Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Lukie Carelsen
vetseun
Rockin' Classics - Classic Electric Rock! . CDMAR 6104 2008 MAROELA MUSIEK

GOSPEL BAAS NOU "CLASSICS" ROCKER

As dryfveer agter die loopbane van bekende gospel musiek legendes soos onder andere Jan de Wet, Piet Smit, Danie Botha en Réana Nel, kan jy seker Lukie Carelsen as die "Godfather" van Gospel beskryf. Nou stel hy Rockin' Classics, sy debuut CD vry, en moet hy homself van voor af bewys.

Mense wat die baas van Maranatha Platemaaskappy ken, en dan na sy album luister, is effe verbaas oor die spesifieke genre en repertoire wat hy gekies het. Lukie luister na mense soos Annette Larson en Jim Reeves. Maar hy het bv. ook die musiek-DVD van Queen se lead guitarspeler, Brian May - volgens hom
die beste kitaarspeler wat nog ooit gelewe het. As jy Lukie se CD gaan luister, kan jy duidelik sien dat die meester verseker 'n invloed gehad het. Rockin' Classics spog met opwindende elektriese kitaar verwerkings van die bekendstes van komponiste soos Bach, Beethoven en Tchaikovsky. Lukie: "Ek het net gevoel dat die klassieke komponiste nog nooit ge-ewenaar was in hulle komposisies nie. En behalwe Omega Ltd. in die 60's, was daar nog niemand wat dit met 'n elektriese kitaar verwerking benader het nie. Die goed is natuurlik in werklikheid baie lank, maar ons het die bekendste dele gevat en dit vertolk."

Dit is uniek, maar steeds kommersieël. Johan Stemmet het gesê dat dit een van die beste kitaar CD's is wat hy nog ooit gehoor het.

Nie dat jy sal weet dit is 'n Lukie Carelsen CD as jy na die cover kyk nie. Hy is nie herkenbaar nie. Die voorkant het net sy silhoeët met die fokus op die kitaar.

Lukie: "Die algemene gevoel was dat ek nie noodwendig 'n oilpainting is nie, en my pastoor het buitendien gesê ek moet my ego bietjie in bedwang bring. Dit gaan in elk geval nie oor my nie, dit gaan oor die musiek. Ek sal dalk hier en daar optree, maar dit is die konsep wat homself verkoop, nie my naam nie."

Nie eers die TV-advertensie het sy gesig op nie. Jy sien darem 'n watermerk van die bekende Lukiebakkies in die agtergrond as jy die CD uithaal, maar dit is dit.

Meneer Gospel dink dit is 'n wenkonsep. Stass, sy "producer" dink Rockin' Classics is "baie lekker". Nou moet Suid-Afrika nog net besluit, en Lukie moet wag en kyk soos enige nuwe kunstenaar.

Vir meer inligting kontak asseblief Janine van Niekerk by 082 885 7732
of Maranatha Platemaatskappy by (012) 348 1891


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )