Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Petro Coetzee
vetseun
Jodel Groete LP ...................... KLS 275 KRISTAL
Kant Een:
1. Oor Die Drakensberge
2. Lente Op Die Eiland
3. Die Ou Kalahari
4. Goeienag
5. Sy Was Maar Net Sewe
6. 'n Moeder So Lieflik Soos Jy
Kant Twee:
1. Sitplekke Asseblief
2. Veels Geluk
3. Silwer Hare Tussen Goud
4. Die Lig In Die Venster
5. Soveel Groete Stuur Ek Jou
6. Die Ou Kraalliedjie

Ons Eie Petro is weer terug. Sy is nou 'n bietjie groter as die dae toe sy aan u as "kleine liefling" voorgestel is, alhoewel nog maar 'n tere nege jaar oud. Petro speel al oulik klavier en leer fluks aan haar musiek-teorie. Op skool presteer sy natuurlik wonderlik mooi. Sy is 'n slim, soet dogter wat mens nie anders kan as om lief te kry nie. Op hierdie plaat bring sy jodel groete saam met 'n paar mooi liedjies spesiaal vir u. Dit is nie almal wat so kan jodel nie. Ons is met reg trots op Petro. Lekker luister. - omslag

Opname En Produksie: Pierre J. Lombard, Dries Lombaard En Hennie Stapelberg

vetseunvetseun
Ons Eie Petro LP ................... KLS 242 KRISTAL
Kant Een:
1. Eggo Kranse (P. Coetzee)
2. Ek Sal Wag Vir Jou, My Liefling (I'm Casting My Lassoo Towards The Sky) (Wright-Wakely)
3. Waar Is Jy My Lief? (Candy Kisses) (Morgan)
4. Somersdag - Jodel (Britt)
5. Die Swerwer Verlang (Mocking Bird Song) (C. Jacoby)
6. Ek Dink Weer Vanaand Aan My Blou-Oog (Carter)
Kant Twee:
1. Daar's 'n Volmaan In Die Hemel So Blou (There's A Rainbow In Every Teardrop)
2. Die Klokke Lui
3. Geen Ander Soos Jy (There's A New Moon Over My Shoulder)
4. Die Boereseun Jodel
5. As Die Bloumaan Weer Skyn
6. 'n Briefie Na Die Hemel

Opname en Produksie: Pierre J. Lombard & Dries Lombard

"ONS EIE PETRO" ...
... Die naam van hierdie langspeelplaat kon nie beter gekies gewees het nie, want klein Petro Coetzee is al dwarsdeur Suid-Afrika by 'n ieder en 'n elk bekend. Met dié plaat sal sy beslis nog 'n hele klomp aanhangers bykry en, as dit moontlik is, nog dieper kruip in die harte van haar talryke bewonderaars.
Eintlik het dié jeugdige klein sangeressie van Witbank, Transvaal, geen bekendstelling nodig nie, want met die treffer, "KLEINE LIEFLING" (KLS 219), het sy reeds haar debuut gemaak en 'n ware klein hartedief van sangliefhebbers geword.
Toe sy nog maar 'n kleuter van vier was, het Petro reeds begin sing. Pas het die publiek bewus geword van haar besondere sangtalent, verleidelike voorkoms en prikkelende vertolking van bekende liedjies, of sy moes in die een na die onder konsert optree. Met hoar fraiinghemp, oprygstewels en Wilde Weste-hoed, is sy op 8-jarige ouderdom een van Suid-Afrika se bekendste en gewildste talentvondste.
Toe sy ses jaar oud was, is sy as semi-finaliste aangewys in 'n landswye talentkompetisie wat deur sterk mededinging gekenmerk is. Vir 'n melktand-sesjarige was dit gewis 'n skitterende prestasie.
Hoewel Petro nog geen sanglesse ontvang het nie, is sy 'n uitmuntende sangeres wat oor 'n verleidelike frisse songstyl beskik terwyl haar spontane sjarme ook 'n groot mate daartoe bydra om haar met wel slae volwasse stukke soos "Ek Sal Wag Vir Jou, My Liefling" en "Geen Ander Soos Jy" te laat sing. Haar ouers sal egter sorg dra dat sy sanglesse neem. Intussen speel sy klavier en orrel en word sy ingewy in die fynere kunsies van ghitaarspel.
Petro (gedoop Petronella Pauline Coetzee) die vrolike klein jodel-sangeressie, is op 23 Januarie 1958 op Witbank gebôre. Sy is 'n skrander standerd-een-Ieerling en gaan op Klipfontein skool. Of sy in Engels of Afrikaans sing, maak nie vir haar saak nie -- solank sy net kon sing.
Soos enige onder dogtertjie van haar ouderdom stel sy baie belang in haar poppe, waarvan sy nie minder nie as vyftien het. As sy vrye tydjie het, lees sy graag en sy hou van diere.
Maar nommer een vir haar kom haar spontane sang en lekker jodel, en as Petro voortgaan soos die afgelope vier jaar die geval was, kon 'n mens met sekerheid voorspel dat sy een van Suid-Afrika se gewildste sangeressies gaan word. Sy het die deursettingsvermoë, die persoonlikheid en boweal die talent wat hoar van onder jeugdige kunstenaars onderskei en haar laat uitblink. - omslag

vetseun
Kleine Liefling LP ................... KLS 219 KRISTAL
Kant Een:
1. Bergliedjie (Trad.)
2. In My Hart Sal Ek Jou Altyd Min (Carstens-De Waal)
3. Swiss Lullaby (De Ribaupierre)
4. Daar Doer In Die Bosveld (E. van Rooyen- De Waal)
5. Mockin' Bird Song (C. Jacoby)
6. Tahiti (Stron-Berking-De Waal)
Kant Twee:
1. Chime Bells (Britt)
2. Nagtyd In Die Bosveld (Nighttime In Nevada) (Dulmage-O'Reilly-C. Pascoe)
3. Sy Leer My Om Te Jodel (She Taught Me How To Yodel) (Van Sciver-Roberts-Emerson)
4. Headin' For Old San Antone (C. Jacoby)
5. My Moeder (Briel)
6. Vrystaat Vlaktes (Detroit City) (Dill-Tillis)

Petro Coetzee is in Witbank gebore en gaan op Klipfontein skool. Sy het alreeds op die vroeë ouderdom van vier begin sing en heelgou op verskeie konserte opgetree. Toe sy ses jaar oud was is sy aangewys as semi-finalis in 'n landwye talent-kompetisie, 'n skitterende prestasie vir 'n sesjarige.
Petro is nie net 'n uitmuntende sangeres en musikant nie, haar prestasies op skool bewys dat sy ook 'n baie skrander leerling is. Sy is nou maar sewe-jaar oud en sing net so gemaklik in Afrikaans sowel as Engels.
Ons is opreg trots op Petro en sy sal u hart ook wen met die soet klanke van haar stem terwyl u na hierdie langspeelplaat luister. - omslag

Opname En Produksie: Pierre J. Lombard; Dries Lombaard

vetseun
Klein Hartedief LP .................................. KRISTAL
Kant Een:
1. Kokkewiet En Piet-My-Vrou
2. Jy Is My Liefling
3. Die A.B.C.
4. As Dit Lente Is In Die Berge
5. Seeman
6. Vaarwel My Eie Soetelief
Kant Twee:
1. Switserse Bergliedjie
2. Rietdakhuisie
3. Westewindjie
4. As Die Son My Begroet
5. Heideland
6. Wiegelied

Opname en Produksie: Pierre J. Lombard en Dries Lombard

vetseun
Petro's Party LP ..................... BON 142 BONUS
Kant Een:
1. Cotton Fields
2. Sugar, Sugar
3. Edelweiss
4. Bye, Bye Love
5. You Belong To My Heart
6. A Tree By The Roadside
Kant Twee:
1. Pretty Belinda
2. Tell Me Why
3. Petro Yodels
4. Sailor
5. The Dove Song
6. My Happiness


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)