Willim Welsyn en die Sunrise ToffiesWillim Welsyn en die Sunrise Toffies - Buikspraak
TuisbladWillim Welsyn op FacebookWillim Welsyn op TwitterMyspaceWillim Welsyn op Last.fmWillim Welsyn op YouTubeDiscogsWillim Welsyn op Wikipedia

Buikspraak - 2006


Na so bietjie intro, is Die Backtrackseun aantuigings met kitare sonder doekies omdraai die ding wat jou voorkop tref soos niks voorheen. Willim-hulle se Feromoon Rose was maar net 'n aanduiding waarmee hierdie ouens nog vorendag gaan kom. Die Backtrackseuns moet maar die een 'n mis gee, want daar's niks kareokerigheid hierso nie dude.
........ " .. Jy kan wees wie jy wil, jy kan sing wat jy moet ..."
In dieselfde ernstig harde kitaar en skoppende beat is Jy weet niks nog so halfaantuigend aan die mense aan die ander kant van die skermutseling. Indien jy nog nie in Backtrackseun gesien het nie wys Jy weet niks sommer maklik hoe die mense met woorde kan toor. Enige sin word kreetagtig deel van die rym, niks oortollige mooihede of verwysing nie, net die nodige. Lanklaas drie lyne aangehaal, jammer ...
...... " ... Meng jou murg met myne
...... " ... Plant my in jou tuine
...... " ... Knoop ons vel se veters aanmekaar ..."
, maar ek bedoel, sjoe ...
Dit bring jou dan by 'n stadiger een, maar net so vir 'n rukkie voor die voetstamp oorneem, en die tweede vers soos vegvliegtuie verbygaan met verbysterende spoed en so lekker aangepasde liriek net vir die locals. Stormverhaal teen 6:56 en jy is kniediep in die moelikheid, want Buikspraak raak "te veel, ons almal het verdwaal", loshande ma! Natgesweet en uitasem oor die bar hang en headbang, onbewus van die mense om jou wat wonder waar die geraas vandaan kom nie ...
Elektriek Jan hou voet by stuk en dis net knieë hoog lig en probeer om nie om te val en vertrap te raak deur die skare nie ... Op plekke laat dit Stormverhaal stadig klink, asof moontlik, en druk dan weer 'n koor in jou bewussyn in soos 'n lem, en as die manne akoesties skaterlag, weet jy hoekom.
Vir ingeval, hulle is internasionaal, Toastersport het lank op MK waves gemaak, en verseker dat Willim Welsyn en die Sunrise Toffies op verskeie groot fees/gig-plakkate gesien is, saam met die bestes in die live scene op die oomblik. Vang hulle vir nog 'n ruk in die Noorde voor hulle weer die Kaap slat. (2007 02). Indien jy partykeer soos 'n straatmens vir reën die lug in skree ...
En hier begin mens seker vloek, maar ons gaan probeer om mooi te bly, Coca Cola Sunrise is so verspreid en verskuiwend in klank dat as jy nie teen "my hande voel verbode teen die vlamme van jou vuur" oplet nie, sal "Ek soen jou swart rose" dit doen. Stadig opbouend en lui deur die rym, tot dit met 'n verblindende crescendo breek tot 'n mal aanslag van selfstandige naamwoorde en beskrywings wat teen die spoed van lig verbykom en jy sal ongetwyfel aan die einde aanvaar dat
...... "... Vryheid is die Ware Noord ...."
Nommer 8.. sjoe. Miskien net die regte ritme om die reguit lirieke te kan vang sonder te veel inspanning, maar dit los jou stomgeslaan anyway ...'n Voorstad song, wat die ooglopende uitlig en besing, met heuning lirieke van orals, speel hom weer. Nogsteeds rondspring, maar so
...... "... Rizzlas in die rainbows, munchies op die maan ..."
bietjie meer bewus as toe ons by Elektriek Jan die lessenaar omgegooi het ... Bly asseblief gehidreer, strek miskien so bietjie, sit alle glase neer, en verloor dit grasieus, want die mense sal jou sekerlik weer regop help indien enige iets ernstig gebeur.
Die Elke dame klanke verlig dromend en in nog 'n pragtige draai aan die CD kom klavier note en enkel kitaar snare saam met die verliefde lirieke in 'n verstommend mooi lovesong. Aaaaa!!! Net vir konteks, kom ons sê Bicycle Sonder Slot goed, en Sandkasteel, en van die ander op die De Plate Kompanjie se label.
Goodbye is bietjie ernstiger en harder aan die gang oor die neulendes onder ons, en motiveer met daai mal kitaar van vroeër, en nog rym ... Springkaan sal jou kop laat spin met versteekte bedoelings, voor dit Om te begin by die begin is en harmonie oorneem. En vir 'n laaste keer die woordordes skommel en met dinge uitkom wat, oor die growwe kitaar, ongekende hoogtes behaal, en teen die tyd wat die klavier bo-oor alles vermaak, is die repeat klaar gedruk ...

Buikspraak . NEXTCD 098 NEXT MUSIC
1. Intro
2. Die Backtrackseun
3. Jy Weet Niks
4. Die Stormverhaal
5. Elektriek Jan
6. Toastersport
7. Coca Cola Sunrise
8. Stuyvesant Storie 2
9. Elke Dame
10. Goodbye 2
11. Sprinkaan
12. Om Te Begin By Die Begin

Willim Welsyn - Toastersport
Willim Welsyn CDs
Willim Welsyn - Smeer Die Weerlig
Willim Welsyn - Maanplaas
Willim Welsyn en die Sunrise Toffies - Kompos en Kraaie
Willim Welsyn en die Sunrise Toffies - Buikspraak
Willim Welsyn - Feromoon Rose
Smeer Die Weerlig (2011)
Maanplaas (2009)
Kompos en Kraaie (2008)
Feromoon Rose (2004)