Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs

Anna Davel -2006 SAMA wenner - Nuwe CD!

vetseun

Raaisels, Skepe en 'n Duisend Drome

Anna Davel se nuwe oorspronklike album is uiteindelik op die rak na 9 maande in die studio. Weereens is dit suiwer Anna in murg en been, met 13 witwarm, 100% oorspronklike liedjies uit haar pen asook 'n splinternuwe bonus musiekvideo. Die liedjies is almal geskryf oor die afgelope paar jaar; meeste daarvan in die Vrystaatse dorpie Rosendal wat een van haar gunsteling kreatiewe wegbreekplekke is.

Van Suid-Afrika se beste musikante het saamgewerk om hierdie album uniek te maak en sluit in Mauritz Lötz, Bruce Wallace, Rixi Roman, Adam Howard, Jean Oosthuizen en Réana Nel. Daar is ook 'n verassing - 'n smeulende Latino duet met die rasper rocker - Ghapi! Die musiekregie en vervaardiging van die album is behartig deur Matthys Maree wat ook verantwoordelik was vir Davel se eerste 4 albums Te Diep, Gypsy, Godinne Op Die Grondpad en Linger.

Anna se lirieke deel stories van haar reise en natuurlik ook dié van 'n paar ander interessante en vreemde karakters. Sy vertel van skepe op oop oseane, reise sonder of met bagasie, in snikhete of ysige koue, met onafwendbaar, hier en daar 'n verkeerde afdraai. Daar is liedjies van terugverlang huistoe, rondlopers, getroues en ontroues, 'n dronk matroos en 'n verwarde tiener, Gewondes en verstotelinge, ou liefde wat maar sukkel, nuwe liefdes wat hoog vlieg, skuldiges en onskuldiges, die stiltes en die storms... Die lewe bly 'n raaisel...Tog, op een of ander manier, wanneer mens dit die minste verwag, land jy maar iewers weer met jou voete stewig op vaste grond.

Die musiek is effens meer ritmies as haar vorige album, en die uiteenlopende style werk saam om 'n besonderse energie te gee wat regdeur die album pols. Sy wissel gemaklik tussen haar kenmerkende sielvolle ballades (Verdoof en 7 Jaar), na vars Afrikaanse Jazz-swing nommers (Los hom en Hoe Ek Daarvan Hou), Engelse folk (In Flames), Raserige gatskop blues-rock (Loop In Die Lig), rustige luisterliedjies (Dit Wat Stom Is en Take Me Home), Country-rock (Auburn Sky), Latino (The Sailor), en natuurlik hier en daar is daar die wispelturige Gypsy wat onvoorspelbaar haar kop uitsteek (As Jou Hart Reg Klop).

Haar musiek word tans gehoor op verskeie radiostasies in Suid-Afrika en Namibië, en sy het ook die afgelope paar jaar opgetree in o.a London, België, Namibië en Kanada. Sy beplan om die land aan die brand te toer en maak o.a 'n draai in die Paarl, Stellenbosch, Potchefstroom, Bloemfontein, Vryburg, Worcester, Kaapstad, Pretoria, Johannesburg, Port Elizabeth en Jeffreysbaai met Raaisels, skepe en 1000 drome.

Vir meer informasie kontak - info@annadavel.com of besoek www.annadavel.com

Versprei deur - Select Music Distribution 011-7920145

Digitale Media fotos beskikbaar anna@annadavel.com

ANNA DAVEL - BIOG


2001 SAMA (South Africa Music Awards):
Beste album: kontemporêr Afrikaans - nominasie

2001 SABC 2 GMT Toekennings:
Beste rock album - nominasie
Beste album: kontemporêr Afrikaans - nominasie

2003 SABC2 GMT Toekennings
Album van die jaar - nominasie
Beste kontemporêre album - nominasie
Beste klankingenieur - nominasie
Beste vervaardiger - nominasie
Beste liedjieskrywer - nominasie
Beste omslag ontwerp - nominasie
Beste vroulike sanger - nominasie

2004 SAMA
Beste album: kontemporêr Afrikaans - nominasie

2006 SAMA Wenner!
Beste album - kontemporêr Afrikaans

TELEVISIE

Verskynings sluit in Top Billing, Live with Nataniël, Pasella, Draadloos, Geraas, Pitstop, Morning Live, Gons, Hoender, 7de Laan, Stoom, Dis Hoe Dit Is... met Steve, DKNT en Kwêla.

RADIO

Anna se musiek word landwyd gespeel op o.a. Classic FM, Radio 2000, RSG, Radio Algoa, Oos-Rand Stereo, Laeveld Stereo, Radio Rosestad, Radio Helderberg, Overvaal Stereo, IFM. Sy spog met 'n nommer 4 treffer op OFM se Global Charts (Teen Die Einde Van Die Aand), uitsonderlik vir 'n plaaslike kunstenaar.


Anna Davel hoofblad

skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )