Riku LättiRiku Lätti - Akoesties
TuisbladRiku Lätti op FacebookRiku Lätti op TwitterRiku Lätti op MyspaceRiku Lätti op Last.fmYouTubeRiku Lätti op DiscogsRiku Lätti op Wikipedia

Akoesties - 2007


Man en instrument. Meer intens kan jy nie kry nie. Riku wissel tussen klavier en kitaar, saam met treffers vanaf die voorafgaande vier/vyf albums. Klaviernote vervang die reuse produksie van Hoofstroom op nommer een, die perkussie net in jou bewende knie. (En jou arms swaaiend in die lug.)
........... " ... ek stuur my lyf op reise ... "
Soos 'n laatmiddag reënbuitjie is die mission hier duidelik, rustigheid, en baie daarvan. (Hoofstroom) Vanaf Radio Lava, 'n klankstukkie op sy eie reg (gee hom 'n luister vir opgerevde Riku).
Daar word allerhande kitaarrerige klanke voortgebring, en Ysbeer, wat bietjie nader aan sy Radio Lava weergawe is, is amper evangelies rustig en mooi. Miskien as inleiding vir die timetravel wat voorlê.
................ " ... mal soos 'n ... "
Pakpoort vanaf 'n Pleister Vir My Nerwe was nog altyd 'n wenner. Die effense leë akoestiese eggo maak die "jammer oor al die bloed" soveel meer van toepassing. Stadium-, teater-, bar-, voorkamertreffer.
................. " ... as ek aan jou dink ... "

Tussen Kontinente 3CD (2009) >>
Disk 1: Riku Lätti - Akoesties
Disk 2: Säom (Live in Antwerp) - Een avond in de Buster
Disk 3: Riku Lätti & Chris van Niekerk - Die Burg van Hertog Bloubaard

'n Grote wat afgestrip is tot net sy chassis, en mens kan die stof onder die seuntjie op die cover se voete voel, en die manier wat die wind aan sy hemp pluk... Die koor is ook op geskribbel, of deel daarvan. Radio Lava blaas die een jou siel in...
......................
" ... sonder jou ... " ............ Riku deel ook hier een van sy
......................
" ... is die son weer blou ... " ..... gewilde liedjies in die
......................
" ... en ek sing ... " .................... Laaglande, Johannes se
......................
" ... speel ... " ............................. Somer. Dit het natuurlik ook
......................
" ... maar wil jou met my deel ... " deel uitgemaak van die Tribute wat hy saam met Stef Bos laasjaar daar opgevoer het. Hierdie enetjie is nog nie uitgegee nie... Die kitaar word ingespan om 'n verskeidenheid geluide te maak wat die herrinneringe som(m)er vinnig laat terug vloei. (Waar is die somer though?) 'n Treffer vir meeue en bomwerpers.
Lava, wat met elektrisiteit en diepte musiek tot nuwe horisonne beweeg het, word weer hier besing, in Blom. Klavier begelei die "seergemaakte" stem. 'n Laidback ballade aan jou. Hier meer mooi as mooi.
.................... " ... wel verskyn ... "
En dit is miskien meer 'n rooiwyn CD, met 'n vuur as jy het, en 'n hammock. Ons is nog in die rooi, Voor Jou Oë. Onuithoudbaar naak, amper sonder instrumentasie, 'n fluisterende gedig ontvou stadig oor hoë note.
.................... " ... net jou spoor het oorgebly ... " (skepe gee nou mee)
Bewolkte dag en koffie werk though. Ons begin nou wye draaie gooi, en asof daar nog gô oor was is ons nou in die Burg, Henning Pieterse se teks, verhoogstuk met Chris van Niekerk, Riku op musiek. Ons kry tweetjies vanaf Die Burg van Hertog Bloubaard, Aubade II en Stertrap. Die verhoogstuk is amper skokkend hard en amper abstrak uitmekaar gesit, met note en woorde wat opwek en meesleur. Stertrap miskien een van die radiosnitte daarvan af... Sien ondertoe ...
...... " ... in die kelders ... "
... " ... 'n vreemdling sê hy het van jou gehoor ... "
whoooohoooo!!
Strate is al lankal 'n crowd favourite en mens kan mosh hierop as mens regtig wil. Hier sagter en minder snyend as op Lava, maar nogsteeds liries. Herhalende note wat glimlagte en klinkende glase veroorsaak.
En Engels ook. .......... " ... why do sundays always feel like this ... " vir ingeval jy oorsee is en Engels moet leer, of as dit reën en jy ry ver, 'n hartseer liedjie, ma mooi.
Met nie 'n beat vinniger as stilstaan nie, is ons weer jare terug, Sterre, My Amerika, nou tien teen een meer van toepassing as ooit ...
.... " ... ek stap met met masjiengeweer ... " (um'shini wam)
So heerlike politiese twist aan die stukkie plastiek, "vir almal".
....... " ... ooo, lei my na jou ... "
Op die naat van jou rug in die reën nou, klavierfluisteringe en millenium gedagtes van toe die dubbel CD met regiete kleurskakerings en musiek uit die boonste rakke 2001 gekenmerk het.
Nie net 'n akoestiese kykie na een van Suid-Afrika se kunstenaars nie, maar meer as dit 'n deursnit van sy musiek oor die laaste paar jaar. Die laaste snit is Op Die Maan, wat saam met Laurika Rauch rock op Sterre, hier met Riku en Jelle Amersfoort. Saam maak hulle 'n akoestiese klankgreep.
" ... reg oor oor die aarde, ek en jy ... " ... wat 'n foto is van wat Riku in Europese lande vermag, 'n lieflike stukkie musiek, hoendervleis ens... So biekie aanhou kry jou by Jelle se Nederlandse vertaling van Hoofstroom, Dood Spoort, 'n vars stukkie verassing.. http://www.jelleamersfoort.nl/

Akoesties . MWCD 3031 MUSICWORDS
1. Hoofstroom
2. Ysbeer
3. Pakpoort
4. Afgrond
5. Somer
6. Blom
7. Voor Jou Oë
8. Aubade II
9. Stertrap
10. Strate
11. Sunday's Like This
12. My Amerika
13. Onder Jou Asem
14. Op Die Maan met Jelle Amersfoort

Riku Lätti - Somer (Johannes Kerkorrel)
Riku Lätti CDs
Riku Lätti - Janneman in die Diereryk
Riku Lätti - Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom
Riku Lätti - Akoesties
Riku Lätti - Aan't Sterre Tel
Riku Lätti - 'n Pleister Vir My Nerwe
Janneman in die Diereryk (2011)
Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom (2010)