Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Jane Rademeyer

Hoor nog mal Jane klanke op KYKAFRIKAANS

vetseunvetseunvetseun
I Think A Halo ...................................... 2007 UNCORP
1. Missgive Misstake (myspace)
2. Small Noises
3. I Think A Halo met Stoki (myspace)
4. Rainbow
5. Tiddely Pumthing
6. Een Vir Een (myspace)
7. Bluebeard
8. Impossible Valentine (myspace)
9. Exit Moment
10. In The Air
11. The Brave met Draco
12. Always New New
13. Welcome To Glamjam Airportvetseun

met Zack Jordaan, Jana Banana, Brendan Jury, Francois van der Merwe, Andy Sherman, Draco, Stoki

Ons doen mos nie eintlik Engelse CDs nie, maar hierdie een was 'n droom. Nogsteeds. En daar's anyway 'n Afrikaans een (vir een) op.
Elektronika op sy beste toegepas. Die offbeat beats op Missgive Misstake skep 'n soniese platform waarvanaf die dudes en Jane hemelse goed maak. Op Missgive is die lirieke weggesteek agter dromme, vriendelik maar amper onhoorbaar.
Small Noises is die stem harder en manjefiek perfek, draak stekend met die xilofoonklanke wat oor die minimalistiese Noises weergalm. Soos 'n sprokie soundtrack, ritmies 'n avontuur, liries 'n Björkding ...
Titelsnit. Dude wat oor die lekkerste drafbeats fluit en 'n liedjie oor die spiraal basslines stadig sing in dieselfde hoë mooiheid. Later saam
.......... " ... I think a halo would be so perfect for your head ... "
met 'n komputer vocoder stem om die elektrisiteit te beklemtoon, asof nodig. So dis jare vandat ons elektronika op die site gehad het, Somerfaan kom seker die naaste, Felix Laband se klanke word onthou. Rainbow is Jane se stem saam met iets wat soos 'n stadige elektroniese konsertina klink, maar dis nie eintlik die punt nie, beats en hemelstem. ............ " ... one fine day ... " ............... en ons breek in amper elektriese kitare uit, 'n mengsel van formaat. Vertellend van 'n swaardgeveg.
Klarinet oor 'n herhalende kindsample, amper donker stadig beats. Meegesleur is ons, so tussenpouse voor ons verder pragtige goed kry. Voor hy klaar is word dit net driehoekklanke, en dan so bietjie gevoel met ritme. Dit mag dalk as intro dien vir Een Vir Een ...
........... " ... weer 'n keer ... voor jou deur ... "
'n Skokkend reguit "liefdesliedjie" oor 'n mix van kindertunes en plaatkrappe oor stewige hip-hop beats. Jane stap hier parmant rond, links en regs oor die (denkbeeldige/spreekwoordelike) verhoog, eerlik met die wete. Ons was naturally al voor die een sold, maar hey, dit rock dude. ................... " ... een vir een ... " (wat miskien die intro is vir ...)
Liewe fxk, hemels en meer, Jane se elektronies aangepasde stem oor totale mal ritmes, hoendervleis en opstaan tyd ... dis drum'n'bass beats, maar mooi, fyn en kompleks rondskuiwend. Die stem is tegnies seermooi bo-oor, asof oblivious van die dromme wat chaoties ritme verskaf aan die nou (denkbeeldig) op- en afspringende skare.
................................. " .. there's a boy ... " !!!!!!!!!!!!!!!!!!
"akoestiese" nommer gevolg (alles voel akoesties na sulke dromme). Impossible Valentine wys hoe maklik Jane melodie kan verguld, so paar beats, agtergrond stemme (snare), en dis koning. Dink nie dit kan mooier as dit word nie hoor. 'n Pragtige gediggie, sad, ma mooi. ............... " ... say nothing ... " .................. Maar ons is nog ver van klaar ... So stukkie instrumentele perfeksie in Exit Moment, 'n onheilspellende weergalming van ritmes deur elektroniese klanke. Plus 'n konsertinarigheid, vetseunsoos in Rainbow. Met 'n meer danserige inslag, kom vocoder Jane (oor basiese dip-dip beats en oldschool trompet) In The Air. Jy weet mos nou die een moet weer afbreek. Hy vat so minuut vyf en veertig dan kan jy ma dans. Gelukkige step liedjie. Die tannie wat sê jy moet jou veiligheidsgordel vasmaak het nog nooit so mooi geklink nie... Ook goed so, want die bass is hier, skieppende ritmes, rol die skouers, lig jou voete, rapper op die mic ... The Brave is nogsteeds prag Jane maar hier saam met meer agressiewe lirieke gerap oor die skerp dromme en infectious base, en as daai dude skree skree jy saam!!! ............. " ... when the ... on the ... " ............... Loeiende polisie sirenes om mee klaar te maak, heerlik.
Ons kom weer by die emosionele note en onhoorbare stem, sodat jy dieper moet luister, en die note deel raak van die woorde. Sonies magies. Ons wil iets van wiskunde sê, maar weet nie regtig wat nie, wiskunde blah blah, perfek. Asof die liedjie weet mens is amper klaar en solank afskeid neem, ouch.
Sonder twyfel een (vir een), indien nie die beste, van 2007. Ons sien uit na enige iets wat naby Jane gebeur. Ons het die CD terug gegee, sjoe. Dankie vir die meisie!!vetseun
Die CD sluit af met 'n instrumentele nommer wat klavier oor beats het, en reën wat op die plaveisel drup in die agtergrond, vandag anyway.
Kry dadelik 'n kopie, hou myspace.com/janerademeyer dop.


skakels : woundedbuffalo.co.za : myspace.com/janerademeyer









2010 02 12 - Many Happy Valentimes: Janer And The Band, Joao Orecchia And Band, The Belavista, R50
vetseun

2009 11 05 - Somerfaan in die Pienk Kerk: Special apearances by Arnaud van Vliet, Jane Rademeyer, Huyser Burger, Die Pienk Kerk, Melville, 19:00, R40
vetseun
vetseunvetseun
vetseunvetseun
vetseunvetseun


bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )