Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Marica Otto
Tydloos: Vers as Lied
vetseun
kompilasie ................ AFRIMUSIK22 2002 AFRIMUSIK
1. Op My Ou Ramkietjie
2. Ek Stuur Vir Jou 'n Rooiborsduif
3. Die Berggans Het 'n Veer Laat Val
4. In Die Stilte Van My Tuin
5. Klein Vrede
6. Slaapdeuntjie
7. Slaapliedjies Vir Ntombizana Atoo
8. Tweede Verjaardag
9. Slaapliedjies Vir Ntombizana Atoo
10. 'n Eenvoudige Liedjie
11. Konsentrasiekamp-liedjie
12. Siembamba
13. By Pramberg Blêr 'n Moflam
14. Opdrag
15. Ons Somer Het Te Lank Geduur
16. Ons het Mekaar Gegroet
17. Al Sou
18. Vir 'n Pepermossie
19. Ek Loop En Soek Na Koekmekranka
20. Die Vuur Brand Laag
21. Wys my die plek

verse van C Louis Leipoldt, Boerneef, Ingrid Jonker, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, met Marica Otto, Libby Daniels, Janet Blignault


Heruitreiking van vers-en-lied-album 'tydloos' goeie nuus
AS 'n album 'n tweede keer uitgereik word, is daar 'n goeie rede. Aanvraag is natuurlik die mees logiese verklaring, maar kwaliteit die deurslaggewende faktor.
Marica Otto se album tydloos - vers as lied het in 2002 die lig gesien. Net 'n beperkte oplaag is gedruk. Otto het egter nie daarmee rekening gehou dat sy met haar voortgesette betrokkenheid by verskeie programme deur die jare altyd weer versoeke om die album sou kry nie.
Goeie nuus is dat die album van aanstaande week af by die meeste CD-winkels beskikbaar behoort te wees. Diegene wat nie kan wag nie, kan hulle haas na Classics on CD op Stellenbosch, waar dit reeds in voorraad is.
Otto het in die laat negentigerjare met haar vers-en-musiekprogramme begin. Onder hulle tel Solovlug, Kruisvlug, Vespers, Onderweg en Tussen die Liefde en die Leegte.
Sy tree op Saterdag 10 September in die H.B. Thom-teater op in die laaste program van die naweek se Versindaba op Stellenbosch. Laurinda Hofmeyr sal ook toonsettings van gedigte sing. Verder sal daar voorlesings deur Lucas Malan, Lina Spies, George Weideman en Petra Müller wees.
Otto kan met reg daarop aanspraak maak dat sy een van die kunstenaars is wat baanbrekerswerk met vers-en-liedprogramme gedoen het.
Die album tydloos verteenwoordig toonsettings wat oor baie dekades gedoen is. Dis interessant om te hoor hoe aanpassings en modernisering deur die jare gekom het.
Die album sou onvolledig gewees het sonder 'Die berggans het 'n veer laat val. Ander, soos 'By Pramberg blêr 'n moflam (Boerneef en Hubert du Plessis), 'Blou Oë (T.T. Cloete en Zanta Hofmeyr) en 'Ons somer het te lank geduur (Hennie Aucamp en Waldo Malan) is dalk minder bekend, maar ewe groot musiekskatte. Dan is daar 'Wy van Breyten Breytenbach (deur Anton Goosen getoonset) en Willie van der Merwe en Laurinda Hofmeyr se wonderskone 'Vir 'n Pepermossie om te wys hoe sensitief moderner komponiste met poësie kan omgaan.
Uiteindelik lê die sukses van die album in die totale aanbieding van Otto, Janet Blignault (klavier) en Libby Daniels (voordrag). Otto is een van 'n paar kunstenaars wat in die genre tussen klassieke en ligte musiek beweeg sonder om ontuis in die een of die ander te wees. Sy laat 'n toonsetting na 'n kunslied klink sonder dat hoogdrawendheid insluip.
Die album sal waarskynlik meer in die smaak van liefhebbers van klassieke musiek val, maar dit sal nie diegene wat van ligter musiek hou, afskrik nie. Dis nie 'n windmakerige album waarop die onderskeie kunstenaars hul eie talent voorop stel nie. Dit gaan in die eerste instansie om gedigte wat as liedere aangebied word, maar sonder dat van hul oorsprong weggebeur word.
. Die Versindaba word op 9 en 10 September in die H.B. Thom-teater op Stellenbosch aangebied. Kaartjies kan by die Protea Boekwinkel gekoop word. Skakel 0 021 882 9100 vir meer inligting.
.  Classics on CD op Stellenbosch kan by 0  021 854 4967 gebel word. - Die Burger argief (2005)

vetseunKOOP
Kruisvlug ............................. JNSD54 1997 JNS MUSIEK


Marica Otto se CD op rakke
Die sangeres Marica Otto se eerste CD, Kruisvlug, is onlangs uitgereik deur JNS Musiek.
Die gedagte om 'n CD uit te gee, het lank gelede reeds by haar ontstaan vanweë gereelde versoeke van haar aanhangers.
Die CD is 'n versameling ''klassieke'' werke in Frans, Duits, Engels en Afrikaans. Die Afrikaanse liedere sluit onder meer in Hillbrow en Ek Loop Die Pad, asook nuwe komposisies soos Kersliedjie van D.J. Opperman, getoonset deur Laurinda Hofmeyr, en Weave, Weave The Sunlight Through Your Hair van Prevot van der Merwe en Waldo Malan.
Die CD verteenwoordig 'n klankkaleidoskoop, van die tradisionele tot die eietydse, van lig tot ernstig. Kruisvlug omvat twee temas die liefde van die vrou en vaderlandsliefde.
Die vrou kom duidelik na vore, soos in Otto se solo-vertonings, Cherchez la femme en Solovlug na 10. Sy lê die aksent veral op die vrou se kreatiwiteit binne die raamwerk van die gesin.
Die CD verteenwoordig ook die verloop van Otto se loopbaan. ''Dis die afronding van my ontwikkeling as kunstenaar,'' sê Otto.
Marica Otto is in Kaapstad gebore, maar sy woon en werk reeds jare in Johannesburg. Van jongs af wou sy sing en het toe reeds dikwels in die Kaap opgetree.
Haar formele sangopleiding het by Ikeys onder Evelyn Dalberg en Lloyd Strauss-Smith begin, is in Johannesburg onder Sarie Lamprecht voortgesit en tegnies uitgebou deur Ian Baar in Londen.
Haar professionele debuut was in Taubie Kushlik se The Best of Brel in 1986, gevolg deur Brecht vir Swaruk 'n jaar later. Haar solo-vertoning Basically Brecht is by die Kunstefees in Grahamstad in 1989 aangebied en ook in die Nico in Kaapstad. Dit is opgevolg met Hennie Aucamp se kabaret Trane op die huis en Cherchez le femme waarmee sy in 1991 en 1992 die land deurkruis het.
Otto se jongste vertoning, Solovlug na 10, is in Mei by die Klein Karoo- Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn opgevoer.
Haar repertorium strek wyd, soos blyk uit haar optredes by verskeie soirées vir onder meer die Johannesburg Soirée Society, Music at Glenshiel en Soirée Sunnyside Park.
Sy was ook 'n solis saam met die Nasionale Simfonie- orkes onder leiding van Omro Hadari in 'n Piaf-program en Bruckner se Te Deum.
Kruisvlug sluit komposisies en verwerkings in van Malan en Hofmeyr.
Die musikante wat haar begelei, is Zanta Hofmeyr (viool), Peta-Ann Richardson (tjello), Melané Hofmeyr-Burger (fluit) en Waldo Malan (klavier).
Die nommer van Kruisvlug is JNSD54. - Beeld argief


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )