Somerfaan Somerfaan - Kyk Of Sy Kyk
TuisbladSomerfaan op FacebookTwitterSomerfaan op MyspaceSomerfaan op Last.fmSomerfaan op YouTubeDiscogsWikipedia

Uiters Geheim - 2004


Na jare se rongbeweeg tussen die land se beste musikante, grootste feeste en meeste dorpies is Somerfaan geskep. Kom ons tot 'n konklusie, en dit is Uiters Geheim, bra.

Die ding verbaas nie net mense nie maar het Geraas se prys gewen vir beste Elektroniese bydra. Dit is dus 'n wenner van die begin af. Huyser se kuns groet jou met 'n asemophou At. Draaiend by genres soos min.

.................."my only guiding light"......................
Die superkleurmannetjie is eerste aan die woord, Somerfaan - Die Lirieke Uitgawe, het begin. Kortrokkiedraer en oor die algemeen maljefieke dude Chris Chameleon doen Morning Is Broken met rustig ligte perkussie en die eindelose mooiheid van kitaarherhaling deur Arnaud van Vliet. Subtiele bas en die gelukkigbekende stem gee 'n spasieuse genieting, dit maak dit duidelik dat ons hierso besig is met, wel, 'n kombinasie van Boo! en B9 in al hul post-glorie glorie, maklik.
.................."instrumenteel"..........................
Die oorspronklike instrumentele Somerfaan uitgawe maak die ruggraat van Uiters Geheim uit, Die Dogter Van Die Rykste Man In Babilon is 'n stadige basswaar dub met eggo's inkluis. Dit rustig, so baie dat dit beide as nadenke outro - met die nostalgiese kitaar - en insiggewende intro - met die gebreekte beats wat later inkom. Lui Ipod-song perfeksie.
.................."met Samurai hande... guerilla oorlog..."..........................
Ons loop onsself direk vas in elektroniese klankgrepe en 'n baasbeat, en as dit nie genoeg is nie (Bly Net Hier), kom die massiewe Huyser Burger se stem met ryms tevore. Met 'n heel ernstig vertelde totaal oordrewe anargistiese boodskap is jy sommer netso aan die saamklets. Die gefluisterde koor sal maande by jou spook, maar dis ok. Supersnit, dit los jou halfrelaxed en halfrevolusionêr. Met Cesaré Casarino en Ian Watson.
.................."Baie Gelukkig Daarvoor"..........................
Die klankgreep begroet ons met dié snaaks verwysende woorde, met vreemd skuiwende ritmes en met aanhalings - wat verlede waarhede en kontekste blootlê - bevestig dit wat ons eers gedink het, hier is ons ernstig tong-in-diie-kies.
.................."Ek soen haar in die son"..........................
Somerfaan besing die punt van sy hart, in 'n kitaarbelaaide ballade oor 'n nog van die ingekleurde beats. Die liefdesliedjie wat sonder pretensie verklaar word op die mees onskuldig eerlike manier. Sommer vinnig, Wit Branders Teen Die Blou Lug.
.................."instrumenteel"..........................
Superopwoordespeel Woestalleen kom op, die album moet reeds mee rond gery word, verkieslik na veraf horisonne, en hierdie een maak hom net meer so (rondryerig). Snaakse onvanpasde klanke en verfynings begroet ons as inleiding tot strykinstrumente en keyboards, melodieus saamsleurende prag. Hehe.
.................."... ... ..."..........................
Met biki sensonskap ingesluit en verdere verkenning van die elektronies bereikbare landskap met skerper ingestelde ritmes en roete. Hier is so naby aan die verwrong oorsprong, hope grensende kitaar en onhoorbaar diep lirieke dien as beklemtoning van die basiese ritmiese. Darem Fkn Weet Ek (Wat Om Te Doen) se klanke en
.................."Hello"..........................
stem word in Die Hotel In Die Hel voortgesit en in driedimensionele klokke en swaarbas woorde beëindig.
.................."instrumenteel"..........................
Nog van die stone age gangster beats wat heerlik saam met jou Kalahari Surfers sal meng, veral die nuwe goed, opbouende bas met klankgrepe uit die histories nostalgiese realiteit.
.................."hoe gaan ek hierdie"..........................
En net so kom ons by die tweede toast van die eerste riddim... Of ons bedoel Clair Evans se ernstige insig stem rap oor Morning Is Broken... Asof dit help, die sagte elektronies aangeraakte woorde oor die eerste snit, en hierdie keer kwaaierig en direk. Clair sing saam van ons lekkerste bydraers, check haar. Mooimooimooi. Saam met Bly Net Hier baas.
.................."ek voel so wys, ek wens dit kon..."..........................
Terug na Somerfaan se liggies sarkasties half Mannemarak lirieke! Gedaante Sonder Vlees gee 'n sarkastiese superstempel met die gemak en ken, maar ook die geluk en aflewering. Heerlike alterego musiek, met alles. Dit is miskien Wit Branders Teen Die Blou Lug deel 2.
.................."instrumenteel"..........................
Dankie aan Nuno's, bier, Volvo en tyd. Ons sal die CD mooi bewaar en herhaaldelik geniet. Mars Is In My Oë rond dit reg af. - (Saad-2011) PS sien die Die SomereksklusieweFaan Onderhoud...

Uiters Geheim . KD001 KAMEELDORING
1. Morning Is Broken met Chris Chameleon (MP3)
2. Die Dogter Van Die Rykste Man In Babilon
3. Bly Net Hier met Huyser Burger
4. Baie Gelukkig Daarvoor
5. Wit Branders Teen Die Blou Lug
6. Woestalleen
7. Darem Fkn Weet Ek (Wat Om Te Doen)
8. Die Hotel In Die Hel
9. Side By Side
10. Morning Is Broken met Clair Evans
11. Gedaante Sonder Vlees
12. Mars Is In My Oë

Somerfaan - Morning Is Broken met Chris Chameleon
Somerfaan CDs
Somerfaan - Laaste Somer
Somerfaan - Kyk Of Sy Kyk
Somerfaan - Uiters Geheim
Somerfaan - Somerfaan
Somerfaan (2003)
.