Somerfaan Somerfaan - Laaste Somer
TuisbladSomerfaan op FacebookTwitterSomerfaan op MyspaceSomerfaan op Last.fmSomerfaan op YouTubeDiscogsWikipedia

Laaste Somer - 2011


Die nuutste Somerfaan is hier! Verdere elektroniese prag, rustig oornemend en vriendelik reguit. Hierdie keer met net nog cool mense, Arno Carstens, van Arno Carstens faam was ook in superband Springbok Nude Girls, Cito van Jesus Christ Superstar en voorsanger van Wonderboom, plus Huyser Burger gooi weer so paar verse.

Dit maak natuurlik vir 'n skokkend wye album, jy hip rock chill hop roll en out by tye heel sonder inspanning of erns. Gemeester in The Exchange Mastering Studios in Londen deur Simon Davey, die ding het sulke soliede klank soos mal, jammer, dit klink soos 'n klanktoets, breë swiepende klawers met skerp kontrasterende ritmes (lees 'uitbreiënde' of 'verdere' of iets) komputer ritmes. Só dat dit partykeer voel asof mens deur die spektrum luister, na wat anderkant kan aangaan.

Jy word eers rustig met vreemde geluide en klankgrepe ingelei, tot by 'n ligte ritme begin en grommende bas drom en dan ontploffende kitaar crescendo koor. Hierby is die subtiele eggo-ende skrape van DJ Redwood, wêreldbekende geraasmaak deelnemer, ook agter die wiele vir Pestroy en saam met DJ Nifty in Idol Hands. Plus 'n klomp ander goed, "Google DJ Redwood"... 'n Ontstellende CNN dude, met 'n beat.
.........................."to areas down here"........................
Die Giant Fireball wat die einde van die aarde beteken los ons met 40minute van uitsending, 'n melankoliese beatgedryfde samekoms met gemeenskaplike verligting van die realiteit as doel. Chris Papenfus verskaf die stem, sien hom saam met White Buzz, circa 2003.
.........................."Ek Mis Jou".............................
Ons open met 'n siek groot basbeat, iets roboties, soos 'n kanonklankgreep onder 'n mikroskoop, en net as jy die PVC nadertrek, is Somerfaan se stem in soliede-eggo so mooi, dat jy maar vir blomme opt. Die paranoïse verklaring word met skril alarmagtige byvoegings verhoog, en wanneer die opname soos 'n ou kasset opbreek druk jy repeat. Saam met van die grotes in die playlist die een, enige iets Kevin Martin of meneer Broadrick dankie.
........................"instrumenteel".......................
Op verstommende wyse word jou gemoedstoestand tussen armageddon verlange en nostalgiese genieting verskuif, I Saw The Whole Thing Happening maak vir heerlike strokiesprent asemrowing. Die gloeiende bal wat soos 'n massiewe Halley die horison benader, en die dude wat met sy ipod staan en aangaap. 'n Rollende een met kykies na klanke wat telkens deurskyn, en 'n elektronies bewerkte perkussie. Namedrop: Arnaud van Vliet.
........................"they will love us, they will teach us".......................
Mal oor Jane Rademeyer, haar Halo het ons kriewelend aan die dans gehad, orals. En hierso saam met nog meesterbeats kom sy voluit, die belaaide Bring Back The Humans is perfek vir haar sensitiwiteit. Dit is natuurlik paradoksies 'n baie sad liedjie in konteks, maar met 'n bas so groot dat dit klink asof dit deur dik swartsakke van die kamer langsaan kom... Besing die einde. (Sien ook Hyperdrive se Lillakiss oorlogslied "Kill The Humans")
......................."I know i had to compete".........................
Sterk ritme en kalmerende keyboards lei Arno Carstens se woorde in, met die kenmerkend ernstige verwoording, iets wat waarskuwend van nabyheid aan die dood is. Dié man se internasionale sukses en jarelange besigwees in die musiekindustrie spreek vir ditself. Soomloos Engels hierso. Unveil Yourself.
........................"clear blue eyes, a...".......................
Hier kom ons by die surrealistiese, praglied met olie-agtige klankbewegings waardeur totale ander musiek blyk bestaan. 'n Kunswerk met stem, elektronies uitgeknip en supercollage in iets langs 'n liedjie, soos 'n bank langs 'n boom sal wees. Jane weer met fluistermooiheid. Angswekkende elipse.
........................"en weerstaan, en weerstaan"...................
Maar dit doen eintlik waarna ons ellude (mooi woord) het. Die Versoeking Van Somerfaan is 'n intieme benadering van dink oor Dali se Temptation Of St. Peter. 'n Installasie van geluide (!!) uit ondenkbare dimensies, met die "reguit" (line 2). Onbenullige lekker rondspeel met super-trompieklinkende dinge en 'n agtergrond basline soos konings moet maak (grrr). Knik maar kop want soniese grense is hier nie.
........................"<Amerika se altruïsme>".......................
Nader aan nuushooftrekkke, maar nogsteeds haastig êrens heen, kom Dancing Flame met opbouende goed en daar bo-oor opgeneemde bombardering van Baghdad... Toe oorloë nog nuus gemaak het was die ontploffende "skok-en-ontsag" heel skokkend, en, wel, ontsaglik. Klanktoets kompleksiteit variasies. Andrew Garton.
........................."instrumenteel"............................
En daarshy! Sonder voornemens kom Heavy Beats Forever met magtige binêre elektrone te voorskyn. 'n Vloekwoord lekker getweakde bas EBM jou sommer terug na daai swart klere. Maar waar 3D genieting is hier, is dit nogsteeds gereserveerd, en dubberig, wat dit net meer oordonderend maak.
....................."maar vir jou glo ek nie gou nie"..........................
Miskien 'n siek inleiding vir wat opvolg, Huyser se paar woorde maak vir nog 'n treffer, want hierdie een vat dit van 'n meer robotiese oogpunt, met effense meer dansbare ritmes plus wye baskitaar begin, maar teen die solo verskuif dit na kategorieloos met mening. Eindelose Somer, sjoe, hehe, surfboards, nie.
....................."like in my dream"........................
Wonderboom aan die woord, met legendariese albums en menigte skouspel(jammer)agtige optredes op hul kerfstok (mooi woord), is Cito se kombinasie van rock en glimlag onmiskenbaar. Faan se dubvibe maak vir die perfekte agtergrond waaroor die stadium/teater man se lirieke werk. Eindigend met space improvisasie. Plus Anton L'Amour!
....................."instrumenteel"...........................
Voor die sein afgesny word kom ons met twee intrument/komputer-werke. Jy Weet Dit Is Waar steek die draak met ons Battery 9 onthou terwyl dit maklik amper drie minute se nadenke af forseer (nie regtig nie). Maar wel.
....................."Jou Glimlag In My Drome"..........................
Robotfaan sing vir ons Ek Mis Jou Deel II, met vocoder deluxe uitgawe en 'n luilekker ritme is ons hier tuis. Onhoorbare ontblootings en grofelektroniesaangeraakte verse, hoe klawers en shh-shh, lekker. Alles saamgevat.

Die SomereksklusieweFaan Onderhoud moes ongelukkig weens eksklusiwiteit weerhou word. Hashtag die volgende though: ...

Laaste Somer . KD007 KAMEELDORING
1. Giant Fireball met Chris Papenfus
2. Ek Mis Jou Die Somer
3. I Saw The Whole Thing Happening
4. Bring Back The Humans met Jane Rademeyer
5. Unveil Yourself met Arno Carstens
6. No Blue Skies met Jane Rademeyer
7. Die Versoeking Van Somerfaan
8. Dancing Flame
9. Heavy Beats Forever!
10. Eindelose Somer met Huyser Burger
11. Don't Worry I Got You met Cito
12. Jy Weet Dis Waar
13. Jou Glimlag In My Drome
14. Bonus
Somerfaan - Ek Mis Jou Die Somer
Somerfaan CDs
Somerfaan - Laaste Somer
Somerfaan - Kyk Of Sy Kyk
Somerfaan - Uiters Geheim
Somerfaan - Somerfaan
Somerfaan (2003)
.