


















Joos Tonteldoos en Die Dwarstrekkers (Paul Riekert)

Vulkaan TC . L4 BCP 2040 1993 BRIGADIERS MUSIEK
A1. Vulkaan
A2. Coverband
A3. Boring Faces
A4. Ooit Weer Gesien
B1. Songroen
B2. Vraag
B3. Buite Beheer
B4. Bitter
is Kaas Koek, Daan Dingaan, Willem Möller, Wouter Wolkekrabber, Joos Tonteldoos

die anonieme bydra van ene Paul Riekert voor die dae van die meer bekende Breinskade en Battery 9. die band is in jan 1990 begin en iets wat koerante sal beskryf as "alternatiewe alternatiewe afrikaner musiek" gemaak. dit was eintlik maar net rock'en'roll met so paar twists in om dit bietjie meer funk te gee. die tweede alternatief verwys na die feit dat hulle afrikaanse lirieke gebruik maar nie hoofstroom is nie. en inderdaad is Joos Tonteldoos se lirieke nie hoofstroom nie, dit is nie eers klein stroompie nie, een van eerste bekende liedjies "Wilde Ding", het onder andere bygedra tot die verbod op die Houtstok-Rockfees langspeler. dit is ook van die radiostasies verbied. by Houtstok '90 maak Die Dwarstrekkers deel uit van die grootste en eerste afrikaner en meerrassige musiek saamtrek naby Pretoria, sien Houtstok. die konsert word nie net 'n bymekaarkoms van mense nie maar ook style, style van mense en style van musiek maak. daar is tradisionele boeremusiek in afrikaans, jazz in afrikaans, rock in afrikaans en reggae in afrikaans. as gevolg van die groot afkeer wat die fees gekry het, is daar ook 'n dubbel plate stel uitgegee met 'n mengsel van almal wat opgetree het. daar is twee Joos Tonteldoos liedjies op die CD naamlik:
x. - Wilde Ding
x. - Te Laat Vir Praat
met vocal Joos Tonteldoos, bass player Kaas Koek, guitarist G-kol Gouwsen, drummer Daan Dingaan, keyboardist Kasparus, (Paul Riekert) (Cesaré Cassarino) (Julian Walker) (Anton Basson) (Dean Pitman)
daar is verskriklik baie hype en aandag op die afrikaanse musiekbedryf op hierdie oomblik maar meeste daarvan is negatief en vlak, musikante soos Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis kry teenspoed kruis en dwars oor die land. die Voëlvry toer word verban op amper al die plekke waar hulle veronderstel is om te speel en albums word links en regs deur sensuurrade terug gehou. nieteenstaande tree die groepe landwyd op en kry duisende die eerste kans om hulle taal te sien dans.
Tweede Houtstokfees 'n Boere-booghie buite Pretoria multikulturele fees. 29 Mei 92, Anton Goosen, Live Jimi Presley, Die Naaimasjiene, Johannes Kerkorrel, Mynie Grové, Prophets Of The City, Tananas, Nico Carstens, Bernoldus Niemand, Joos Tonteldoos En Die Dwarstrekkers
stukkies koerant:
hoewel Joos Tonteldoos, Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis se kombuis-afrikaans my koud laat. hulle glo blykbaar, soos verskeie afrikaanse skrywers tot onlangs toe, dat jy smerig moet wees om as kunssinnig te kan deurgaan. dis 'n aaklige mistasting.
900814 : musiek sensuur VYF snitte van Suid-Afrika se eerste dubbellangspeler in Afrikaans, die Houtstok-rockfees, wat regstreeks voor 'n gehoor opgeneem is ten tyde van die omstrede Houtstokkonsert is deur die SAUK verbied. keuringskomitee ....... aanstootlik, in swak smaak ,politiek onsensitief . Anton Goosen en die Kommissie van Ondersoek se Wit Kaffers Van Afrika (onsmaaklik en aanstootlik), André le Toit se Die Sommige Ou Tannies-Blues (vloekwoorde), Artvark se Staaltjie Vir Slang (politiek onsensitief), Draadloos se Plezir-Sones (aanstootlik), en Joos Tonteldoos En Die Dwarstrekkers se Wilde Ding (aanstootlik en in swak smaak).
900718 Grahamstad - "kultuur-hoogtepunt van die jaar" - "osoonvriendelike Afrikaanse acid rock"
Die Afrikaanse rockgroep Joos Tonteldoos En Die Dwarstrekkers tree vanaand en môre aand op in die Dawsons-hotel op die hoek van President- en Von Brandisstraat in die middestad van JHB. Die groep begin om 10 nm. speel en toegang is R10 per persoon en R7 vir studente. * * * 92
wanneer hy die TV en die Radio vir Afrikaanse musiek se swak beeld die skuld gee. "Ons het 'n Afrikaanse musiekprogram nodig (Radio of TV) waar ons weekliks nuwe Afrikaanse musiekgroepe- en style kan hoor." Hy praat hier van dubbele standaarde. Op Engels is enigiets kosjer. Maar Afrikaanse musiek word eers versuiwer. "Kyk maar na Meatloaf se nuwe video, Anything for Love. Twee vroue lek mekaar. Maar moenie dink hulle sal iets van Koos Kombuis of Joos Tonteldoos speel nie." ----931129 Jong Burger
Joos T en Die Vulkaan: 'n Baie goeie versameling musiek, met mnr. Tonteldoos wat jou sommer goed laat agterkom dat hy en sy Dwarstrekkers musici van gehalte is, en musiek van formaat maak. "Songroen", "Bitter" en "Ooit Weer Gesien" verdien jou onverdeelde aandag.------921106
Koos Kombuis CD Elke Boemelaar Se Droom . --- die gees van die tyd op 'n ietwat robuuste manier--- . versoening en samewerking . gekombineerde talent van Suid-Afrika se voorste musikante : Sibusiso Victor Masondo, Dan Hill, Joos Tonteldoos, Rob Watson, Jack Hammer, Jennifer Ferguson, Jethro Butow, Gloria Noskhumbuzo Bosman, die Coleski's, Valiant Swart, Piet Botha. ----941003
woorde vir Wilde Ding: te kry op die Houtstok CD
Wilde ding, ek wil jou bespring
My aan jou opdring
Wilde ding
Ek dink ek's dronk, maar ek moet vir seker weet
Hoekom ek op jou deurmat lê en sweet
Het jy my dan al klaar vergeet?
Paardekraal, o die hel gaan julle haal
by die Skilpadsaal
O Paardekraal . . .
Jy het my verras
Maar ek wil vir seker weet
Behoort jy aan die Ariese ras?
. . . Eersteklas!
Blonde ding, ek wil jou bespring
My aan jou opdring
Uhhhh blonde ding
Daar waar die tolbosse rol oor die vlakte
Daar waar ons voorgeslagte gesterf het van angs
En ons sal sterf vir ons nageslagte
My volk het 'n hoerhuis geword!
Blonde ding, ek wil jou bespring
My aan jou opdring
Aaaaaaah blonde ding!
Aaaaaaah blonde ding!
Aaaaaaaahhhhhhh
Hoekom het hy die liedjie geskryf? "Dis nogal 'n goeie vraag. Ek weet nie." ---900113
ook op :
Houtstok-Rockfees '90 - Joos Tonteldoos En Die Dwarstrekkers - Wilde Ding, Te Laat Vir Praat
skakels :