Jaco & Z-dogJaco & Z-dog - Eerste Leerstelling EP
TuisbladFacebookTwitterMyspaceJaco & Z-dog op Last.fmYouTubeDiscogsWikipedia

Eerste Leerstelling EP - 2009


Hier vat dit sekondes om te weet jy het jouself ingelaat vir dit. As die minimalistiese gebreekte CD-kassie en aanbieding jou voorberei het, goed. Maar sonies ongemeetbaar hier defnitief. Miskien net Oom Boet se mense rival.

............... "toets, toets, nege-en-tagtig" .............
'n Uitgerekte oorbeklemtoonde soundcheck, lirieke en uitmergelende kitaar feedback word Aashole. Daar gaan ritme bykom, en meer paarrym vir melodie, maar 'n skreeuende Jaco oor 'n vermorende Zander is tegnies dit..! Die luisteraar of sanger of soundman word met dinge wat baie soos seksuele geweld gedreig indien die mikrofoon nie harder gemaak word nie. Cool.

.............."ons gannie meer...".............
Soomloos oor in Betaal waarin die kitaargeraas in 'n riff ontaard en teen die koor 'n oordonderende drombeat insluit.. Onder hierdie onderdrukkende klankmuur is daar hope lirieke wat net met inspanning of lippetaal gehoor kan word. Natuurlik teen die bg. aanhaling is kopknik en saamsing reeds op besluit. Die feit dat so 'n snit, met mal lewendige verwerking in, nog 'n morele les in sal hê, speel 'n ordende rol in verbasende chaos.

..............."iemand het my..."...............
Hierdie sal as die liefdesliedjie op die album afgaan. Iets soortgelyks daaraan om 'n skokgranaat met 'n nota deur jou meisie se kamervenster te gooi, terwyl jy en jou pel 'n amp aan 'n sementmenger-AK-trok-hybrid gekoppel het en meth van jul voorarms snuif... of so iets. Dis gelukkig nie noodwendig vir 'n meisie nie, nie enigsins teneerdrukkend nie, 'n kreet. Altyd gehou van Kom Hier skree, nog 'n rede nou.

..............."sy wil jou... ooo ooo" ...............
Hou natuurlik al heeltemal daarvan, soos Buckfever met Righard eksperimente, die dinge waarvan aande gemaak word. Snaaks genoeg die band saam met die vol BU te siene gekry, 2009 Bohemian Johannesburg, mal. Girls Op Drugs is so effens kontroversie se kant toe, indien jy nog nie offend is nie, diep bas lyne vibreer jou hypothalamus terwyl jy serebraal die sanger se vlymskerp skreeue ontsyfer, hierdie keer 'n versoek.

.............."... gaan nie werk nie".................
Die set kom na 'n raserige einde, Zander Blom skaal die basritmes af na meer oorverdowendrige riffs, en Jaco van Schalkwyk se melodieuse skree-strofes (skreefos?) word 'n vertelling. Van die Wesrand se heuwels soek die Jaco en coupling 'n kuier, na 'n vliegtuigrit na Durban, 'n bakkierit na Holland en naderhand 'n wêreldwye soek... 'n Perfekte stereo-spyker-teen-staal 3D-doodle om 'n klankaanslag af te afsluit.. (Saad-2011)


Eerste Leerstelling EP .
1. Aashole
2. Betaal
3. Kom Hier
4. Girls Op Drugs
5. Alles Is Boring

.
.
Jaco & Z-dog CDs
Jaco & Z-dog - Emansipasie
Jaco & Z-dog - Emansipasie
Jaco & Z-dog - Goud Werd EP
Jaco & Z-dog - Eerste Leerstelling EP
Summertime Hits (2011)
.