Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Lerie Malan
vetseunvetseun
Aangename Kennis! LP . TRL-A-3124 TROUBADOUR
Kant 1:
1. Music To Watch Girls By
2. Something Stupid
3. Kleine Nagtegaal
4. Santie Se Kopdoek
5. Hier's Ek Weer
6. Daar's 'n Hoender
7. Gerry Se Mazurka
8. Georgy Girl
Kant 2:
1. Olie Kolonie
2. Faithful Hussar
3. Harry Lime Theme
4. I Love To Go A Wandering
5. The French Song
6. Release Me
7. The Wedding
8. Perdjie

Aangename Kennis! Dit is net vir die vriende wat nog nie met Lerie Malan, ons uitstekende orrelis, kennis gemaak het nie.
Lerie Malan is 'n boie bekende persoon; hy het al oor die hele Republiek orrels gedemonstreer en op ontelbare funksies, danse, ens., opgetree.
'n Aantal jare van Lerie se geboorte het sy ouers opgelet dat hy 'n wit streep deur sy hare het. Dit was nie al wat snaaks was nie, want hy kon nog skaars mooi Ioop toe hy reeds sy unieke musiektalent openbaar het.
Op hierdie opname het Lerie 'n verskeidenheid van die bekendsfe hedendaagse melodieë gekies, om die plaat 'n juweel van luistergenot te maak. Lekker luister, en moet ook nie Lerie se plaat "Orrel In Die Langpadā€¯, misloop nie.

Toesig: H. van Rensburg
Ingenieur: R. Morris

vetseunvetseun
Orrel In Die Langpad LP . TRL-A-3097 1969 TROUBADOUR
Kant Een:
1a. Swingin' Safari (B. Kaempfert)
...b. Zambesie (N. Carstens, A. de Waal)
2a. Warm Patat (N. Carstens)
...b. Outa In Die Langpad (N. Steyn, C. du Toit)
3a. Hello Dolly (J. Herman)
...b. 12th Street Rag (Bowman, Summer)
4. Chris Se Setties (L. Malan)
5a. Tennessee Waltz (King, Stewart)
...b. Lara Se Tema (Webster)
6a. Konsertina Boogie (N. Steyn)
...b. In The Mood (Garland, Razaf)
Kant Twee:
1. Orrelfluitjie Kwella (F. Woolridge)
2a. You Can't Be True Dear (K. Griffin, H. Cotton)
...b. Daar Doer In Die Bosveld (E. van Rooyen, A. de Waal)
3a. Pearly Shells (Kalapana, Pober, Edwards)
...b. Drifting And Dreaming (Curtis, Schmidt)
4a. Kaapse Draai
...b. Daar's 'n Wind Wat Waai (N. Carstens, A. de Waal)
5a. Meadowlands (S. Vilikazi)
...b. Umfaan (R. Bornman)
6. Never On Sunday (Hadjidakis)

Lerie Malan is gebore in Elliot, K.P. op 8.1.35, en nadat hy begin groot word het, het sy ouers waargeneem dat Lerie 'n spierwit kuif het en behalwe dit nog 'n snaakse musiek talent openbaar het.
Lerie het begin orrel speel op 'n baie vroeë ouderdom en het gevorder tot op 'n stadium waar hy nou orrels demonstreer vir 'n groot besigheid in Pretoria. Hy is deur die hele Republiek bekend vir sy orrelspel en het so te sê op elke dorpie in die Republiek opgetree.
Op hierdie opname sal u opmerk dat uit sy wye ondervinding van mense se musiek smaak, hy presies die beste nommers uitgekies het om by almal se smaak te pas. "Swingin' Safari", "Outa In Die Langpad," "Hello Dolly," "12th Street Rag", "Drifting And Dreaming"; ai, net die regte mengsel vir 'n lekker partytiie.
Nou vansy musiektalent; Hy word bestempel as een van die beste orreliste in die Republiek, en elke vrye uurtjie wat hy bekom, oefen hy steeds om nog meer kennis by sy reeds uitgebreide musiekkennis te voeg.
Lerie is nog ongetroud, maar hy stel baie belang in die teenoorgestelde geslag. Hulle stel net soveel belang in
hom, en dit verbaas ons dat hy nog nie gehaak is nie.
Nouja, klaar gepraat, Iaat ons nou luister na LERIE MALAN as hy met sy orrel in die langpad val.

Omslag Ontwerp deur H. van Rensburg
lngenieur: B. Pretorius
Toesig: H. van Rensburg


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )