OlinosterfantOlinosterfant - Die Kromskeef Serenades
TuisbladOlinosterfant op FacebookTwitterOlinosterfant op MyspaceLast.fmOlinosterfant op YouTubeDiscogsWikipedia

Die Kromskeef Serenades - 2009


Kromskeef mors nou nie eintlik tyd voor die beats en basslines oorneem nie, Olinosterfant se kreet klim vinnig onder jou vel in en die koor is maklik om te leer, met kopknik, die perfekte openingssnit.
............... " - " .......... Dit kom met so bietjie Parental Guidance...
Albino Haas sit die elektroniese aanslag voort met heerlike amper drum'n'bass ritmes en 'n amper Wielie-Walie storievertellery. Wat begin op 'n amper op speed vibe kry 'n meer rockagtige gevoel met die
.............. "Ek kannie glo wat jy doen, dit maak my mal" .............. Ditto met die PG rating, maar die soniesheid van die aflewering verduidelik hoekom dit benodig is. 'n Magdom driehoekies vergesel die malende keyboardklanke en step. Moet 'n bom live wees... ", dit maak my kak groen!!"
Hier kom dit nou eintlik. Die vuilste bassline groet jou en so paar glitchyritmes maak vir 'n kopskuddende begin, lirieke word deur meganiese kwaaiheid amper versteek, hierdie is seker die radiosnit...
............. ".... .... .. ..... ..... o, fok, ja .... ... .... ... ..." ............... Nog 'n na kerk liedjie... "Kyk vir my..."
Teen die tyd geniet jy dit seker al. Ons doen. Nog glitch met verskillende vorme van liriese ernstigheid, Die goed wat die naaste hieraan kom is defnitief die NP Projek se dinge, Die Antwoord speel met sulke goed en die Parow se idees is derglik. "Jy's 'n marionet..." Dit raak heel danserig hier, amper Dans, Dans, Danserig, terwyl ons besig om name te drop. Met 'n teelepel doodsvokale vir good measure.
Fyner kunsies verwyder enige verdenking wat nog oorgebly het. Vocoderfant Robot praat in sirkels voor die ritmes en bas die situasie vergemaklik. "1 5 0 4 ..." Alles ruk hand uit na die einde, lekker.
Dis rondrytracktyd, 'n stewige 4/4 stereo keyboard en meer van die rowwerige vertellinge bou op na 'n heerlike koortjie wat mens stadiums vol mense kan sien sing: "Toe begin die kak spat..." Ons draai by 'n 4/4 opera voor die bas en skreeuende stemme ons by ons bestemming aflaai. 4 4 4 4 4 4 4 4
................. "Wie is daar? Wie is daar?" .....................'n Klankbaan vir die Scary Movie stal, dromme en klavier skep 'n emosioneel stremmende atmosfeer en al wat help is die stem wat dit saam met jou ervaar. Die storie laar rillings oor die dansende lyf versprei. ................ "Ek hardloop weg, ek hardloop vinnig weg."
Sit Dit In Jou Mond is 'n stadiumtreffer soos nog nooit tevore, soniese aanslag vanaf alle punte. 'n Perfekte manier om die elektroniese energie mengelmoes af te sluit. Prag, kry hom nou!ngte..

Die Kromskeef Serenades .
Rof Soos 'n Berg Vis
Ham En Kaas Albino Haas
Linkerhand Skommel Kommitee met Box
Vleiseier Teater Voet
Robot
Edward Sparkle Soos 'n Fag
'n Nogal Scary Storie
Sit Dit In Jou Mond

Olinosterfant - Volstruis In My Pankreas