Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Miss September

is Lorimer Wilmot, Dave Olivier, Drikus Barnard, Gerhard Barnard, Andrew Evans


vetseun


skakels :









2006 12 13 - Brixton Moord En Roof Orkes, Plank, Miss September, Bacchus Nel, The Bohemian, (Boogskutters Birthday Bash), R40 + +
vetseun
So mens kannie regtig se dat jy BMRO in 7de Laan gehoor het sonder om vinnig oor iets anders te praat of oor die stukkende remote te kla nie, maar dit was heel gepas om in 'n clubscene die bekende note te hoor.
Die Bohemian se weggesteekte deure verwelkom ons met 'n ferm handskud en so bietjie vip treatment, vanaand is die aand, die lineup is fronsvormend breed, en giggel lekker.
Dis ook nie lank nie of Bacchus, met band, val weg. Dit is net lafenis of heuning of waatlemoen op 'n warmdag om Bacchus te sien onvoorwaardelik tokkel op die kitaar, en beter om te hoor hoe mooi hy die taal laat werk om sy boodskap oor te dra. Dit was miskien bietjie kort, maar dit het almal met die warm gevoel gelaat wat later die aand, met die hoop bands wat nog moes speel, tot uiting gekom het.
vetseun
Toe's dit die Brixton mense wat oorneem, gelukkige verjaarsdag ouens, wens ons was ook Boogskutters, dan sal ons miskien minder vyande oorgehad het.. jokes.Die rooi agtergrond skep 'n amper opera gevoel, wat vinnig met die slaan van dromme en kitaarklanke so effe rowwer voorkom. Roof en Brixton ruil weer mikrofon geleenthede uit, om die lekker rock voort te bring (wat hopelik teen die tyd deur baie sepie kykers aangeskaf word). Met die meganiese dromkit, shoutouts vir The Exploited en sulke goed, kan mens net die beste verwag. Hulle speel 'n rockende set, met almal se gunstelinge, plus die 7de Laan song, vir volledigheid. Koop nou die Terug in o a o a Skubbe album, hier
vetseun

Volgende was Miss September, 'n welbekende hierbo, ons eerste keer. Hulle kom voor met upbeat rock/punk/folk, eers 'n skokkend lekker afrikaanse een, met sulke amper rap lirieke, en dan ook 'n paar engelses, wat tussen rustig en vinnig varieer. Gereelde giggers saam met die Brixtoncrew, en beisg met hulle CD, later meer oor Miss September.
Toe die headline, die main event, die uiteinde van alles, Plank!!! Met rustige sirkumspeksie bestyg hulle die verhoog, en stem stem nog so aan 'n paar klanke. Maar voor jy weet wat jou tref is dit die Plank klank, so paar sekondes daarna, 'n skewe wetende glimlag, toe hulle erken dis hulle jobbie om ons laatnag te depress. Daar's amper al die songs vanaf Kalm, met liggies soos Minora en Kalm wat verhit, ook die Ballade Van 'n Plank introduction song word tong-in-die-kies herhaal. Ook 'n inleidingsliedjie vir mense wat nuut is op die Plankscene, 'n harder een, en ook die afsluiting van die aand se verrigtinge, lekker, Plank dink jy's 'n poes!!
'n Uiters voortreflike aand, met ritme en harmonie, bier en skeermeslemme, bekendes en nuwes, verslawend en vergesog.. miskien hoekom ons die heeltyd daarbo wou wees...

2005 02 25 - Storm In A Teacup: Join Miss September & Tidal Waves, Sharkbrother, The Bohemian in Park Street, 21:00, R20
2005 02 27 - Storm In A Teacup: Join Miss September & Tidal Waves, London Calling, Fairview, 16:00, R10
vetseun


bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )