Mavis VermaakMavis Vermaak - Rumi EP
TuisbladMavis Vermaak op FacebookTwitterMavis Vermaak op MyspaceMavis Vermaak op Last.fmYouTubeDiscogsWikipedia

Rumi "EP" - 2011
Gratis @ Mavisvermaak.com


Om hierdie kombinasie van literêre diepte en klank mooiheid te beskryf is tegnies niksseggend. Maar daaroor moet verwoording gedoen word. Ons lei die vertaling van sufi Rumi se gedigte in met 'n mashup, Björk + Žižek... Dit maak vir 'n Yslandiese ballade met Slovaj wat die Virtualiteit van Katastrofieë bo-oor bespreek.

Ons gaan nie 'n studie van Rumi verkort nie. Die denker, digter, teoloog en Sufi siener het 'n merkbare rol gespeel in 13de eeu Persië. Sy ideologieë en sienings word in massiewe gedigte en groot toesprake uitgelê. Om die wydheid van die man se visie te beskryf sal sekerlik net die beperkte perspektief van ons joernaliste uitwys...

Daar is wel feite: "It was from these ideas that the practice of whirling dervishes developed" (Wiki)

......................."die maan se weerkaatsing gedrink, gedrink"....................
Elektroniese sagtheid in melodie kruip maklik die geluksone binne. Mavis se stem speel met fluister en lag, so naby dat jy amper omkyk. Rustige uitgerekte trekklaviernote en 'n eensame drom verskaf die verdere emosionele palet. Stadig, sodat die woorde soos tickertape verbygaan. Insig en melodie, minimalisties saamgeflans in 'n epiese drieminuut vakansie van realiteit. Orals. Namedrop, produseerder en beats, Juan Penguin.

Daar is wel feite: "Sama, listening to music and turning or doing the sacred dance." (Wiki)

......................."en ek word 'n vis, en jy word die maan"................
'n Herhalende hipnotiserende kitaarnoot, met die fyn aanraking van driedimensionele trekklaviernote. Die woorde oordonder in intimiteit en vertel en ken en liefde. Die liefdesgedig wat die rolverdeling bevraagteken deur die onaantasbaarheid van/eenheid met die ander te verken/beskryf. Simbolisme in sy paradoksiese prag. Skadu's.

Daar is wel feite: "mystical journey of spiritual ascent through mind and love" (Wiki)

......................."as daar niks bestaan behalwe, hierdie bestaan"...................
Die een het 'n bassline, en mens kan amper opstaan en die woordeboek neersit. Maar die rustigheid word met 'n skoon ritme eers vasgestel, en dan versnel om 'n amper rymfluister (#coinaword) se tydsberekening te vergemaklik. Eens Op 'n Tyd beantwoord nie die vraagteken bestaan nie, maar die aflewering daarvan verplaas defnitief kopskud met kopknik.

Daar is wel feite: "grows through love, abandons the ego, finds the truth and arrives" (Wiki)

......................."ek haal asem, en my pen breek".....................
En daar is ons, Soos 'n Dier, ingelei, oortuig en aan-lip-hangend. Ons word met die minimalistiese voorgestel, maar die klanke vermenigvuldig, en teen ritmetyd is ons amper hoppend met afwagting. Mavis se skoon ernstig word met diep bas bewegings beklemtoon, en ons is naby abstrakte punk aflewerings hierso. 'n Onheilspellende agtergrond maak die koor 'n hoendervleis erkenning/beskuldiging. Wenner.

Daar is wel feite: "to love and to be of service to the whole of creation without discrimination" (Wiki)

......................."praat oor alles, maar sê niks".................
Ons eindig die "EP" met Sonder Jou Lig. Mavis fluister die woorde oor groot bas en 'n stadig groeiende ritmes. Die volheid van klank in die vorige twee snitte word weer hier met 'n hunkering daarna gekapitaliseer. Geen uit hierdie intense stem nie. Anemoon vir die volgende woord, maar beskermd teen die waarheid, meegevoel vir die vrae, skaam vir die direk. Sjoe.

Twee snitte is ook beskikbaar tussen Mavis Vermaak en Rumi. Om Groen Te Wees en 'n Wurm Word Wakker.

......................."nóg plant, nóg vis, nóg vlees"...................
Groen is 'n superintieme aflewering, oor effense klanke totdat die djembe diepte verskaf. 'n Spieëlbeeld wat in stadige aksie terugpraat, denke wat met tyd stroperig in herhaling geword het, so stadig soos pyn onthou, of oorloë beplan.

......................."'n vreugde wat niks wil verslind nie"......................
Wurm kom met 'n sterk maar laidback beat en die tussen-jou-ore Mavis se paar woorde skilder vinnig 'n storie van die eksistensialistiese bestaan van liefde. Super idoom die oomblik, verstom met hoogtevrees.

Die snitte is 'n voorsmakie van 'n vollengte album nader aan die einde van die jaar. Pragtig.


......................."skielik is jy hier, en ek weer..."......................

Rumi "EP" .
1. Orals (MP3)
2. Skadu's (MP3)
3. Eens Op 'n Tyd (MP3)
4. Soos 'n Dier (MP3)
5. Sonder Jou Lig (MP3)
Om Groen Te Wees
'n Wurm Word Wakker

.
Mavis Vermaak CDs.
Mavis Vermaak - Rumi
Mavis Vermaak - <a href=Mavis Vermaak EP" height="100" class="floatRight" />
.
.
.
.
.