Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Madeleine & Jimmy Dames
vetseun
My Verlosser Leef LP ....... WLS.409 1967 WELKOM PLATE
Kant Een:
1. Verberg U My (Thoro Harris)
2. My Verlosser Leef (Jimmy Dames)
3. Jy Is My Liefling (Lois Irwin)
4. Die Man Van Golgotha (Jimmy Dames)
5. In Gebed (Mieir)
6. Diep, Hier In My Hart (Jimmy Dames)
Kant Twee:
1. Het Ek Al Ooit My Bes Gedoen (Ensign E. Young)
2. 'n Huisie Van Silwer En Goud (Jimmy Dames)
3. O Dwase Hart (Lilly Pace)
4. Dink 'n Oomblik Met My (Lois Irwin)
5. Wie Staan En Klop (Jimmy Dames)
6. Maar Toe Kom Die Meester (Mosie Lister)

Inspirasie, gevoel en oortuiging word ongetwyfeld vereis van die sanger wat homself wil toelê op die lewering van gewyde liedere.
By Madeleine en Jimmy Dames, is hierdie drie eienskappe so kenmerkend teenwoordig dat 'n mens amper kan sê dat die grootste deel van hulle lewe daardeur beïnvloed word. Dan is dit nie verbasend nie, dat dié besondere langspeelplaat so 'n sukses moet wees.
Onder die groepe waar gewyde liedere 'n deel van mense se lewenswyse geword het, is hierdie twee kunstenaars alom bekend en gesog. Orals waar hulle opgetree het, veral in Pretoria waar hulle woon, word daar groot opspraak verwek en lank na 'n optrede word hulle helder, melodieuse stemme en paslike styl nog bespreek.
Vir die plateversamelaar wat waarlik belangstel in mooi, gevoelvolle gewyde melodieë is hier twaalf uitstekende nommers wat vir baie, baie jare nog onthou sal word.
Jimmy het self die Afrikaanse woorde vir al hierdie liede geskryf, sewe waarvan die wysies oorspronklik uit die buiteland afkomstig is. Die ander vyf pragtige wysies, wat hy ook self gekomponeer het, is beslis onder inspirasie tot stand gebring.
Wat 'n paslike titel dan vir hierdie boeiende versameling van geestelike melodieë: "My Verlosser Leef!" -, Eerw. M.J.P. TALJAARD - omslag

Jimmy Dames & Madeleine Coetzer
vetseun
My Verlosser Leef LP ............... MM 100 MESSIAS MUSIC
Kant Een:
1. Verberg U My
2. My Verlosser Leef
3. Jy Is My Liefling
4. Die Man Van Golgotha
5. In Gebed
6. Diep Hier In My Hart
Kant Twee:
1. Het Ek Al Ooit My Bes Gedoen
2. 'n Huisie Van Silwer En Goud
3. O Dwase Hart
4. Dink 'n Oomblik Met My
5. Wie Staan En Klop
6. Maar Toe Kom Die Meester

Machiel Grobler en Jimmy Dames
vetseun
As Ek Klop Aan Jou Deur LP ............... GALLOTONE


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)