Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Jerry Shanahan (J. Shanahan)
vetseun
Koning Van Die Hawaiise Ghitaar . CDTGE 67 GALLO
1. Kuu Ipo
2. Ons Gaan Op 'n Uitstappie (Let's Go For Broke)
3. Maanlig Melodie
4. Laat Ons Gaan
5. Weave A Lei
6. Till The End Of The World
7. Kakohi
8. Hawaiian Reveries
9. The Way I Am
10. Bye Bye Blues
11. Blue Moon
12. Roelf Se Boogie
13. Tahiti My Tahiti
14. Vossie Vir My
15. Island Serenade
16. Chez Moi
17. Goue Hawaii
18. Verlange Na Hawaii
19. On The Beach At Waikiki
20. Twaalfsnaar Boogie
21. Blue Hawaii
22. In Die Skadu Van Ou Tafelberg
23. Kentucky Waltz
24. Totsiens Blou Dag (Bye Bye Blues)
25. Skemerklokkies
26. Beautiful Waikiki
27. Draai En Swaai In Hawaii

vetseunvetseunvetseun
Goue Hawaii LP . RLF 1024/MFP 5773 1967 UITSPAN/MUSIC FOR PLEASURE
Kant 1:
1. Silver Bells (Evans-Livingstone)
2. Sweet Hawaiian Chimes
3. Kom Terug Na My, Liefling (J. Shanahan)
4. Twaalfsnaar Boogie (J. Shanahan)
5. Goue Hawaii (J. Shanahan)
6. Bye Bye Blues (Hamm-Benett-Lown-Gray)
Kant 2:
1. Marié (I. Berlin)
2. Sawends (J. Pohl)
3. The World Is Waiting For The Sunshine (Seitz-Lockhart)
4. Till The End Of The World (Morton)
5. Hilo March (Arr. J. Shanahan)
6. Vergeet My Nie, Marié (J. Shanahan)

"Lowergroen woude, omsoom deur sagte wit strande en die ewigheid van die oseaan - Hawaii. .
Hawaii - waar die gejaag van die alledaagse lewe nie bestaan nie en waar 'n mens nog kan droom en idealiseer terwyl beeldskone vroue op die maat van 'n verruklike melodie heen en weer wieg.
En saam met hierdie eeue-oue beeld van die eiland van drome, hoor ons onwillekeurig die hartseer, nostalgiese klanke van hawaiiese musiek wat deur die bome en struike en oor die oseaan na jou sweef.
As daar vandag een man in Suid-Afrika is wat die idilliese Hawaii vir die Suid-Afrikaner 'n werklikheid kan maak met die klank van sy hawaiiese kitaar, is dit inderdaad die Kitaarkoning van Suid-Afrika - die man wat onder die tien beste hawaiiese kitaarspelers in die wêreld gereken word: Jerry Shanahan!
Ja, Jerry en sy hawaiiese kitaar is weer terug in ons geledere en gereed om ons weg te voer na die heerlike droomwêrelde met die verruklike klanke wat hy uit hierdie instrument kan tower.
Daar is seker min ander instrumente wat soveel kennis en soveel vaardigheid verg as die hawaiiese kitaar, maar dit is ook die instrument wat die heerlikste klank kan voortbring - mits hy reg hanteer word.
As 'n mens na hierdie plaat luister, weet jy sommer, hier is 'n man wat die hawaiiese kitaar nie net met kennis en vaardigheid hanteer nie, maar ook met 'n diepe liefde.
Dit is dus nie 'n wonder dat Jerry vandag die vader van Hawaiiese musiek in Suid-Afrika genoom word nie en dit is ook nie 'n wonder dat oorsee se mense oor mekaar val om sy opnames in die hande te kry nie. Ook kan ons glad nie verbaas wees nie dat daar geen ander speler is wat die titel "Koning van die Hawaiiese kitaar" meer waardig is as juis hy nie.
Dit is seker die moeilike leerskool van die lewe wat tot hierdie man se sukses bygedra het, want as kind was hy 'n arm seun wie se ouers dit nie kon bekostig om vir hom 'n kitaar te koop nie.
Sy groot liefde vir musiek het egter die oorhand gekry en hy het vir homself blik-kitaarjies gemaak waaruit hy pragtige klanke kon tower.
Sy onderwysers was dikwels raadop met hierdie knaap wat meer aan sy musiek as aan sy skoolwerk toegewyd was en hy moes dikwels onder die lat deurloop as hy sit en droom het oor die dae as hy 'n sukses met die kitaar sou wees.
Na sy skoolopleiding het Jerry gaan werk en hy moes swoeg en sweet om genoeg te verdien om sy lank-begeerde kitaar aan te skaf. Uiteindelik na maande se arbeid kon hy die instrument, wat hy sy lewe lank begeer het, in sy hande vashou en sy vingers oor die snare laat gly. Sedertdien was daar geen perk aan die opgang wat hy in die musiekwêreld gemaak het nie.
Hy het reeds meer as dertig langspeelplate, wat soos soetkoek verkoop, gemaak en hy kan skaars bybly met die opnames vir die oorsee se mark - beslis 'n buitengewone prestasie en 'n eer vir hierdie jong Suid-Afrikaner!!
Intussen was hy nie tevrede met die hawaiiese kitare wat 'n mens te koop kry nie en met groot toewyding en inspanning het Jerry sy droomkitaar begin bou.
Nadat hy sewe tuisgemaakte kitare gebou het, was hy eers tevrede met 'n kitaar met vier-en-twintig snare waaruit hy sy wonderskone musiek kon tower.
As 'n mens na hierdie opname luister, kan jy dadelik die kenner en die meesterhand agter die kitaar - Jerry Shanahan - se unieke styl herken.
'n Mens besef dan ook waarom Jerry reeds 'n ou bekende in oorsee se lande is.
Sy hartseer, dromende musiek, die teer klanke en die heimweevolle melodiee dra alles by tot hierdie groot kunstenaar se sukses.
Met hierdie toevoeging tot sy unieke versameling van opnames, kan ons net aan Jerry sê: "Vatso, out maat, dit is weer eens 'n meesterstuk", en wil hom al die sukses denkbaar op sy kunstenaarspad vorentoe toewens." - Francois J. du Randt - omslag

vetseunvetseun
Kitaar-Kunsies - Kitaar-Pluk LP . PLS 7069 PÊREL
Kant 1:
1. Red Wing (Chattaway-Mills)
2. Four Walls (Moore-Campbell)
3. Ek Soek Nie 'n Vriend Nie, Maar 'n Liefling (Benny Griffin)
4. Gou Gou Gou (N. Carstens-A. de Waal)
5. Have I Told You Lately That I Love You (Scott Wiseman)
6. Lekker Stap (Jerry Shanahan)
7. Paddatjie (N. Carstens-A. de Waal)
Kant 2:
1. Yellow Bird (Keith-Bergman-Luboff)
2. Kitaar-Kunsies (Jerry Shanahan)
3. Little Sir Echo (Smith-Fearis-Maracala)
4. Hou Jou Rokkies Bymekaar (Verw. Art Heatlie)
5. Wiegeliedjie (Mozart) (Verw. Jerry Shanahan)
6. One By One (Wirght-Anglin)
7. Remember Me (I'm The One Who Loves You) (Stuart Hamblen)

vetseunvetseun
Prys Die Heer / Praise The Lord LP . GALP 1001 GALLOTONE
- Veertien Geliefkoosde Gesange. Gespeel deur Jerry Shanahan
- op sy Hawaiise Ghitaar en B. Beukes op die Wurlitzer
Kant Een:
1. Nader My God By U
2. Jesus Is Die Soetste Naam Vir My
3. Kom In My Hart Heer Jesus
4. Ek Sal U Volg O Heer
5. Rig U Oë Op Jesus
6. U Moet Net Glo
7. Jesus Dierbare Jesus
Kant Twee:
1. Die Ou Ruwe Kruis
2. Ek Volg Net Vir Jesus
3. Net Soos U Wil Heer
4. Nee Duidendmaal Nee
5. Jesus Breek Al Die Bande
6. As Jy In Die Skadu Staan
7. Waar Hy Lei Sal Ek Meegaan

vetseun
Outydse Snare LP ................... SL 1178 SAFFIER PLATE
Kant Een:
1. Die Spring-Polka
2. Ou Wawiel
3. Aletta Hoogmoed
4. Die Tweesnaar Seties
5. Die Hartsnaar Tango
6. Die Spog-Pas Wals
Kant Twee:
1. Sannie Van Oom Piet
2. Onder Die Eikeboom
3. Die Galop-Polka
4. Ou Tante Koba
5. Die Skoenlapper Wals
6. Ek Wil Huis-Toe Gaan

vetseun
'n Liedjie Van Verlange LP .... KLS 119 KRISTAL
...
12 Nommers op die Hawaiise Kitaar.
...

vetseun
Eiland Serenade LP ........... UNA 1536 UNIKA


skakels :














bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)