Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Jimmy Rayson
vetseun
Hey Pollywiggle And Other Tiny Tot Favourutes . 2020
- Doris Brasch, Jimmy Rayson with the Dan Hill Orchestra
1. Wake Up
2. Funny Face
3. Shopping
4. Raggedy Doll
5. Stop That Noise
6. Stars
7. Jerry Giraffe
8. Elephants
9. Warthogs
10. The Lonely Croc
11. Hey Pollywiggle
12. The Brave Brave Mouse

met Dan Hill en sy Orkes
vetseunvetseun
Lig En Luimig LP ................. UNA 1511 UNIKA
Kant 1:
1. Tahiti (W. Berking-P. Ström-A. de Waal)
2. Neem My Saam (N. Carstens-M. Petersen-A. de Waal)
3. Die Lieflike Bolandse Wals (N. Carstens-A. de Waal)
4. Susanna Van Saldanha (N. Carstens-A. de Waal)
5. Die Dierbare Moeder van My (N. Carstens-A. de Waal)
6. Dis Nou Of Nooit (It's Now Or Never) (A. Schroeder-W. Gold-G. Capurro-E. di Capua-L. Combrinck)
Kant 2:
1. Marina (R. Maxwell-R. Granata-L. Combrinck)
2. Val-De-Rie! Val-De-Ra! (The Happy Wonderers) (A. Ridge-F. Möller-A. de Waal)
3. Wil Jy, Of Wil Jy Nie? (N. Carstens-A. de Waal)
4. Waarom? (Why) (B. Marucci-P. de Angelus-A. de Waal)
5. Stoppie (N. Carstens-A. de Waal)
6. Die Heidelied (O. Andresen)

Hierdie Unika-opname bevat 'n keurspel van twaalf nommers wat, vanweë die gebalanseerde verskeidenheid, vir 'n ieder en 'n elk 'n paar oomblikke van genot gaan verskaf. Jimmy Rayson sal u in opgewekte stemming bring met sy komiese vertolkings van liedjies soos "Neem My Saam", "Susanna Van Saldanha" en die ou bekende "Stoppie." In teenstelling hiermee sorg hy ook vir ernstiger oomblikke in "Die Dierbare Moeder Van My", die altyd bekoorlike "Die Heidelied" en andere, wanneer sy ryk, vol stem 'n mens tot nadenke stem. En deurentyd word hy op meesterlike wyse bygestaan deur Dan Hill en sy makkers. Dis voorwaar een van daardie plate waarna 'n mens oor en oor kan luister en altyd weer nuwe genot uitkan put.

Jimmy Rayson is sonder twyfel een van die veelsydigste kunstenaars in die Suid-Afrikaanse vermaakliksheidwêreld - 'n man wat al in byna elke hoedanigheid op en van die verhoog af opgetree het. In 1948 maak hy sy buiging in die Suid-Afrikaanse aanbieding van Ivor Novello se "Perchance to Dream". Daarna vertolk hy klein rolletjies in plaaslike aanbiedings van "Oklahoma" en "Annie Get Your Gun" en die suksesvolle wyse waarop hy hom van sy taak gekwyt het, Iei tot hoolrolaanbiedings in hierdie slukke. Sy vertolking van Ali Hakim, die hoofkomedie rol in "Oklahoma" het groot opspraak verwek in die pers. Hierna sluit hy as sanger aan by Dan Hill se orkes en saam met hierdie bekende orkesleier het hy talle trefferplaatopnames, waarvan "Fanagalo" die bekendste is, die lig laat sien.

Sy aansluiting by Nico Carstens se orkes was 'n waardevolle aanwins vir die Afrikaanse musiekwêreld. As sanger en vermaaklikheidskunstenaar het hy die Unie sowel as Rhodesië kruis en dwars deurreis saam met hierdie orkes en ook 'n aandeel gehad in talle suksesvolle plaatopnames en radio-uitsendings.

Jimmy Rayson het ook die hoofrol vertolk in die Johannesburg Operatic & Dramatic Society se aanbieding van "Bless the Bride". Hy was een van die eerste plaaslike sangers wat na die opening van Springbok-radio oor hierdie handelsender opgetree het.

Dit was dan ook geen verrassing om te verneem dat Jimmy Rayson deur die jare al talle aanbiedings van oorsese belange gehad het nie. Wat wel ons bewondering afdwing, is die feit dat Jimmy Rayson nog altyd verkies het om in Suid-Afrika te bly as 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar.

Dan Hill, die bekende Johannesburgse orkesleier, is 'n musiekkunstenaar van formaat. Hy het al onderskeiding met die klavier en viool, sowel as met die klarinet en saksofoon verwerf en is vandag 'n bekende persoonlikheid en een van Johannesburg se vooraanstaande nagklubs. As opnamekunstenaar het al 'n hele reeks besonder suksesvolle lankspeelplate op sy kerfstok: Somige van sy opnamos hot applous van sulke outoriteite soos "Metronome" van dle V.S.A. uitgelok. Hy was dan ook die man wat 'n aantal van die bekendste SuidAfrikaanse voltreffers aan die publiek voorgestel het. - omslag

vetseun
Die Stem And Authentic South African Folk Songs EP LP . SEGJ 11027 COLUMBIA
- Nico Carstens and his orchestra with vocalists Jimmy Rayson and Jurie Ferreira -
Kant Een:
1. Daar Kom Die Alabama; Bokkie - Jimmy Rayson (M.L. de Villiers)
2. Die Stem Van Suid-Afrika - Jurie Ferreira (M.L. de Villiers)
Kant Twee:
1. Suiker Bossie; Vanaand Gaan Die Volkies Koring Sny; Vat Jou Goed en Trek Ferreira - Jimmy Rayson
2. Sarie Marais - Jimmy Rayson

Jimmy Rayson, Virginia Lee met Dan Hill en sy Orkes
vetseunvetseun
Liedjies Van Liefde En Geluk LP . FCL 5082/GALP 1039 FESTIVAL/GALLOTONE
Kant Een:
1. Die Drie Kamerade (Jimmy Rayson en Koor)
2. Ek Sal Jou Nooit Vergeet Nie (Virginia Lee)
3. 'n Swerwer Lewenslank (Jimmy Rayson en Koor)
4. Die Tjoeketrein (Jimmy Rayson en Virginia Lee)
5. Hoe Beier Die Klokke (Virginia Lee met Val Parker)
6. Rooi Die Rose, Rooi Die Lippe, Rooi Die Wyn (Jimmy Rayson en Virginia Lee)
Kant Twee:
1. Kom Span Nou Gou Die Skimmel In (Virginia Lee met Val Parker en Koor)
2. Die Maan Is Daar Op Wag (Jimmy Rayson)
3. Cindy O Cindy (Virginia Lee en Koor)
4. Net Soos Dit Vroeër Was (Jimmy Rayson en Koor)
5. Solank Die Sterre Gloei (Virginia Lee en Koor)
6. Klein Nagtegaal (Jimmy Rayson en Virginia Lee)

Nico Carstens Band
vetseunvetseun
Front Page News / Love A Frenchman 7" . 45-DSA 610 COLUMBIA
Side One:
1. Front Page News (Carstens-De Waal)
Side Two:
1. Love A Frenchman (Carstens-De Waal)

Vocal - Jimmy Rayson

1961 - Daan Desimaal met Dan Hill (Springbok Radio)
1957-80 - Hospitaaltyd met Dulcie van den Bergh, CRC Ateljee, Johannesburg, temalied, lirieke, Bob Courtney, stem, Jimmy Rayson (Springbok Radio)


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)