Somerfaan Somerfaan - Kyk Of Sy Kyk
TuisbladSomerfaan op FacebookTwitterSomerfaan op MyspaceSomerfaan op Last.fmSomerfaan op YouTubeDiscogsWikipedia

Kyk Of Sy Kyk - 2007


Mal CD. Vol van al die lekker en mooigoed waarvan mens hou. 'n Avontuuragtige reis deur klanksisteme, dit alles met van ons fav musikante saam, 'n konseptuele ekskursie in beats.

Somerfaan, of At Nel soos hy ook alom bekend is, se tweede uitgawe kom met stewige ritmes en verskuiwende idees wat interesseer en vermaak. Na Somerfaan en Uiters Geheim se sukses en pryse het KykOfSyKyk sommer ook 'n paar ingepalm, SAMA beste Alternatief Afrikaans...

..................."Sooooooooooomerfaaaaaaaan! <dish!> ..........
Die begin word luidkeels aangekondig deur local connection Frank Opperman, en terwyl jy die ou orrel geniet, en glimlag vir die uitbundige positiwiteit, sal jy seker bietjie kopkrap, al klaar...
.................."Ek sien hom die spook".........................
En dan skop die ritme sommer heerlik diep en bedekkend in, effense elektroniese kolke word met 'n robotstem aangevul, en jy dans. Die Spook is 'n waarskuwende enetjie, drywende bas met minimalistiese perkussies,
----------------- Kry Die Spook Kom Weer (Remix) by myspace of op die Kopskoot! kompilasie. ------------------
robotstem vertel, tot Die Spook se aankoms in bang koorwoorde aangekondig word. Perfekte rondryliedjie, al speel jy die eerste minuut net oor en oor. Met Henry Davies en Myles Hallet by.
.................."asemhaling is reelmatig"................
Samewerking deur Joao Orecchia, kitaar en effekte, maak vir 'n rustige liedjie waarin die ritmes met diep klaviernote saamgeflans word. Haaie Onder Ons met ligte amper gefluisterde rym, 'n meer "intieme" kant word geskep, wat weer later ontgin sal word.
.................."een, twee, drie...".....................
Plaas Toe, gee gelukkiger - maar net so dubbelsinnig - sinne, met lag en tragedie. 'n Kort snit, wat alles inwerk om 'n 90sek siniese treffer kreed(jie). Almal wil, so indien jy kan, keer terug! Met hadeda's.
................."hy moet onmiddelik aangekeer word.".....................
Die deurmekaar advertensie/army offisier pratery is Uiters Geheim In Bloemfontein, net vir ingeval.
................"wag net vir my eksê"....................
So ons is nou reguit in die dansdeel van die luistersessie in, Ons Gaan Almal Hemel Toe is vinniger en die druk-druk beat saam met titel-koor is hemels (jammer). 'Grappig tog prikkelend' kan jy dink soos jy die stoel terugskuif en voorberei vir skud. Want naby is die volgende, of die volgende is naby...
................"verander dit.... moenie aanvaar..."...........
Huyser Burger se rymklets bring die CD tot 'n oorverblindende hoogtepunt, Wet N Vibe bring Spook se basliefde, stampritmes en baie woorde, plus lesse. 'n Hiphop song wat langs enige kan staan, heerlik, basiese rondspringmusiek vir die skares, met die huge mikrofoondraende grinderman homself. Killer.
................"Aaaaaaaaaaaaaaa"....................
Die een rock ook. Mal. Lieflike diepdromme met die Tarzan Kom Huistoe clip wat dit tydloos verklaar. Die lirieke is opgewek opbouend aan die Storie van Jannie... Kitare is kenner-van-kitaar Arnaud van Vliet, sien alles wat mooi klink in die laaste paar jaar. (Boo!, Riku Lätti, Radio Lava; Gizelle; hope meer)
................"weergalm weergalm weergalm"............. (Wenner)
Ons bring die Veerkrag Vier bymekaar met die toetrede van Battery 9 voorman op woorde. Jare het At, Huyser, Arnaud en Paul Riekert landswyd donkerhoeke oorskadu met die visueleklankkuns wat B9 is. Die snit is baie koud en stadig - asof dit verbybeweeg en jy jou kop moet draai om dit te hoor - geen "gebrek". Pragtig met Wille Ganse. Die quote is een van die bestes ooit. Lekker liriese beskrywings van beskrywings.
................"om te sien wat daar te sien is".....................
Verder op die Interplanetêre-idee* waaroor ons niks vertel het nie. Kaartie Na Venus is ook rustige verse wat in 'n mantra-agtige herhaling verval oor 'n direkte ritme. Vertelling van die reis na die buiteruim wat die packaging kenmerk, 'n liefdesvertelling van afskeid, oorlog en Soetelief. Die ontploffing geluid aan die einde...
................."bring her safely home"..................
....gaan oor in die opstyg van Somerfaan se ruimteskip en die daaropvolgende kommentaar vanaf Houston (We Came In Peace For All Mankind). Rondrybeats delux, tot jy die horison is. Elektroniese driedimensionaliteit saam met lekker breekbeat, maak vir effe afkoel terwyl jy nadink oor reis.
................."een kant op...".................
Ons staan einde se kant toe met die dubbelbeats van Tiep' Van Een Van My Tunes (Waai Windjie Waai), kinderwyserige woorde wat tussen vriendelik verwysende vertelling na effens tergende waarskuwend beweeg. Met klavier vir afronding.
................."instrumenteel"..................
Totsiens By Die Stasie is 'n skuiwende-ritme-werk wat eers verspreide ritmes vestig en dan met klaviernote en snare ingekleur word tot 'n veelvlakkige bewys van die elektroniese oorname wat die album verwesenlik. Basiese kompleksiteit met woorde.
................."instrumenteel"..................
Warm Angstige Nag begin staalmars, maar draai by 'n meer emosionele klank, groot en ernstig, tot ons met 'n paar eensame insiggewende orrelnote afskeid neem. (Saad-2011)

* Prentjieboek musiek, met die onderliggende storie en spanning. Download hom orals cool.

Kyk Of Sy Kyk . KD002 KAMEELDORING
1. Intro met Frank O.
2. Die Spook (MP3)
3. Haaie Onder Ons
4. Plaas Toe
5. Uiters Geheim In Bloemfontein
6. Ons Gaan Almal Hemel Toe (MP3)
7. Wet N Vibe met Huyser Burger (MP3)
8. Tarzan Kom Huistoe (MP3)
9. Wille Ganse met Paul Riekert
10. Kaartjie Na Venus
11. Somerfaan Op Die Maan
12. Tiep' Van Een Van My Tunes (Waai Windjie Waai)
13. Totsiens By Die Stasie
14. Warm Angstige Nag

Somerfaan - Tarzan Kom Huistoe
Somerfaan CDs
Somerfaan - Laaste Somer
Somerfaan - Kyk Of Sy Kyk
Somerfaan - Uiters Geheim
Somerfaan - Somerfaan
Somerfaan (2003)
.