Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
LieSl Marx .co.za
vetseun
Water ..................................................... 2004 LIESLMARX
1. Masker Af
2. Oos-Vrystaat Blues
3. Genadewater
4. Ontengel
5. Jy't My Gekierang
6. Frats
7. Dowe Prinses
8. Liedjie Vir Jou
9. Sy Kyk Na My
10. Vanaand
11. Water

met Bruce Wallace, Denis LaLouette, Mauritz Lötz, Juan Oosthuizen, Matthys Maree, Lizelle le Roux, Susan Mouton, Réana Nel, Mandy-Jean Schrader, Fuzz, Louis Langerman

vetseun
Expect, The Unexpected CDS ........
die Goodyear Eagles Song Single

met Matthys Maree, David Klassen, Mauritz Lötz, Brendan Ross, Denis LaLouette, Jennifer Jones

flyers :
2007 10 04, 05 - Richard van der Westhuizen, Liesl Marx, Die Boer, Durbanville


skakels : lieslmarx.co.za








WATER & KLIP

Centurion Teater, 28 & 29 Augustus 2007
Met Richard van der Westhuizen en LieSl Marx
Begelei deur Matthys Maree en Wouter van de Venter

Vervaardig deur LM Produksies

WATER & KLIP is 'n musiekproduksie wat die gehoor sal meesleur in 'n stroomversnelling van musikale genot na 'n maalkolk van kragtige stem en liriek. LieSl Marx die vars water. Richard van der Westhuizen die rotsvaste klip.

Richard van der Westhuizen het geen bekendstelling nodig nie. Met 'n resume so lank soos die klipgeboude groot muur van Sjina, is hy ongetwyfeld een van die swaargewigte in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Hy is tans op die kassie as die beneukte Andries Melck in Andries Plak en het ook onlangs gespeel in die gewilde TV-Reeks, Dryfsand. Sy nuutste album, 'Songs uit my Binnesak' bevat van sy beste werk wat die bevoorregte luisteraar beslis nie onaangeraak sal laat nie. In die laaste 6 jaar het LieSl Marx reeds naam gemaak as teaterbestuurder van formaat, regisseur, vervaardiger en inhoudbestuurder van die musiekkanaal MK89. Sang is haar groot passie. Haar eerste album 'Water', is in 2005 uitgereik, met 'Muse' wat in Augustus 2007 die lig sien. Met 'n stem wat al as "van epiese proporsie" beskryf is, sal LieSl die gehoor se dors les soos 'n glas yskoue water op 'n vrek warm dag.

Richard en LieSl word begelei deur die meesterlike Matthys Maree op klavier, trekklavier en klawerbord en die immergewilde Wouter van de Venter op kitaar. Matthys is meer bekend as begeleier van baie ander bekende kunstenaars, maar is ook CD vervaardiger par excellence. Wouter is 'n sanger in eie reg, maar het ook die beneidenswaardige voorreg om te kan sê dat baie hedendaagse treffers soos 'Kom Bietjie Binne' en 'Beste Vriende', uit sy pen gevloei het.

Die musiek is 'n samevloeiing van Richard en LieSl se eie werke. Daar is vars verwerkings van liedjies soos 'Jy't my gekierang' en 'Swerfliedjie'. Ou gunstelinge soos 'Masker af', 'Ballade Vir 'n Enkeling', 'Tussen Treine' en 'Dorsland' is beslis ook op die spyskaart. 'Genade Water', 'n liedjie uit Richard se pen, wat deur beide kunstenaars opgeneem is, beloof om sekerlik een van die hoogtepunte van die produksie te wees.

Water & Klip het 'n intieme, eerlike aanslag. Die gehoor kry die geleentheid om daadwerklik saam met die kunstenaars "te kuier" en hul harte, siele en menswees eerstehands te ervaar. Alhoewel Richard en LieSl briljante akteurs is, word hierdie produksie gestroop van alle pretensieuse teatrale hoogdrawendheid. Die gehoor kry net die waarheid. Kort realistiese vertellings van die liedjies se oorsprong en hul verband met die kunstenaars se eie lewenservaringe sal die liedjies met mekaar bind.

Die kombinasie van water en klip is verantwoordelik vir van die mees asemrowende wonders van die wêreld. Net soos die Visrivier Ravyn sy merk op die Afrika landskap gelaat het, beloof hierdie Water en Klip om sy merk op die hart en siel van die gehoor te laat. (ERD)

Die produksie se speelvak is as volg:
28,29 Okt: Centurion Teater
14 Sept: Pierneef Teater
23-30 Sept: Aardklop
1-6 Okt: Kaap toer (o.a Die Boer, Dorpstraat)
26 Okt: Lungile Teater, Roodepoort
9 November: Bloemfontein



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )