. . . . . . . . __
Ilse Lotz
skakels :
----------------------------------------------------
Op 25 September '08 is dit weer Bohaai by die Blues Room.
Die eerste "Bohaai by die Blues Room" (wat in Aug afgeskop het) was 'n groot sukses en dit het regtig gewys dat Afrikaans KAN werk in Sandton!
Ons hoofkunstenaar vir die aand is Jan Blohm en ons het die voorreg om hom (toevallig) op sy verjaarsdag by ons te hê! Om die aand vir julle (en vir Jan) 'n bietjie ekstra spesiaal te maak sal 'n paar van Jan se vriende help verjaarsdag vier deur 'n paar songs te speel nadat Jan se optrede verby is. Die spesiale verjaarsdagkunstenaars gaan wees:
* Die Kaalkop Waarheid (Akoesties)
* Verniel (met Niel McDonald)
* Riku Lätti en Lani Pieters
* Ilse Lotz en Brenda Burnit
* Andra
So maak seker dat jy 'n sit-en-luisterplek het vir hierdie eenmalige geleentheid op 25ste September!
Die vertoning begin om 20H00. Couvert: R90
Skakel 011 784 5527 vir besprekings.
Adres:
Bues Room,
Village Walk-Winkelsentrum,
Hv Rivonia & Maude str
Sandton
----------------------------------------------------