Jaco & Z-dogJaco & Z-dog - Goud Werd EP
TuisbladFacebookTwitterMyspaceJaco & Z-dog op Last.fmYouTubeDiscogsWikipedia

Goud Werd EP - 2010


Net vier liedjies hier, maar lekker. Die tweede EP van Jozi rockerdudes Jaco van Schalkwyk en Zander Blom, wat musiek maak om die daaglikse bestaan te vergemaklik, of so iets.

........."laas keer... maar hierdie keer..."............
Hewige feedback en skril woorde begroet jou, en voor jy jouself kry is die enkele kitaarnoot 'n bassline en perkussie saam. Dis hard, met die ken van dinge wat bo-oor besing word. 'n Ode vir die die musiekuitspansel, met versekering van 'n goeie ervaring...

........."met 'n splinternuwe saal"............
Nou nie jou gewone masseproduksie cover band nie, maar ons vat hier die volk met feedbackskrape en streng eenvoudige riff, mal. Die wysie is deur menigde musikante interpreteur, maar ons twyfel of Die Voortrekkers of die van Lollos se weergawes naby hierdie een is. Groot kitaar, oordrewe aflewering, 2010 F.A.K. classic.
Blinkvosperd - M. van Niekerk [Vers 1], Pierre Malan [Vers 2, 3] (Digter), M. van Niekerk (Komponeer), Pierre Malan (Verwerk)

........."maak hom eers skoon"............
So bietjie afwisseling met kitaar bewegings. Hou baie van die irriterende verwrange distorsie, hehe. Google Jouself noem alles belangrik op, binne die titel se wydreikende konteks. Ons hou van Google, hulle is groot, en kan jou goed leer. Google Results: [[Jaco & Z-dog...]] [[Vetseun]] [[Saad Cloete]]...

........."laat my en Z-Dog asseblief net"............
Soniese eksistensialisme op sy beste weer, soos 'n sonsverduistering moet jy luister, al is dit onmoontlik moeilik. Brannasballade besing 'n meer sosiaal bekende tendens in vergelyking met van die konseptualismes waar daar vorendag gekom is. Anargistiese mooiheid op plastiek. Die perfekte byvoeging tot jou Leestelling EP.
(Saad-2011)

Goud Werd EP .
1. Goud Werd
2. Blinkvosperd
3. Google Jouself
4. Brannasballade

.
.
Jaco & Z-dog CDs
Jaco & Z-dog - Emansipasie
Jaco & Z-dog - Emansipasie
Jaco & Z-dog - Goud Werd EP
Jaco & Z-dog - Eerste Leerstelling EP
Summertime Hits (2011)
.