Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Kaptein Bester (Piet Bester)
vetseunvetseun
Mopanie Partytjie LP .... SRSJ 8064 1978 MUSIC FOR PLEASURE
Kant Een:
1. Lente In Bloemfontein (Coetzer-Carstens)
2. Helena Tango (Carstens-De Waal)
3. Brazilia (J. Wechter)
4. Gesteelde Uurtjies (Human-Stelling)
5. Drifting And Dreaming (Gillespie-Van Alstyne-Curtis)
6. Liefste Madelein (C. Steyn)
Kant Twee:
1. Faan Se Vastrap (P.J. Bester)
2. Polla Se Seties (Trad. Arr. P.J. Bester)
3. Rooidagseties (Trad. Arr. P.J. Bester)
4. Spelonkvastrap (P.J. Bester)
5a. Oukraalliedjie (De Villiers)
..b. Blikkiesdorp (Trad. Arr. P.J. Bester)
6. My Mooi Carolina (Trad. Arr. P.J. Bester)

Kaptein Piet Bester - 'n polisieman daar uit Pietersburg se wêreld - is al van kleintyd deurmekaar met Boeremusiek. Toe hy nag op die skoolbanke in Vaalharts gesit het, het hy reeds sy eerste orkessie gestig bestaande uit skoolmaats. Sy groot stokperdjie is dan ook om ou 78 spoed plate te versamel van die groot Boeremusiekmakers, Hiervan het hy reeds 'n aardige versameling van meer as 7 ,000 plate.
In 1973 het Piet Bester sy huidige orkes saamgestel. Menige liefdadigheidsdans het al gebaat by hulle vrolike musiek soos die Mapanievlaktes van die verre Noord-Transvaal kan getuig. Die orkes bestaan uit Piet Bester op konsertina, Willie Brandt (Hoof Verkeersinspekteur en Lisensiehoof van Pietersburg) op bas- en hawaaisekitaar; Piet Fritz op melodiekitaar; Corrie Badenhorst op banjo; Sarel Olivier op tromme en Vic Pretorius op orrel.
Die Bosveld is bekend vir sy wild, gasvryheid en lekkerleef. Na dese ook beslis vir sy Boeremusiek onder leiding van Kaptein Piet Bester!

Musikante: Piet Bester
Orrel: Vic Pretorius
Melodie-Kitaar: Piet Fritz
Banjo: Corrie Badenhorst
Hawaaise en Baskitaar: Willie Brandt
Tromme: Sarel Olivier


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )