Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Lara Frances
vetseun
Little Rendition .................................. 2009

vetseunvetseun
High On Life .......................... RR076 2007 RHYTHM RECORDS/SELECT
1. Scream (Yeah Yeah) vetseun
2. Klein Dingetjies
3. High On Life (MK89 Awards Road Trip nominasie) - MP3 op myspace
4. Ek Wil Inkom - MP3 op myspace
5. Perfect
6. Lola
7. Weerlig In My Hart
8. Bean Shaped Shoes
9. Wyn - MP3 op 24
10. Kiss Me
11. Nomad

Baie lus om die CD te begin review terwyl ek na die nuwe Radiohead luister, ek bedoel ek ken vetseundit tegnies al. En ek weet dit is 'n rush. Lees nou die mense sê suiwer en intelligent, tot verfrissend. Ek dink net sy's hot! Maar dieRadiohead en Eddie Vedder so naby aan mekaar is bliss.
Lara het ons by die berugte laatnag uithang plek van verskillende skurmunkels, Snowflake, by die onlangse Aardklop te Potchefstroom, gesien optree, saam met haar band. Daar was liedjies van verskillende style wat die sterk groep ondersteuners vemaak het, en het ons gesê sy's hot?
High On Life is defnitief 'n debut wat ons vir 'n ses geslaan het (verskoon die sportbeelde, heeltemal buite konteks). Na die live show was ons voorbereid op wat mag gebeur maar nie naastenby genoeg nie, hierdie stem vat jou sommer vinnig vas. vetseun

... Die eintlike review van High On Life ...

Geluk is seker die mees deurlopende onderwerp op die CD. Van nommer een word die klem gelê op hoe lekker die aanvaarding is van iets wat duidelik verkeerd geloop het.
En dan begin die meisie Afrikaans sing, en die hare op ons voorarms staan orent. Haar stem klink soos 'n tiener s'n, altyd gekleur met 'n glimlag, altyd sag. Die woorde is in die CD-omslag, ons sing saam aan die liefdesliedjie Klein Dingetjies, al kan ons nie al die note maak nie.
......... " ... ons passie was rooi, onsvriendskap is nou geel ... "
vetseunDit alles oor rustige rock kitaar en drom. Lara klink ewe gemaklik in Afrikaans en Engels, alhoewel haar uitspraak mens nie eintlik kan maak kies nie ... High On Life, 'n defnitiewe radiotreffer begin inleidend met Lara wat vertel en breek dan in 'n heerlike koor waarop enige luisteraar gemaan gaan word om so bietjie te dans. (Sukkel om die woorde te lees tussen al die foto's, haha, jammer).
......... " ... maak oop ek staan buite jou deur ... "
Ek Wil Inkom is 'n eerlike aanmaning, seker die mooiste liefdesliedjie wat ons in 'n baie lank tyd gehoor het van ons jong Afrikaanse dames. Regtig, ons speel hom weer. Die Afrikaans is so mooi ons skip amper die Engelses, maar ons sal nie. Perfect is nog 'n treffer in die High On Life kategorie, rockerig.
Die Anthem vir geluk kan seker Lola wees, wat sommer reguit sê:
......... " ... die lewe is 'n lied so sing bliksem sing ... "
Reguiter as dit kan jy nie wil hê nie, 'n see en sand liedjie vir vakansies en sonskyn. Met Lara se stem as fokus word die musiek pop/rock daarom gevleg, en bly dit meestal op die agtergrond, ondersteunend.
......... " ... die wind suis in my spore ... " (Sukkel met die woorde ...)
As mens 'n "afskeidings/verlangliedjie" so mooi kan laat klink, is dit asof dit 'n goeie idee is om op en uit te maak. Hier raak die stem stadiumgroot, met dieselfde eerlikheid en ernstigheid.
Bean Shaped Shoes vertel van die ou wat gecheat het, nie
................................... " ... checkmate ... "
'n goeie idee nie dude. Hoop hy kry 'n CD. 'n Snyende liedjie wat weereens hartseer lekker laat klink, 'n kuns. Woorde word sommer maklik gebruik om die saak reg te stel. Ons draai so bietjie na 'n popperige klank vir 'n liedjie opgedra aan die Wyn. Komende van stellenbosch moet mens seker verstaan en saamstem. (Sal nie 10 keer beter kan handle nie, though)
.................................... " ... la la la la la ... "
Daai een is saam nommer een, en Lola, maar hey ... Kiss Me is 'n meer rock nommer oor liefde (waarvan daar duidelik nie 'n tekort is nie), en Nomad is meer folkerig. 'n Waarskuwingslied, teen isolasie en aanhoudend rondbeweeg, ons sluit op 'n ernstiger noot af.
Ons gaan nog baie van Lara hoor, sekerlik vroeër as later, dankie!!

... Die einde van die eintlike review van High On Life ...

ook op:
MK: Hoordosis 2 2CD kompilasie - High On Life (2007)
MK: Hoordosis 3 2CD kompilasie - Nomad
Musiek Vir Die Langpad 8 2CD kompilasie - High On Life
Steve Booysen - My Musical Boardroom - High On Life
Nuwe Afrikaans Treffers 2008 - Weerlig In My Hart
Nuwe Generasie Divas 2008 - Klein Dingetjies

flyers :
2007 12 21 - Lara Frances, Klein Libertas, Stellenbosch, 20:00
2007 12 18 - Lara Frances, Stones, George, 20:00
2007 12 17 - Lara Frances, Woodmill Lane, Knysna, 12:00
2007 12 15 - Lara Frances, Woodmill Lane, Knysna, 12:00
2007 12 11 - Lara Frances, Woodmill Lane, Knysna, 12:00
2007 11 09 - Lara Frances, Seaside Blues, Melkbos, 20:00
2007 11 03 - Lara Frances, Werner Denner, Gatta Patat Theatre Café
2007 10 28 - Lara Frances, Brazen Head, Stellenbosch, 20:00
2007 10 27 - Lara Frances, Brazen Head, Stellenbosch, 20:00
2007 09 07 - Lara Frances, Klein Libertas Teater, Stellenbosch


skakels : myspace.com/larafrancesrhythm







2008 05 - Die MK Kaktus Sessies: A Dedicated Rock Venue, R50 - MK mk.co.za - ABSA KKNK
2008 05 25 - Lara Frances, The Orange Stilettos, Die Melktert Kommissie
2008 05 26 - Zinkplaat, Bed On Bricks, Taxi Violence
2008 05 27 - Willim Welsyn en die Sunrise Toffies, éF-éL, Straatligkinders
2008 05 28 - Ashtray Electric, Die Helde, Fokofpolisiekar
2008 05 29 - aKING, Foto Na Dans, Van Coke Kartel
vetseun



Lara Frances on tour in Marchvetseun

Our pop-rock diva from Stellenbosch, Lara Frances, will be hopping on a tourbus again in March to tour to the Free State and Gauteng. Look out for the following tourdates where you can check out Lara at a venue near you:
vetseun
7 Mar: Cool Runnings, Bloemfontein, 051 430 7364, R20 p/p
8 Mar: Die Kombuis, Melville, 072 737 3895, R50 p/p
12 Mar: Café Barcelona, Pretoria, 012 43 03901, R40 p/p
13 Mar: Back2Basix, Melville, 011 726 6857, R40 p/p
14 Mar: Picasso's, Potchefstroom, 018 297 8542
15 Mar: Waenhuisteater, Bethlehem, 058 303 5885, R30 p/p


Lara Frances is "High On Life"
Die opkomende kunstenaar, Lara Frances, vlieg reeds hoog na haar bekendstelling op die Suid-Afrikaanse musiektoneel! Met haar kenmerkende helder stem, intelligente lirieke en stylvolle verhoog-persoonlikheid, is sy reeds deur die vervaardigers van die populêre musiekprogram, Noot vir Noot, raakgesien en genooi om as gaskunstenaar op te tree. Haar musiek is 'n verfrissende mengsel van Afrikaanse en Engelse pop en nu-folk. Haar liedjies balanseer intensiteit en welsprekenheid met kreatiewe vaardigheid en eerlikheid. Dis 'n vurige mengsel van delikate musiek. Twee van haar snitte is tans op die speellyste van streeks-, gemeenskaps- en kampusradiostasies.

Newcomer, Lara Frances, is already flying high since her recent arrival on the South African music scene!
Her unique and clear voice, intelligent lyrics and stylish stage personality were the qualifying factors that caught the attention of the producers of the popular TV music programme, Noot vir Noot and she was invited to perform as a guest artist on the show. Her music is a refreshing mix of Afrikaans and English pop and nu-folk. Her songs balance intensity and craft, eloquence and honesty. It reflects a young woman's experience of life and love. Lara has a knack for penning piercingly sincere songs. When this is matched with no-frills instrumentation, it's a powerful combination of pure and simple. Two of her songs are currently playlisted on regional, community and campus radio stations.



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )