Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Koos Kombuis (musiek) (Le Toit, André)
vetseun
Monster-Goggas ............ 2015

Daar is iets vreemds aan die gang op Gelukspruit... Wanneer 'n spinnekop een van die seuns in die Graad 7-klas byt, swel hy tot 'n reusagtige grootte! En dan is daar die monsteragtige sprinkane wat die skoolbus aanval, miere so groot soos katte wat die strate invaar, en die vreemde ding wat 'n gat deur die laboratorium se draadheining gevreet het... Toe al die grootmense deur monster-goggas gyselaar gehou word, moet Gappie en Nadia al hulle moed bymekaarskraap om uit te vind wat aangaan. Voor dit te laat is!

vetseun
rock&roll.karoo ............. 2014
- 33 digitale gedigte
vetseun
(Van die vriendelike mense by PENGUIN

Ons is baie opgewonde om die publikasie van i-Tjieng: 'n GPS vir verdwaalde siele in September bekend te maak.


Die Boek
vetseun
Hierdie boek dui die weg na insig aan wat al sedert Confucius gevolg word. Die I Ching, of "Boek van veranderings", word al vir meer as 21 eeue in die Ooste gebruik, en is sedert die 19de eeu tot vandag toe ook in die Weste 'n wyd geraadpleegde bron. Dit lei jou na 'n stel simbole wat uit kombinasies van strepies bestaan en na aanleiding waarvan die verstandige weg in haas enige lewensituasie in metaforiese taal vir jou beduie word.

Ten diepste kom die I Ching neer op selfinsig - die wysheid waaroor jy onbewustelik beskik, en wat tap van dit wat Carl Jung die kollektiewe onbewuste noem. Groot Afrikaanse figure was en is gebruikers hiervan.

In i-Tjieng praat hierdie wysheid allemanstaal: ligvoets en humoristies maar doodernstig oor die feit dat baie mense vandag verlore voel en blindweg tas na 'n pad. Dit word daarom gepas 'n "GPS vir verdwaalde siele" genoem.


Die Skrywer

Koos Kombuis is volksbesit. Hy was brandweerman, digter, voorsanger in die rebelse jeugbeweging teen die orde van die jare tagtig. Hy is deur die mallemeule van roem en drank en dwelms, en anderkant uit. Van die mooiste liedjies in Afrikaans kom van hom. Hy is 'n gerespekteerde openbare kommentator, 'n geliefde sanger met talle CD's op sy naam, 'n romanskrywer, en 'n gesinsman.


vetseun
I-Tjieng ............................ 2013 PENGUIN
- 'n GPS vir verdwaalde siele
ISBN: 9780143538462

Hierdie boek dui die weg na insig aan. Dit praat twee tale, antiek en modern. Antiek, want dit verduidelik 'n metode om dieper wysheid te raadpleeg wat teruggaan na die Sjinese filosoof Confucius in die newels van die tyd. Modern, want dit is in vandag se Afrikaans, so kleurryk en lewendig soos wat net Koos Kombuis dit kan praat. Die I Ching, of Boek van veranderings, word al vir meer as 21 eeue in die Ooste gebruik, en is sedert die 19de eeu tot vandag toe ook in die Weste 'n wyd geraadpleegde bron. Deur verskillende metodes word jy gelei na simbole waar die verstandige weg in haas enige lewensituasie in metaforiese taal vir jou beduie word. Ten diepste kom die I Ching neer op selfinsig - die wysheid waaroor jy onbewustelik beskik, en wat tap van dit wat Carl Jung die kollektiewe onbewuste noem. Groot Afrikaanse figure was en is gebruikers hiervan. In i-Tjieng praat hierdie wysheid jou taal: ligvoets en humoristies, maar doodernstig oor die feit dat baie mense vandag verlore voel en blindweg tas na 'n pad. Dit is jou GPS vir verdwaalde siele .

vetseun
Die Tyd Van Die Kombi's (met CD) . 2012 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798152976

Hierdie uitgawe bevat ook 'n CD met Koos se musiek! Koos Kombuis se vorige outobiografie, Seks Drugs Boeremusiek, was pretensieloos, eerlik, skreeusnaaks en hartroerend. Hierdie is sy Voelvry-memoir en hy skryf met dieselfde rou eerlikheid en selfspot oor sy herinneringe van daardie tyd. Hy bely daar is dinge wat hy lank probeer ontken het, daarom kon hy nou eers daaroor skryf. En al is hierdie sy persoonlike blik op die mense en gebeure rondom die Voelvry-toer, beskryf dit terselfdertyd 'n belangrike deel van die onlangse Afrikaanse musiekgeskiedenis - vanaf Piekniek by Dingaan tot by Oppikoppi.

vetseun
Die Reuk Van Koffie (Rubrieke) . 2011 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798151900

Koos Kombuis, kulturele geurilla, is terug. Met 'n styl wat verbysterend kan wissel tussen erns en luim, tussen Algemeen Beskaafde Afrikaners en pavement special patois, takel hy die Suid-Afrikaanse, en veral Afrikaanse, sake van die dag. Hierdie versameling is gekies uit 'n verskeidenheid skryfsels: rubrike in koerante (meestal Rapport), artikels in tydskrifte en op webwerwe en - natuurlik - sy blogs. Een van sy nuwe leuses is immers: "Kom laat ons twit."
Wat jy dus in die bundel sal vind - in geen spesifieke orde - is Koos Kombuis se groot rugbygeheim (met verwysing na waar sy liefde vir kurktrekkers vandaan kom), 'n liefdesverklaring aan Stellenbosch, ruminasies oor bekende persoonlikhede van Kurt Darren to Eugène Terre'Blanche, kleintydherinneringe aan Hartenbos vakansies, skouers skuur met politici al dan nie, (don't braai for me Jacob Zuma), en die eerste dag van sy menopouse. Koos Kombuis is skerp, slim, satiries - en enig in sy soort.

vetseun
Die Tyd van die Kombi's (Outobiografie) . 2009 HUMAN & ROUSSEAU

"'n persoonlike blik op die afrikaanse rock-rebellie"

Koos Kombuis se vorige outobiografie, Seks & Drugs & Boeremusiek, was pretensieloos, eerlik, skreeusnaaks en hartroerend. Hierdie is sy Voëlvry-memoir en hy skryf met dieselfde rou eerlikheid en selfspot oor sy herinneringe van daardie tyd. Hy bely daar is dinge wat hy lank probeer ontken het, daarom kon hy nou eers daaroor skryf. En al is hierdie sy persoonlike blik op die mense en gebeure rondom die Voëlvry-toer, beskryf dit terselfdertyd 'n belangrike deel van die onlangse Afrikaanse musiekgeskiedenis - vanaf Piekniek by Dingaan tot by Oppikoppi.

vetseun
Short Drive to Freedom . 2009 HUMAN & ROUSSEAU

This maverick musician's first autobiography, Seks & Drugs & Boeremusiek became an iconic title. In his new title he writes with the same honesty and humour about his memories of the rebellious Voëlvry movement, a rock 'n roll movement by a group of musicians which jolted many Afrikaans people out of their known certainties. As the movement gained momentum during their countrywide tour they won the Afrikaans youth over to their struggle against the government and apartheid. Koos Kombuis has again written a memoir that is witty, touching, horrific, amusing, confused, extravagant, provocative.

vetseun
The Complete Secret Diaries Of God . 2008/2011 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798149785

"The fictional God that Kombuis has created is a God of kindness, but he is also a God of fallibility who is looking over his life (several trillion years long) and judging himself and his actions. But the book is more than just a book about God and his travails in trying to form a relationship with the people and planet he created, it is also a biting satire on the world we have created. In the new version God is taken to a prison called Beverly Hills, from where he only manages to escape when he volunteers to be a Grim Reaper. The politics of Heaven and Hell, the Devil's "Plan B", Paul's letters to the Americans, the British and the Pope - many outrageous events are related in this new version!" - loot.co.za

vetseun
Groet die Grotvrou .............................

vetseunvetseun
Groet die Grotman tekste ........... GROTMAN
2006 27 Oktober - Groet die Grotman, Potter's Place, Jeffreysbaai, R120-R135

Koos Kombuis
vetseun
Die dieper dors .......... 2006 HUMAN & ROUSSEAU

"'n innerlike gesprek"

"Die jongste versameling rubrieke en essays van hierdie skrywer volg op die spore van sy vorige versamelings, My mamma is 'n taal en Afrikaans, my darling. Die stukke wissel tussen humor en erns, maar is dikwels ook 'n kombinasie van die twee. Hier het ons weer eens die unieke stem van Koos Kombuis - heerlik oneerbiedig by tye, maar altyd met 'n eerlike mening oor gebeure en dinge. Maar Die dieper dors is ook meer as net 'n bundel rubrieke. Dit is 'n collage van gedagtes, essays, en selfs poësie wat deur hom geskryf is die afgelope drie jaar. In samehang lees dit soos 'n seldsame en uiters ontboesemende gesprek tussen die skrywer en homself; vol humor, patos, en interessante brokkies inligting wat tot dusver streng geheim was."

Koos Kombuis
vetseun
Somer II. 'n Plakboek (Novelle) (Heruitgawe) . 2006 HUMAN & ROUSSEAU

"Heruitgawe van Koos Kombuis (toe nog André Letoit) se eerste roman wat in 1985 verskyn het. "DIE GROOTSTE PROBLEEM VAN DIE LEWE IS DIE DOOD. DIE TWEEDE GROOTSTE PROBLEEM VAN DIE LEWE IS DIE LEWE. DIE DERDE GROOTSTE PROBLEEM VAN DIE LEWE IS UITGEWERS. UITGEWERS IS MY DOOD," verneem die leser in die roman (en wel in hoofletters en vetdruk). Maar die jong skrywer het hom voorgeneem hy gaan die hele Afrikaanse letterkunde omkeer en herorganiseer om hóm te pas. Dus stap hy 'n uitgewer se kantoor binne en laat sy manuskrip daar, met streng instruksies dat die uitgewer dit nie mag lees nie ... Met hierdie heruitgawe van die roman het die skrywer reeds meer as net die letterkunde omgekeer, as Koos Kombuis: sanger, skrywer, als. "Gelukkig is daar baie humor in die boek," skryf hy in sy voorwoord. "As dit nie vir die humor was nie, was hierdie bes moontlik die swakste en deurmekaarste boek wat nog ooit in ons taal verskyn het." [Nota van die uitgewer, as Derde Grootste Probleem in die Skrywer se lewe: Dié deurmekaargeit is natuurlik deel van die humor.] Die roman is egter nie sonder 'n bepaalde weemoed nie. Oor die ou tikmasjien op die bandontwerp skryf hy in sy voorwoord: "Dit is, vir my altans, die perfekte simbool van daardie geïsoleerde, bitter eensame, uiters obsessiewe fase van my lewe." Kortom: 'n kombinasie van satire, poësie en Koos Kombuis se eiesoortige nostalgie."

Koos Kombuis
vetseun
Raka - die roman (Novelle) . 2005 HUMAN & ROUSSEAU

"Hier het ons weer vintage Kombuis. In 'n skerp satire met baie donker ondertone beeld Kombuis die verval van die Afrikaanse samelewing uit. Die hooffokus is 'n predikantsgesin, maar eintlik loop almal deur - die skrywer spaar niemand nie. Raka - die roman ontgin die vrese van die moderne Afrikaner in hierdie oorgangstyd van die oue na die nuwe, van die plaaslike lokale realisme tot 'n virtuele, relatiewe werklikheid. Die ou gode het gesterf, maar daar is nog geen nuwes om hul plek in te neem nie ..."
"In 'n skerp satire met baie donker ondertone beeld die skrywer die verval van die Afrikaanse samelewing uit. Die hooffokus is 'n predikantsgesin, maar eintlik loop almal deur - die skrywer spaar niemand nie. Raka - die roman ontgin die vrese van die moderne Afrikaner in hierdie oorgangstyd van die oue na die nuwe, van die plaaslike lokale realisme tot 'n virtuele, relatiewe werklikheid. Die ou gode het gesterf, maar daar is nog geen nuwes om hul plek te neem nie." - loot.co.za

Koos A. Kombuis
vetseun
Suidpunt Jazz (Novelle) (Heruitgawe) . 2004 HUMAN & ROUSSEAU

'n Welkome heruitgawe van die skrywer se protes-roman uit die veelbewoë tagtigerjare, voor die aanbreek van die Nuwe Suid-Afrika, en voor die jong skrywer André Letoit finaal besef het hy gaan nooit die Groot Afrikaanse Roman skryf nie."

Koos Kombuis
vetseunKOOP/BUY
Suburbia (Digbundel) (Heruitgawe) . 2003 PROTEA BOEKEHUIS/SUN E-SHOP
ISBN: 9781869190354

"Koos Kombuis - die man met die bandana, die kitaar en die hartseerstem - is ook die digter André Letoit. "Ek sal nooit vergeet hoe opgewonde ek was toe ek die dag my eerste gepubliseerde boek ... deur die pos ontvang het nie," skryf Koos Kombuis oor Suburbia se eerste druk. 'n Jaar voor daardie heuglike dag is die voornemende digter egter deur 'n uitgewery aangeraai om "nooit weer publikasie (te) oorweeg nie" en net te "skryf vir ... terapie". Maar sy verse sou "viriel regop staan soos mielies in die geel Transvaal" en hierdie herdruk, 21 jaar later, is 'n viering daarvan:
Koos Kombuis
vetseunKOOP/BUY
The Secret Diary of God . 2003 ZEBRA PRESS
met 'n KKNK-show (flyer kknk2003 met Kristoe strauss)

Koos A. Kombuis
vetseunvetseun
Hotel Atlantis - 'n Roman . 2002 HUMAN & ROUSSEAU

"Dis die jaar 2012. Die wêreld is 'n donker, gevaarlike plek.
'n Skrywer en sy hond bevind hulle op 'n Landrover-reis teen die Weskus op. Hy is op soek na inspirasie nadat die uitgewers sy mees onlangse romanmanuskrip afgekeur het. In die proses ontdek hy nie net baie dinge omtrent homself en sy lewe nie; hy word ook ingesleep in die vrese en intriges van 'n klein groepie desperate mense wat wegkruip vir die einde van die wêreld op 'n klein dorpie met die naam Salem. In die proses ontdek hy die ware betekenis van liefde en die waarde van 'n lewe anderkant woorde, anderkant hoop, 'n bestaan anderkant die reëls van die korrupte samelewingwat hy vir altyd agtergelaat het.
'n Spanningsverhaal en 'n riller wat die leser tot laat in die nag sal wakker hou."

Koos A. Kombuis
vetseun
Afrikaans My Darling (Heruitgawe) . 2001 HUMAN & ROUSSEAU

Koos Kombuis
vetseun
Die Geel Kafee (Digbundel) (Heruitgawe) . 2001/2003 PROTEA BOEKEHUIS/HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9781869190330 (2003, PROTEA BOEKEHUIS)

'Toe hy vir die eerste keer "weer hierdie ou poems ... deurlees," skryf hy in sy voorwoord by die tweede druk, het twee dinge hom opgeval: hoe hy al hoe nader aan sy loopbaan as liriekskrywer beweeg het en hoe Eurosentries die digbundel was. "Maar julle moet onthou: Met die publikasie van Die Geel Kafee was die Nuwe Suid-Afrika nog net 'n pypdroom en die Europese tradisie - soos ook deur die Sestigers gebruik - was ons medium van protes." En, voeg hy by: " ... dalk, wie weet, dien dit as inspirasie vir jong digters en skrywers vandag."'
"Koos Kombuis - die man met die bandana, die kitaar en die hartseerstem - is ook die digter André Letoit. Die geel kafee is sy tweede digbundel en is by die eerste druk beskou as 'n "Tagtigermanifes", al het André Letoit indertyd ontken dat so 'n beweging in die letterkunde bestaan. (Suburbia deur Koos Kombuis / André Letoit is ook by Protea Boekhuis beskikbaar.)" - SUN E-SHOP

Koos A. Kombuis
vetseun
My Mamma is 'n Taal (Kortverhale) . 2001 HUMAN & ROUSSEAU

Koos A. Kombuis
vetseun
Seks & Drugs & Boeremusiek (Outobiografie) . 2000 HUMAN & ROUSSEAU
- die memoires van 'n volksverraaier
Redigeer, Etienne Bloemhof
ISBN: 9780798140652

"Koos Kombuis se outobiografie - die enigste wat deur hom goedgekeur en getjap is as die naakte waarheid - is 'n fassinerende weergawe van sy bittersoet lewe tot dusver, vratte en al!"

Koos A. Kombuis
vetseun
Koos se Songs (Heruitgawe) . 2001/2003 HUMAN & ROUSSEAU
vetseunvetseun
'n versameling lirieke en kitaarakkoorde
derde bygewerkte uitgawe

'Hierdie derde, bygewerkte uitgawe van Koos se songs sluit nege nuwe liedjies in en verskyn in 'n nuwe formaat om die prys laag te hou vir al sy nuwe en jonger fans. In sy voorwoord sê Koos: "Ek besef al hoe meer die rede hoekom 'n publikasie soos hierdie so belangrik is - dis nie net omdat ek wil he dat ouens my liedjies moet kan speel nie; hierdie soort title is ook ideaal vir outjies wat hulle eie liedjies wil skryf en nie seker is waar om te begin nie. Ek onthou nog die tyd toe dit ongehoord was om te praat van popmusiek in Afrikaans. In die ou tyd wasdaar net ernstige digters en doemprofete. Nou ja, die doemprofete is nog steeds met ons, en dalk het ons hulle nodig. Maar ek dink ons het die liedjieskrywers veel nodiger, elke enkele een van julle. En natuurlik is daar altyd plek vir nog!"' - loot.co.za

Koos A. Kombuis
vetseun
Die Tweede Reën (Digbundel) . 1998 HOND

vetseun
'n Ronde Roman ........... 1997

Koos Kombuis
vetseun
Paradise Redecorated (Novelle) . 1990 NEMESIS

André Letoit
vetseun
Suidpunt Jazz (Roman) . 1989 HAUM

"Suidpunt-jazz - die alternatiewe Groot Trek-roman.
Reg, mense. Julle weet wat oor die Groot Trek in die geskiedenisboeke staan. Julle't gehoor van die twee gedenktrekke. Julle't selfs die feeswaens op TV gesien.
Ná al die gedoe: lees nou die boek - die Ware Verhaal deur Een Wat Self Daar Was. Piet Retief, alias Libido alias - wel, alias die sogenaamde punk-skrywer André Letoit.
En dis nie al nie, liewe leser. In jou hand hou jy boonop die Groot Afrikaanse Roman. 'n Spul literêre jazz wat ons Suidpunt tot in sy fondamente kan skud. Terwyl jy dit lees, word dit deur Letoit geskryf (a la die post-modernistiese idioom, hoe dan anders?) en gebeur daar as't ware voor jou oë die weirdste dinge. Alles natuurlik in die speelssatiriese teken van die metaroman en demitologisering en ontluistering van al wat roer.
Maar hoe ook al, jy gaan kennis maak met Timo Bezuidenhout en sy tydmasjien, met engel Peanuts, met Piet Retief en kie. en 'n verbystrende stoet ander onwaarskynlike karakters en taferele soos net Letoit hulle kan byeenbring.
As jy al ooit gewonder het wat 'n ossewa in gemeen het met 'n Casspir, of hoe só min Boere só baie impies kon bedinges, hoe 'n Ware Afrikaner daar uitsien en wat van al Adriaan Nieuwoudt se kubuskoevertjies geword het, of, les bes, wie Eugène Terre'Blanche in sy vorige lewe was - dan is Suidpunt-jazz die roman vir jou."

André Letoit
vetseun
Piekniek by Dingaan . 1988, kabaretding
(Die kinders van Verwoerd)

André Letoit
vetseun
Die Bar op De Aar (Digbundel) . 1988 TAFELBERG
- Ballades, Blues en Bevliegings

André Letoit
vetseun
Somer II. 'n Plakboek (Novelle) . 1986 PERSKOR

André Letoit
vetseun
Breekwater (Kortverhale) . 1986 PERSKOR
- en ander kortverjale

vetseun
Die Geel Kafee (Digbundel) . 1985 PERSKOR

André le Roux du Toit
vetseun
Kleingeld vir 'n terreurdaad . 1984 KLUB 707

Joe Roelofsen is 'n private speurder wat drome droom oor groot dinge. En wanneer die dinge nie gou genoeg sy sin gebeur nie, máák hy hulle gebeur. Maar dit laat hom deeglik in die sop beland. Sy polisievriende is dan nie meer heeltemal so vriendelik nie en skurke soek ook sy bloed.
Arme Joe ...
En dan laat die beeldskone Patricia hom ook nog klei trap wanneer sy altyd haar opwagting op die verkeerde tyd maak om òf hul verlowing te verbreek òf om dit te hersteI. Dit is juis weer gedurende een van, dié geleenthede dat die avontuur begin toe Joe die P.B.O.-lede gewaar en Patricia sommer in die reën los om hulle te agtervolg.
Hy het nooit kon dink dat hulle op hom sou skiet nie. En Patricia ook! Gelukkig mis sy hóm en verbrokkel net sy motor se voorruit.
Maar dis nie die einde van Joe se probleme nie. Die pragtige Lee maak haar verskyning in sy lewe. Maar waar presies pas sy in die prentjie? Sy laat horn ook in die verknorsing beland. Maar gelukkig is sy vriend, Koos, telkens daar om hom te help ... al is dit van die wal af in die sloot!
Kleingeld vir 'n terreurdaad is 'n heerlike satire vol opwinding en humor. Dit speel af in Pretoria met 'n held wat 'anders' is in, die hoofrol. - stofomslag

André Letoit
vetseun
My Nooi Is In 'n Tikmasjien (Kortverhale) . 1983 PERSKOR

André Letoit
vetseun
Suburbia (Digbundel) . 1981/1982 PERSKOR

André le Roux du Toit
vetseun
Nou's die Kaap Weer Hollands (Kortverhale) . 1982

André le Roux du Toit
vetseun
Brekfis met Vier ........... 1981 UITGEWERY SKOPPENSBOER/2005 HUMAN & ROUSSEAU
Daniel Hugo, Etienne van Heerden, Peter Snyders, André le Roux du Toit


skakels : kooskombuis.coza












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )