Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Philip Gerber Evangeliekruistog (Phillip Gerber)
vetseunvetseun
Ek Het 'n Boodskap LP .......... TL 1022 TEAL
Kant Een:
1. Ek Het 'n Boodskap ...
2. Vreugde In My Hart
3. The Rock Of Ages
4. Hy Bewaar My
5. He Holds Tomorrow
6. O! Wil Van God
Kant Twee:
1. Sing Verlostes
2. Wie Kan Harte Troos
3. Over In Glory
4. Ek Sal Sing Van My ...
5. Ek Ken 'n Naam ...
6. Ek Het 'n Lied

Hansie Henning - Musiek Organiseerder
Johan Vogel - Veldtog Organiseerder
Rita Gerber - Veldtog Orreliste

,,EK HET 'N BOODSKAP" is die eerste langspeelplaat van die Philip Gerber Evangeliekruistog. Hierdie groep bestaande uit Evangelis Gerber, sy vrou Rita Gerber en Hansie Henning die Organiseerder, is 'n mobiele Evange|ie-organisasie wat Iandswyd funksioneer. Die Here het 'n bediening van wonders en tekens in die Iewe van die prediker tot stand gebring, derhalwe is die tema van die aanbieding besonder gepas. Dulsende is reeds onder die indruk van die blye verlossings boodskap gebring. Die reuse Tentkatedraal waarin groot HERLEWlNGSVELDTOGTE gehou word, tesame met die uitrusting, is 'n toonbeeld van die vooruitgang van hierdie saak. Dwarsoor die land dra diesulkes wat kreupel, doof, blind of deur welke soort siekte ookal gekwel, die onteenseglike getuienis van Goddelike genesing.
,,EK HET 'n BOODSKAP" is 'n pragtige weergawe van bedrewe professionele inhoud. Ten einde dan aan die versoek van ons talle vriende te voldoen het hierdie plaat die lig gesien. Die meegaande wense tot hierdie aanbiedlng is die woorde van Evangelis Gerber self:
,,Hierdie is 'n persoonlike verteenwoordiger van my boodskap in u huis."
Johan Vogel wie as uitstekende musikant alreeds Iandswyd bekend is, tree op as die Musiek Organiseerder van ,,EK HET 'N BOODSKAP". Sy toegewyde deelname en bekwame afrigting van die verskeie nommers het meegewerk tot die meesterlike aflewering daarvan.
,,EK HET 'N BOODSKAP" is ook die getuienis van die toegewyde kunstenaars. Die hoë luisterryke standaard van hulle aflewering kan met vrymoedigheid dien tot die verheerliking van die naam van die Here en tot die hell van u kosbare siel.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)