


















Jan Visser


Oom Jan Visser LP .................... SLS 8 TBK
Kant Een:
1. Lente Koors
2. Gala - Polka
3. Stellenbosche Verlange - Wals
4. Kommando - Polka
5. Outydse - Wals
6. Sandveld - Settees
Kant Twee:
1. Ek Is My Ma Se Enigste Kind
2. Vinger - Polka
3. Orkes - Wals
4. Stellenbosche - Settees
5. Oom Jan Se Wals
6. Die Jemtert - Polka
7. Concordia - Wals
Hierdie groot BOERSEUN se nommers sal, solank die Afrikanernasie bestaan, altyd gewild en immergroen bly.
JOHANNES FREDERICK HERMANUS (OOM JAN) VISSER is op 22 Julie 1883 in die distrik van Piketberg gebore. Hy was eers 'n winkelklerk maar het hom later as wamaker bekwaam.
Oom Jan was 'n gebore musikalnt en het eers die boere - en later die engelse - konsertina bemeester. Gedurende 1933 het hy na Stellenbosch verhuis waar hy Oom Pietie le Roux raakgeloop het. Hy is toe sommer summier in die Stellenbosch Boerorkes opgeneem en het saam met hierdie groep gespeel tot in 1948.
Studente, wat gewoonlik baie gewissel het, het Oom Jan meesal begelei. Twee kitaarspelers was B.H. Rossouw en Chris (Vossie) Vosloo wat ook die sangdele op sommige snitte behartig het.
Enige Boeremusiekliefhebber word maklik liries oor hierdie GROOT SEUN van ons TRADISIONELE BOEREMUSIEK wat hy meesterlik met 'n sesry Duet konsertina uitgevoer het. Luister liewer maar self weer 'n keer en u sal saam met ons bly wees dat hierdie pragtige musiek vir ons op 'n wonderbaarlike wyse behoue en bewaar gebly het. - PIET BESTER. - omslag


Stellenbosch Verlange Wals / Kommando Polka 10" . DE 175 COLUMBIA


Lentekoors / Gala Polka 10" . DE 174 COLUMBIA
skakels : boeremusiek.org.za