Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Krushed & Sorted
vetseun
Acid™ Made Me Do It 2LP . PR008 2018 PERMANENT

vetseun
Acid™Made Me Do It . DOPECD001 2000 AFRICAN DOPE
1. Income
2. Roots Soup (Dubplate Mix)
3. Scatter (Mo Bass For Ya Money Mix)
4. Makesome Breaksome met Ernie
5. King of the Swingers (Getting Mad Mix)
6. Interlude 2
7. Breaker (As Above So Below Mix)
8. One Nine Nine Nine (Noughty Mix)
9. Outcomevetseun

as een van kaapstad en in latere jare die land se bekendste DJ kombinasies se eerste album. met DJ sets wat varieer tussen big-beat, drum'n bass, techno en reggae electro orals oor die niksvermoëdende land het k&s meeste van hierdie style in hul rekenaar program prysende debut gereflekteer. die klanksnit orden program, acid word as deel van 'n groot verskeidenheid programme deur sonic foundry uitgereik. enige klank of loop kan daarin gelaai word en dan saam georden word om 'n liedjie te vorm. download 'n demonstrasie acid pro 4.0 ... as ook deel van african dope se ondernemings, het k&s al meer as eenkeer oorsee gespeel en toer, onlangs by belgië se pukkelpop2002 saam met Felix Laband,

ghetto muffin en Moodphasephive. hul musiek is collage inheems, met ritmes geleen en gemaak en almal werk. die sagter jazzerige oomblikke word afgeëts met dub samples en d'n b basslines, die aanhou toontik soms van genot en meer as eenkeer angstigheid. king of swingers is onlangs op 'n 12" gesit en saam met die CD en africandope se gevoel sal k&s hopelik baie meer interessanthede oplewer. sien african dope Vol. 1, Moodphasephive in deluxe mode ens.

malchris review
Hierdie is 'n nog 'n Album van AFRICAN DOPE RECORDS, wat maklik tussen internasionale CDs gepak kan word sonder dat iemand sal weet dat dit plaaslik opgeneem en vervaardig is. Acid made me do it is die eerste album van Krushed en Sorted (K&S) en is in April 2000 uitgegee. K&S bestaan uit Roach en Fletcher, wat ook die breins agter African Dope is, en hulle is bekende gesigte in die kaapse Drum and Bass scene en het onder andere al as headline DJ's opgetree by die Camel Experience, Rustler's Valley Festivals, Ninja Tune toer, Balaeric en is besig om groot naam te maak by die VORTEX en Alien Safari buitelig trance partytjies waar hulle verantwoordelik is vir die musiek in die "chill tents".DIT IS NIE 'n MIX CD NIE. Gelukkig nie. Soveel van ons plaaslike DJ's gee mix-albums uit waarop hulle ander mense se musiek meng en hulle naam bo-op plak. Nie K&S nie, hulle sit met hierdie CD 'n groot stempel op plaaslik vervaardigde elektronika met 'n mengsel van dub en funk wat 'n wip in enigiemand se stap sal sit.

Die musiek kan beskryf word as breakbeat en drum and bass maar gaan veel verder as dit. "King of the Swingers" is ook op plaat uitgegee en laat dansvloere regoor die wêreld op en af spring met die funky diep melodieuse bassline en sekserige sample. Sampling is die inding op hierdie album en hulle gebruik klomp dele van ou 40's Jazz plate, stand up comedy en old-skool jungle en psychedelic ambience plate.

Definitief nog 'n spreekwoordelike veer in African Dope se speellys en 'n album wat weereens bewys dat geen suid-afrikaner hoef terug te staan teen internasionale elektronigiste nie.

ook op:
Krushed & Sorted Re-Hash: African Dope's Greatest Hit kompilasie - King Of The Swingers, Roots Soup, Outcome


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)