Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
JJ Stephens
vetseun
Koester 2CD ................... VONK426 2018 VONK MUSIEK
Disk 1:
1. Wat Ek Van Jou Wil Hê
2. Dis Net Jy
3. I'm A Believer met Ernie Bates
4. Ver In Die Ou Kalahari
5. Dans Met Die Wind
6. Shilo
7. Jy Is Die Rots
8. Amadeus Leef
9. Benoni (seun Van Smart)
10. Desirée
11. Moeg Geploeg
12. Kliphard
13. Cracklin' Rosie
14. Dis Môre Wat Tel
15. Liefdesliedtjie
16. I Am I Said
17. Holly Holy
18. Siener Van Rensburg
19. Love On The Rocks
20. Personality
Disk 2:
1. Blue Train
2. He'll Have To Go
3. Some Broken Hearts Never Mend
4. Folsom Prison Blues
5. Almost Persuaded
6. Sweet Caroline
7. Ghost Riders In The Sky
8. I Recall A Gypsy Woman
9. Ring Of Fire
10. Forever In Blue Jeans
11. Mystery
12. Help Me Make It Through The Night
13. Lay Down Beside Me
14. Beautiful Noise
15. Free To Be
16. Pop A Top
17. Eleven Roses
18. Only Then
19. King Of The Road
20. Morning Side

vetseun
Something Like Neil Diamond . VONK340 2015 VONK MUSIEK
1. Shilo
2. Solitary Man
3. Play Me
4. Desirée
5. Sweet Caroline
6. I Am I Said
7. Holly Holy
8. Love on the Rocks
9. Forever in Blue Jeans
10. Cracklin' Rosie
11. I'm a Believer met Ernie Bates
12. Beautiful Noise
13. Morning Side

vetseun
Golden Trio - Vol. 1 ............ VONK195 2013 VONK MUSIEK
- Johnny Cash - Don Williams - Alan Jackson -

vetseun
Dans Met Die Wind ......... VONK068 2011 VONK MUSIEK
1. Wat Ek Van Jou Wil Hê
2. Stuck On You
3. Moeg Geploeg
4. Dans Met Die Wind
5. Jy Is Die Rots
6. Personality
7. Amadeus Leef
8. Kiss Me
9. Ek Verlang
10. Liefdesliedjie
11. Dis Net Jy
12. Dis Môre Wat Tel

vetseun
22 Years Of Country Music .. RED 007 2009 REDNECK MUSIC
1. I Don't Wanna Talk It Over
2. Eleven Roses
3. Faces
4. Free To Be
5. Can't Help Falling In Love
6. Mystery
7. How Long Will You Keep Coming Back To Me
8. King Of The Road
9. Payin' Dues
10. Only Then
11. You Don't Have Very Far To Go
12. Funny Familiar Forgotten Feelings
13. Almost Persuaded
14. He'll Have To Go
vetseun
Ontmoet die Boikie van Benoni!

Die afgelope sewe jaar is JJ se diep fluweelstem, sielvolle vertolkingsvermoë en betekenisvolle komposisies op oor die 60 CD's - waarvan talle goue, platinum en multi-platinum status bereik het - ingesluit.
Sy eerste gospelalbum Glo Vas het hom die AMT vir die Beste Gospelalbum van die Jaar in Afrikaans besorg.

JJ, 'n boorling van Benoni - nou nog geliefd bellend as die Boy van Benoni - het van kleins at gesing, gejodel en perform. Ná skool het hy hom egter in die ingenieursbedryf gevestig en toe, as 'n aantreklike jong man, het hy hom by 'n amateur-teatergroep aangesluit - én self s loopplankmodelwerk gedoen.
vetseun
Nou oog hou sy modelvoorkoms gesond. JJ Stephens het hom gevestig as 'n tydlose vertolker van musiek wat aangryp, ortroer en immergroen bekoring behou.

JJ is gewoond aan prestasies. Hy het al die eerste plek op verskeie treffersparades beklee. Die liedjie Jy Is Die Rots het Steve Hofmeyr se Pampoen van Overvaal Stereo se treffersparade geskop en het tien weke lank in die oommer een posisie gepronk.
vetseun
2005 was inderdaad sy jaar. Nie net het sy album Jy Is Die Rots hom 'n VMT tydskriftoekenning besorg nie; dié titellied het ook internasimale erkenning gekry.

Met sy ryk laerregister vokaliteit verleen JJ eiesoortigheid aan sy interpretasie van bekende trefferparadeknakkers - met uitklopvertoillings. In die afdeling Beste Solokunstenaar is JJ derde door die beoordelaars van die VONK-tydskriftoekennings geplaas. JJ is 'n bedrywige mens. Naas optredes, harteer hy musiekresensies, hy is ook' 'n vrysllut omroeper. JJ is ook 'n bedrywige liedjieskrywer en het al 'n talle daarvan op CD verewig.

Tussen die praggoed is sy luistertiedjie 'n Stadskind Se Sprokieverhaal en die tydlose juweel Jy Weet - 'n vewerking van Paul de Senneville en Olivier Toussaint se bellende Ballad For Adeline, wat met die klavierspeler Richard Claydemlan se vertolking 'n wêreldwye treffer geword het. Dit was egter sy liedjie In MemolY Of - geskryf na die 9/11­ ramp wat hom ook irternasionale bekendstelling besorg het. Die liedjie is op 24 radiostasies wêreldwyd gespeel.

Sy talent is wéér in die buiteland gehoor en waardeer, boonop in Afrikaans - met Jy Is Die Rots - 'n luisterryke, uitbundige viering van die liefde. Dié liedjie is van uit 91 deelnemers as die 30ste beste liedjie ter wêreld aangevvys.
vetseun
JJ deel ook in die goue glans van heelparty saamgestekte albums met heelbo die album Ons Sal Julle Nooit Vergeet Nie waarop sy nuutskepping The Day The Roses Died - 'n huldeblyk aan Bles Bridges - ingesluit is. Die album het vyf keer goue status (twee keer platinum en toe weer goud) bereik - met verkope van oor die 130 000 CD's.

JJ se skittergospelalmm Glo Vas. JJ is bellroon met die eerste AMT (Afrillaanse Musiektoekennings) vir dié album: gospelbriljantheid en dus Afrillaanse Gospelalbum, beste manlik, vetseunvan die Jaar.

JJ se splinternuwe album Dis Net Jy is nou landswyd beskikbaar.

Net 'n paar onderhoude in Tydskrifte. koerente, TV programme en radio: waarop/waarin JJ verskyn: Glitterati, DKNT, Sing Country, Pitstop, Dis Hoe Dit Is... met Steve, Sounds Courtry, Huisgenoot, Vroue Keur, Rapport, Beeld, Springs, Boksburg, Kempton Advertiser, Benoni City limes, Pretoria Rekord, Koega Express, Nigel Rekord, Eastern, East Rand Stereo, Overvaal Stereo, OFM, VCR, IFM, Radio Pretoria, RSG, People Magazine, Kryzee Koerante, Triangle Courier, Witbank Nuus, Impact Radio, Radio Ripple, Radio Kansel, Radio Namakwaland, NBC, Radio Today, Salem Ministries Radio Nashville Tennessee U.S.A en vele meer.

VIR BESPREKINGS KONTAK ONS BY:
ALISHIA VAN DEVENTER
Sel: 083 916 3041
alishia@planetcrossing.co.za




JJ Stephens - Ou Liefde Roes Nie VID vetseun



met Steve Ashley
vetseun
An Evening with Engelbert Humperdinck . 2008
Recorded Live at ESCAPADES THEATRE

vetseun
Dis Net Jy & ander Tributes . RED 005 2007 REDNECK MUSIC
1. Dis Net Jy
2. Ou Liefde (Wouter van de Venter)
3. Quando, quando (Engelbert Humperdinck) met Andries Botha
4. Dans In Die Reën (Dancing In The Rain - Rick Astley) met Andries Botha
5. Kliphard (Rudi Grobbelaar)
6. Siener van Rensburg
7. Benoni
8. This Place Called Africa
9. I Am, I Said (Neil Diamond)
10. Holly Holy (Neil Diamond)
11 . Les Bicyclettes De Belsize (Engelbert Humperdinck)


JJ Stephens - Ou Liefde vetseun


JJ Stephens - Kliphard vetseun

vetseun
Glo Vas ............................. RED 001 2006 REDNECK MUSIC/SELECT
1. My Pa Is Die Koning vetseun
2. Shalom
3. Ek Gee Jou My Woord
4. Voetspore
5. Angels Among Us
6. Amazing Grace
7. I Believe
8. O Dis Liefde
9. Stofkerk
10. Tribute To Jesus
11. Houtkruis
12. Just For Today
13. There'll Be Peace In The Valley
14. Take My Hand Precious Lord
15. Put Your Hand In The Hand
16. Just A Closer Walk With Thee
17. Glo Vas
18. Footprints

vetseun
Jy Is Die Rots En Ander Goue Oues . SELBCD481 SELECT
1. Jy Is Die Rots
2. Blue Train
3. Aba Heidschi Bumbeidschi
4. Bella Italia
5. Transkaroo
6. Sien Jou Weer
7. Groenkoringlande
8. Die Seewind Bring Heimwee
9. Ek Kan Droom Van My Sonskip
10. Green Door
11. Sea Of Heartbreak
12. Buy Me A Rose
13. Running Bear
14. Lonely Is The Night
15. Distant Drums
16. Please Release Me
17. Baby Blue
18. Love On The Rocks
19. Radio Dancing
20. Save The Last Dance
21. Blue Spanish Eyes
22. King Of The Road

TWINTIG JAAR het verloop sedert die deurwinterde minnesanger JJ STEPHENS se sonderlinge stem die eerste keer op album verewig is. Sy jongste album - JY IS DIE ROTS EN ANDER GOUE OUES - is slegs sy vierde solo-album, maar in die afgelope twee dekades het JJ Stephens hom gevestig as 'n tydlose vertolker van musiek wat aangryp, ontroer en immergroen bekoring behou; in tred met die internasionale goue stemme van Engelbert Humperdinck, Neil Diamond en Tom Jones. Die afgelope vier jaar is JJ se diep fluweelstem, sielvolle vertolkingsvermoë en betekenisvolle komposisies op talle saamgestelde albums versamel. Op sy splinternuwe tweetalige gehalte-album poets JJ Stephens gunsteling-gisterjuwele noutyds en opgewek blink; gestempel met hiernieude nostalgiese gewildheidswaarde - van Blue Train, Green Door, Distant Drums, Radio Dancing, Love On The Rocks en Running Bear tot die meesleurende wiegeliedjie Aba Heidschi Bumbeidschi, die vrolike herdenkingsnit Bella Italia, die groetliedjie Sien Jou Weer, die samesynlied Groenkoringlande en 'n ritmiese aanpassing van Die Seewind Bring Heimwee. PLUS: die splinternuwe oorspronklike treffer, Jy Is Die Rots - 'n luisterryke, uitbundige viering van die liefde. JJ Stephens het 'n veelsydige stem wat veral reg laat geskied aan liefdesballades. Hy is eweneens tuis in country-, pop-, en middelmootmusiek. Op Jy Is Die Rots en Ander Goue Oues kry onthougoed van Groep 2, Marie van Zyl, Ben E. Madison, Herman Holtzhausen en Anneli van Rooyen 'n pragkleur - met die snitte Ek Kan Droom Van My Sonskip boaan. Tussen die toonvensterglans is die keurspele Afrikaanse Herinneringe (met Transkaroo, Sien Jou Weer en Groenkoringlande), die Countrykeurspel (met Distant Drums, Please Release Me en Baby Blue) en die Golden Olden Medley (met Radio Dancing, Save The Last Dance en Blue Spanish Eyes). Met sy ryk laerregister vokaliteit verleen JJ eiesoortigheid aan sy interpretasie van bekende trefferparadeknakkers - met uitklopvertolkings van Sea Of Heartbreak, King Of The Road, Buy Me A Rose, Lonely Is The Night en, veral, Love On The Rocks. JJ het al die eerste plek op die IFM-treffersparade beklee en hy deel in die goue glans van heelparty Select-albums, met heelbo die album Ons Sal Julle Nooit Vergeet Nie waarop sy nuutskepping The Day The Roses Died - 'n huldelbyk aan Bles Bridges - ingesluit is. Dié album het platinastatus bereik; verkope van oor die 50 000 eenhede. JJ, 'n boorling van Benoni, het van kleins af gesing, gejodel en perform. Ná skool het hy om egter in die ingenieursbedryf gevestig en toe heelwat later, as 'n aantreklike jong man, het hy hom op 21 -jarige ouderdom by 'n amateur-teatergroep aangesluit - én selfs loopplankmodelwerk gedoen.
JJ was 'n laat beginner in die musiekbedryf. Hy was 30 jaar oud toe hy 'n eie skepping en mede-geskrewe liedjie vir die album Starbound in 1984 opgeneem het; gevolg deur sy 1988 -solo-album, Mystery. Hy het egter besluit om die mikrofoon vir studieboeke te verruil. Danksy 'n vriend wat JJ in 1999 gevra het om by sy dogter se troue te sing, is sy stilsywe van tien jaar geblus.
Daardie jaar het hy 'n omroeper-oudisie by Oos-Rand Stereo geslaag en op openbare versoek hy weer 'n album - Net Die Tyd Sal Leer - opgeneem, self gefinansier en uitgereik. Select-Musiek het hom spoedig opgeraap, werk van daardie album gelisensieer, op verskeie saamgestelde albums ingesluit en JJ se derde solo-album Alone In The Night in 2001 uitgereik. JJ is ook 'n bedrywige liedjieskrywer en het al 'n dosyn daarvan op CD verewig. Tussen dié praggoed is sy luisterliedjie 'n Stadskind Se Sprokiesverhaal en die tydlose juweel Jy Weet - 'n verwerking van Paul de Senneville en Olivier Toussaint se bekende "Ballade For Adeline", wat met die klavierspeler Richard Clayderman se vertolking 'n wêreldwye treffer geword het. Geniet JJ Stephens op sy beste. Kry die album Jy Is Die Rots en Ander Goue Oues!

vetseun
Alone In The Night ... SELBCD404 2001 SELECT
1. Jy Weet
2. The Day The Roses Died
3. Send Me No Angels
4. 'n Wonderlike Aand (Wonderful By Night)
5. Alone In The Night
6. Always On My Mind
7. Higher Than I've Ever Been Before
8. Detroit City
9. I'll Leave This World Loving You
10. Can't Help Falling In Love
11. He'll Have To Go
12. Just For Today
13. Running Bear
14. Am I That Easy To Forget
15. Daai Oomblik In Tyd
16. Jy Is Alles Vir My
17. 'n Ster Uit Die Verlede

Daar is altyd plek vir 'n minnesanger onder ons plaaslike "musiekson".
JJ Stephens is 'n veelsydige stem wat 'n verskeidenheid musiekstyle sing - en dan skryf hy boonop self liefdesballades.
JJ is op 27 Desember in Benoni gebore. Hy het van kleinsaf liedjies gememoriseer en as jong seuntjie ure lank sy gesin met sy sang en jodel vermaak.
Hy het op agtjarige ouderdom aan 'n sangkompetisie - op sy vriende se aandrang by 'n bioskoopteater - deelgeneem en die kompetisie gewen.
Hy het op 21 -jarige ouderdom by 'n amateur-teatergroep aangesluit waar hy toneel, sang en loopplank modelwerk gedoen het.
Op dertigjarige ouderdom neem hy twee liedjies - hy het die een liedjie self geskryf en was medeskrywer van die ander - op 'n saamgestelde - album op. In 1988 neem hy 'n solo-album op en twee van sy liedjies pryk op die album. Hy het toe vir ses jaar besluit om die sangwêreld tydelik vaarwel toe te roep.
In 1999 het 'n vriend vir JJ gevra om by sy dogter se troue te sing - en toe het JJ se sangloopbaan weer begin vlam vat. In Mei 1999 slaag hy 'n oudisie vir 'n radio-omroeper by Oos-Rand Stereo. Hy het op publieke aanvraag toe weer 'n album - wat hy self gefinansier het - met bekende liedjies opgeneem.
JJ het verlede jaar in Mei - tydens Bles Bridges se begrafnis - besluit om 'n spesiale liedjie aan Bles op te dra. JJ se liedjie "The Day The Roses Died" is op Select Musiek se suksesvolle album "Ons Sal Julle Nooit Vergeet Nie" wat aan 'n aantal bekende plaaslike ontslape sangers opgedra is, ingesluit. (Die album het reeds meer as 50 000 eksemplare verkoop.)
JJ se jongste album "Alone In The Night" is pas uitgereik. Sewentien liedjies pryk op die nuwe album - insluitende JJ se liedjie "The Day The Roses Died". Die liedjies "Just For Today", "Jy Is Alles Vir My" en "'n Ster Uit Die Verlede" kom ook uit JJ se pen .
Die liedjie "Daai Oomblik In Tyd" het hy saam met Wikus Koen geskryf en "Higher Than Ever Before" saam met Tony Joshua en Victor van Wyk. Hy het ook die Afrikaanse lirieke vir die bekende Engelbert Humperdinck liedjie "Wonderful By Night" geskryf wat nou op die album met die nuwe titel as "'n Wonderlike Aand" opgeneem is.
Een van die juwele op die album is "Jy Weet" 'n verwerking van Paul de Senneville en Olivier Toussaint se bekende "Ballade For Adeline", wat deur klavierspeler Richard Clayderman wêreldwyd 'n groot treffer geword het.
JJ se nuwe liedjie "He'll Have To Go", wat ook op die album ingesluit is, het ook pas die nommer 1 posisie op die SA Top Tien op IFM behaal.

vetseun
Net Die Tyd Sal Leer ........................

vetseun
Mystery ................................................. 1988


flyers :
2005 02 01, Aula Koos Kombuis - en die kinders van die nuwe revolusie Jan Blohm, Kristoe Strauss, Kabous Verwoerd, Bacchus Nel, Abel Kraamsaal, Riku Lättioppikoppi.co.za
2004 09 25, Carnival City Afrikaanse Musiekfees 3 Eclips, Guillaume, Helenè Bester, Jacques Botes, Jannie Moolman, JJ Stephens, Johnny en Vivian, Juan (Floors) Oosthuizen, Jurie Els, Koos Kombuis, Lize Beekman, Lucas Maree, Rina Hugo, Robbie Klay, Saranti Reeders, aanbieders, Nina Swart, Thys-die Bosveldklong computicket.com musiek.coza


ook op :
beVONKte Afrikaanse Treffers Vol. 1 kompilasie - Marionette
Hardehout kompilasie - Langarm Sokkiejol
Afrikaanse Country Op Sy Beste Vol. 1kompilasie - Net Die Tyd Sal Leer
Snot en Trane kompilasie - He'll Have To Go
Diep - Musiek Vir Jou Siel - Vol. 2 kompilasie - 'n Stadskind Se Sprokie Verhaal


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)