Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Lizz Meiring .co.za (Meiring, Lizz)
vetseun
elke ander duim 'n dame DVD 74 min . 2008

vetseun
Lizz se Speelgoed 6: Volkome Vervulling (Komedie) . 2007 SEWE KLEURE BOEKE

'n Ongewone eietydse swart komedie oor verhoudings en versugtings. Humor, ironie, vlymskerp dialoog en interessante verwikkelinge, maak van Volkome Vervulling 'n teater ervaring wat jou aan jou blote menslikheid herinner. Geskik vir beide manlik en vroulike spelers.
Hierdie teks is so kraakvars, daar was nog nie eers kans om dit op te voer nie!
As 'n bonus het Lizz wenke vir teaterproduksiespanne, voorbeelde van begrotings, persverklarings, program samestellings, en teater trivia by hierdie boek ingesluit.

vetseun
Lizz se Speelgoed 5: Windmaker (Tragi-komedie) . 2007 SEWE KLEURE BOEKE

In diè eietydse drama word fantasie, aardswysheid, humor en patos vermeng in die warm-hart verhaal van Hetlu, die aweregse windpompvrou van Kommasgom. Liegstories, waarhede, nostalgie en verledes, hedes en ons behoefte aan liefde vind hier 'n oorspronklike, verrassende inslag. Geskep as opdragstuk vir KKNK
Geskik vir beide manlike en vroulike spelers.

vetseun
Lizz se Speelgoed 4: Doringrosie van Roosfontein ('n Mini Pantomime) . 2007 SEWE KLEURE BOEKE

'n Moderne, nuutgeskepte ekonomies opvoerbare mini-pantomime propvol slimskerp sêgoed, kleurvolle karakters, verrassende storielyne en lirieke vir liedjies.Geskep as opdragwerk vir die spesiale Kersfees episode 2006, vir die kykNET TV-Reeks Villa Rosa.
Geskik vir beide manlike en vroulike spelers.

vetseun
Lizz se Speelgoed 3: Lizz se los goed ('n Versameling) . 2007 SEWE KLEURE BOEKE

'n Versameling unieke, nuutgeskepte dramatiese en komiese sketse, monoloë, dialoë, gedramatiseerde prosa .Hierdie materiaal is as opdragwerke ,afsonderlik geskryf en opgevoer in kabarette, solo optredes, en as deel van spesiaal geskepte teater geleenthede.
Geskik vir beide manlik en vroulike spelers.

vetseun
Lizz se Speelgoed 2: Elke ander duim 'n dame (Solostuk) . 2007 SEWE KLEURE BOEKE

Elke ander duim 'n dame ' Lizz se vierde eenvrou vertoning, is 'n huldeblyk aan die ongewone streep wat in ons almal skuil. Die produksie is nommerpas vermaak vir diegene wat oorspronklike verhale, slim woordspelings, fyn ironie, patos en donker satire en gesofistikeerde humor geniet. 'n Versameling sketse met aweregse, buitengewone en tog totaal identifiseerbare karakters.
Elke ander duim 'n dame / Every other inch a lady het landswyd uitverkoop. Geskep as opdragwerk vir KKNK.
Geskik vir 'n vroulike speler.

vetseun
Lizz se Speelgoed 1: Lippetaal (Solostuk) . 2007 SEWE KLEURE BOEKE

In haar vyfde eenvroustuk - Lippetaal bevraagteken Lizz 'n krapperige onderwerp: waar eindig selfgelding en waar begin selfsug? As jy verantwoordelik is vir 'n ander mens, soos 'n gestremde, moet jy alles opoffer?
Nelda se ouers is doof, sy is die enigste horende en dus die tolk in die gesin, wat tot allerlei skreeusnaakse, frustrerende en soms hartseer situasies lei. Die titel Lippetaal verwys na die manier hoe horendes praat, met hul monde, en die "liplees" van gehoorgestremdes.
Dié kragtoer, wat al landswyd vol huise getrek het, is propvol misterie, patos, humor en fynspot - dis warm, aards, aweregs en verrassend. Geskep as opdragwerk vir die Kalfie Kunstefees en Insig tydskrif.
Geskik vir 'n vroulike speler.

vetseun
FANUS RAUTENBACH HULDEBLYK - deur Lizz Meiring (2007)
Jare van nou, wanneer ons beendere al koud is,
Nee, eeue in die toekoms - (voor ek nou impliseer dat enigiemand hier effe oud is,)
Gaan argeoloë in ons Afrika Suidpunt kom opgrawings maak
En 'n raaisel ontdek wat die hele wêreld sal raak :
Duisende geraamtes wat lyk of hul lag
Van 'n ouer tot 'n baie jonger geslag.
Die wetenskaplikes gaan stry en baklei
Oor hoekom diè afgestorwe mensdom lyk of hul tot die dood toe lekkerkry
Tot een, wat hopelik nog Afrikaans kan praat ...
lees verder by 939.co.za

vetseun
Breek ........................... 2002 TAFELBERG
Barrie Hough; Lizz Meiring

"As iemand my vertel het ek gaan die meisie van my drome in 'n laundromat ontmoet, het ek seker gesê:
Hoekom nie?
In 'n wassery wat ruik na rook, vreemdelinge se vuil klere en ou kos? Waar seeppoeier so os skilfers op 'n ongesonde kopvel gestrooi lê?
Sure!
Plekke met kerse, rose en musiek, waar meisies met Julia Roberts-monde en blink hare GQ-hunks op die lyf loop, is bedoel vir vervelige movies en boeke wat niks se nie. Dis soapie-materiaal.
Ek het Justie in 'n laundromat ontmoet ... "

Hierdie verhaal deur die veelbekroonde en gewilde skrywer Barrie Hough en die ewe bekende verhoogpersoonlikheid Lizz Meiring het eers as verhoogstuk sukses behaal voordat dit in romanvorm beslag gekry het. Dit beloof om ewe gewild te wees. as Barrie Hough se vorige boeke.


skakels : lizzmeiring.co.za










2020 04 03-04 - Koster Dam Eisbeinfees: Snotkop, Dewald Wasserfall, Albert de Wet, Buster & Bella, Lizz Meiring, Koster Dam, www.kosterdam-eisbeinfees.co.za
vetseun


2019 11 15 - Optog!: 3 Susters: Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck Nicole Holm, Ernst Oppenheimer Teater, Welkom, 19:30, itickets.co.za - Atterbury Trust - ATKV - Die GROOT Ontbyt - afrikaans.com - Tsogo Sun - Sarie - Vintale's - lekkeslaap - NTT Volkswagen Potchefstroom - King Price Insurance
vetseun


ClemenGold en Zandvliet Wynplaas: Die musiekfees by die Wacky Wine feesvetseun
Wes-Kaap, Suid-Afrika: 5-7 Junie 2015

ClemenGold en Zandvliet Wynplaas het saamgespan om seker te maak dat Robertson Wyn distrik se Wacky Wine fees omskep word in 'n vreugdebelaaide, 3 dag geleentheid.

Die fees merk die bekendstelling van die eerste jaarlikse ClemenGold en Zandvliet Musiekfees en sluit ander wonderlike vermaaklikhede, soos onder andere kykNET se Tjiff en Tjaff, Rise and Shine yoga deur die Anahat span van Stellenbosch en spyseniering deur die gewilde Antoinette Events.

Die unieke samesmelting tussen CG en ZV is moontlik gemaak deur die onlangse koop van Zandvliet Wynplaas deur ANB Investments (die houermaatskappy van ClemenGold). Die opkomende Wacky Wine fees is gesien as 'n goue geleentheid om die publiek te nooi om die nuwe vennootskap te kom vier. Ons nooi die publiek om ons wyne, vroee seisoen ClemenGolds en die fantastiese musiekprogram saam met ons te kom geniet.

Die musiekfees is 'n langverwagte droom van die ClemenGold span. ClemenGold het uitgebreide verhoudinge met en ondersteun sleutel kunstenaars soos Luna Paige, Albert Frost, Simon Orange, Chris Chameleon en Lizz Meiring. Die ClemenGold en Zandvliet Musiekfees skop offisieel af met 'n openingskonsert op Vrydagaand 18:00.

Khan Morbee (hoofsanger vir Parlotones vir die afgelope 12 jaar) en sangeres / liedjieskrywer Luna Paige lei ons in die nuwe era vir Zandvliet in. Verwag twee sielvolle vertonings.

Rise and Shine word Saterdagogend om 08h30 aangebied deur die Anahat Wellness & Yoga Sentrum. Kom strek en yoga saam op die plaas!

Ons weet ook dat die kleinspan al van vroegoggend af bedrywig is. Dit is om die rede dat ons Spektrum Kinderteater (wat sedert 1991 vir oud en jonk vermaak) uitgenooi het om 2 magiese feeverhale aan te bied oor die naweek. Saterdagoggend word die bekende Rooikappie opgevoer. Dit word opgevolg met 'n kuier en groet sessie met die populere kykNET TV karakters, Tjiff en Tjaff! Bring jou kinders om 'n kiekie saam met die beroemdes te kom neem.

Voor besoekers die markiestent betree vir Saterdag se ongelooflike musiekprogram, kom loer gerus na al Zandvliet se beste wyne. Zandvliet is bekend vir hulle groot bottels! Beindruk jou vriende met 1.5 liter magnums en bottels wat tot so baie soos 15 liter wyn kan hou!

Saterdag se musiekprogram begin om 13h00 en hardloop tot ongeveer 21:00/22:00 die aand. Die program sluit van Suid-Afrika se beste liedjieskrywers, sangers en musikante in. Die skreeusnaakse en talentvolle Peter Mitchell (aka Pietman, Die Skot) tree as MC op en sal die gehoor deur 'n dag van non-stop oorspronklike musiek lei. Hy self sal ook optree. Liedjieskrywers en sangers wat die verhoog met Peter Mitchell deel is Simon Orange, Luna Paige, Nick Turner, Gerald Clark, Chris Chameleon en Albert Frost. The ondersteuningsorkes bestaan uit die formidabele baskitaarspeler, Schalk Joubert en top klas trommer, Kevin Gibson. Teen die einde van die program sal al die musikante saamspan vir 'n jam sessie van epiese proporsies! Moet dit nie misloop nie.

Maar! Daar is nog! Waar ander plase begin afskaal op die Sondag...stoom Zandvliet voort met 'n pret-belaaide program!
vetseun
Begin die dag weer saam met die Rise and Shine span van Anahat. Kom yoga en strek heerlik saam. As jou kinders Rooikappie gemis het op die Saterdag kan hulle kom aansluit vir die vroegoggend teatersessie (9vm), Jan en die Boontjierank.

Die dag se verrigtinge sluit af met 'n wonderlike verrassing...die teatrale produksie, "Peels of Laughter and Barrels of Fun". Die unieke samekoms van talent, word aangebied deur die welbekende Lizz Meiring (Bizzie Lizzie) en sluit Heine du Toit (ClemenGold se voedseltegnoloog) en Jacques Cilliers (wynmaker van Zandvliet) in. Hulle stel die gehoor bekend aan spesiaal uitgesoekte ClemenGold produkte en paar dit met premium Zandvliet wyne. Chris Chameleon en Luna Paige sorg vir musikale vermaak en plesier.

ClemenGold en Zandvliet nooi jou uit om te kom deel in die viering van lewe, wonderlike vennootskappe, Suid-Afrikaanse wyne, -vrugte en -musiek!

clemengold.com/wacky

Luna Paige is proudly sponsored by ClemenGold


Website: www.lunapaige.com
Facebook: www.facebook.com/LunaPaige.SingerSongwriter
Twitter: www.twitter.com/lunapaige
ClemenGold: www.facebook.com/clemengold



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )