun

2003 03 29-04 02 - Wingerdstok Lifestyle Festival: The Rudimentals, Afrotone, Surreal, Plank, Anton Goosen, Valiant Swart, Frosted Orange, Kobus!, Karen Zoid, Luna, Alta Joubert, Arbor, Akkedis, Piet Botha, Soulja, Golliwog, Threewater Sportsklub, Villiersdorp, R280 - Tassenberg - Musica
vetseun


2002 11 16 - Wat Kyk Jy.co.za Afrikaans Festival: Vuurkleur, Plank, Brixton Moord En Roof Orkes, DJs
vetseun

2002 22 11 - André Swiegers, Henk Botes, Plank, Albert Frost, BMRO, Ondier, Anika CD LAUNCH, Gian Groen + meer, Nile Crocodile, PTA

2002 09 24-28, Drakenstein-restaurant (Kampus) Aardklop

2002 - Draak-Rock 12Hz, Diff-olie, Brixton Moord en Roof Orkes, Spinnekop, SciCoustic, Not My Dog, Anika, Delta Blue, Frosted Orange, Wouter van de Venter, Sons Of Trout, Akkedis, Battery 9, Kobus!, Beeskraal, Four Ounce Freedom, Alta Joubert, Jakkie Louw, Mel Botes, Liela Groenewald, Skalllabrak, Plank, Piet Botha aardklop.co.za



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )