Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Janiné
vetseun
Melk In Jou Tee .......... MUZCD 003 2010 MONSTER MUSIC
1. Praise
2. As Die Hemel Val
3. God Is In Control
4. Melk In Jou Tee
5. Min Tyd!
6. U Is Daar Vir My
7. On The Radio
8. My Kind
9. He Grew The Tree
10. 1000 Rose Petals
11. U Liefde
12. Elke Nuwe Reënboog

Janiné Grobbelaar van Centurion se splinternuwe gospel-album, Melk In Jou Tee, is kraakvars op die rak en haar inspirerende lirieke, klokhelder stem en moderne musiek gaan beslis by talle gospel-liefhebbers aanklank vind. Dit is Janiné se debuut-gospel album - sy het reeds 'n sekulệre album Ek En Jy, uitgereik met ses liedjies uit haar pen.
Sy het nege van die twaalf liedjies op Melk In Jou Tee op eie houtjie geskryf en twee van die liedjies saam met twee ander liedjieskrywers naamlik Hermienke de Kock en Eric McCallaghan.
Hierdie opwindende gospel-album met 'n nuwe klank is op Jan Alleman gerig, meen Janiné.
"Ek skryf oor wat ek voel en ervaar en vertrou dat dit mense sal aanraak, of hulle nou groot of klein is. Die meeste mense verwag dat 'n mens perfek moet wees. Maar ons is nie - ek wil eg wees en opreg en daardeur sal mense terug draai na God."
Sy het 'n rukkie gelede besluit om 'n gospel-album op te neem. "Toe ek baie klein was, het ek al geweet die Here het my geroep om vir Hom te werk. Maar ek het langs die pad seergekry, was kwaad, hardkoppig en het net gevoel ek is nie 'heilig' genoeg nie. Maar God hou nooit op roep nie en die laaste paar jaar het Hy aan my gewerk en gevorm - en ek het geweet dis nou die regte tyd." Haar onmiddellike toekomsplanne is om Melk In Jou Tee te bemark en om meer in kerke op te tree.
Janiné vertel dat haar man en haar kinders haar baie ondersteun. "My man, Schalk, doen my klank en help my waar hy kan en my kinders is my grootste aanhangers. As dit nie vir hulle was nie, het ek seker al lankal tou opgegooi." Janiné, wat sangles in Centurion gee, hou van 'n verskeidenheid van musiek wat alternatief, rock, klassiek, Queen en musiek uit die jare sewentig insluit. Kunstenaars soos Carmen, Josh Groban, Tree63, en Nianell inspireer haar. Volgens Janiné is daar beslis meer behoefte aan geestelike musiek. "Mense het 'n honger en 'n soektog na iets wat sin maak maar wat blywend is. Ons het nodig om onsself daagliks te anker, veral in hierdie tye." Janiné sing van God se liefde, getrouheid en Sy krag en haar musiekstyl wissel van ligte rock tot strelende ballades.
Sy het uitstekende musikante wat haar ondersteun op hierdie kwaliteit-album. Ettiene Lane het vir die verwerkings saam met Janiné gesorg. Een ding is vir seker - hierdie is 'n nuwe, opwindende stem in die gospel-musiekbedryf en hopelik sal hierdie talentvolle en veelsydige liedjieskrywer-sangers nog diep spore in ons plaaslike bedryf trap.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)