


















Johann du Toit (Canterò)

Huldeblyk Aan Gé Korsten . SELBCD426 SELECT
1. Reën
2. Hier Is 'n Mens
3. Sing, Seeman Sing
4. Liefling
5. Seeman
6. Hear My Song
7. Santa Fé
8. Lied Van Die Lewe
9. 1000 Soene
10. Mooi Griekeland
11. Ek Kyk Graag So Diep In Jou Oë
12. Love Changes Everything
13. Jerusalem
14. The Impossible Dream
15. Algoabaai
16. Vlieg Met Die Wind
Gé Korsten het geen bekenstelling nodig nie. In Suid-Afrika se musiekgeskiedenis het mense na hom verwys as een van die 'Goue Grotes'. Sy tenoorstem het 'n menigte Suid-Afrikaners met die een treffer na die ander meegesleur. Sy stem en meegaande persoonlikheid het hom 'n legende gemaak.Vandag vertolk Johann du Toit (van die Canterò-faam) met trots 16 van Gé Korsten se grootste treffers op sy CD Huldeblyk Aan Gé Korsten. Gé Korsten is en was nog altyd 'n mentor vir Johann. Hy sing al vir 'n geruime tyd treffers van Gé Korsten tydens Canterò se vertonings en die oorweldigende reaksie het die vrystelling van hierdie CD moontlik gemaak.Johann vertolk Gé Korsten se treffers in sy eie tenoor-styl en wakker nostalgie in elke Gé-aanhanger op met liedjies soos Hier Is 'n Mens, Sing, Seeman Sing, Reën, Liefling, Algoabaai, Jerusalem en vele meer. Elke snit se geskiedenis is ook in die CD boekie aangeteken.Gé Korsten se inspirasie het Johann du Toit motifeer en gevolglik sal die legende bly voortleef.
ook op:
20 Immergroen Treffers kompilasie - Mooi Griekeland
30 Goue Sokkie Treffers kompilasies - Liefling
Dankie Heer kompilasie - Jerusalem
DKNT² Treffers kompilasie - Reën
Hartebrekers kompilasie - Liefling
Jong Bokke kompilasie - Liefling
Lekker Braai Treffers 4 kompilasie - Hier Is 'n Mens
Treffers Van Die Jaar kompilasies - Liefling
Tydloos: Afrikaanse Treffers vir Altyd Vol. 3 kompilasie - Liefling
skakels :