Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Henry van Dyk
vetseunvetseun
Laat Die Liefde Leef... CD/DVD . HVDCD004 2012
1. Vriend
2. Hoor Jy As Hy Roep
3. Wat Is My Hart?
4. Live As One
5. In My Hart Is Sy Die See
6. What You Are To Me
7. Herfs
8. Vreemde Hande
9. Ken Jy My?
10. Anthem
11. My Love
12. Liefde Van Later
13. Ken Jy Die See
14. Nights In White Satin

Henry van Dyk - 'n Jong en vars talent en benadering tot die Suid-Afrikaanse musiek industrie. Henry neem nou sy musiek loopbaan na nuwe hoogtes. Hy het vir homself as kunstenaar 'n totale nuwe beeld en handelsmerk ontwikkel. Die soete klanke van sy stem en die unieke genre van sy musiek inspireer en betower elkeen wat daarna luister. Sy musiek praat met jou hart, jou lewe en fokus jou gemoed op die belangrike aspekte wat elkeen van ons lewens aanraak - liefde, vriendskap, hartseer, pyn, hoop en geloof in ons Skepper. Sy boodskap is eenvoudig - hy wil die wêreld 'n beter plek maak - mense inspireer en nuwe hoop gee deur sy musiek.
Henry speel ook klavier, orrel en kitaar. Sy debuut CD getitel "Love's Presence Lingers" was vrygestel in 2009. Henry se nuwe baie inspirerende CD/DVD kombinasie - "Laat Die Liefde Leef" word vrygestel op 25 Oktober 2012. Hierdie album is 'n moet vir elke musiek liefhebber.
Henry het reeds op 'n jong ouderdom sy liefde vir musiek begin ontgin, en het al aan verskeie kore en revue's deelgeneem. Hy was al by verskeie geleenthede die wenner van die ATKV ligte musiek kategorie vir volwassenes. In 2002 was Henry reeds as wenner van die Beeld Eistedfod vir ligte musiek bekroon. Henry was ook gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in Los Angeles in 2005, waar hy meegeding het as 'n lid van die uitvoerende kunste musiek geselskap.
Henry van Dyk is 'n gekwalifiseerde toegelate prokureur met 'n meesters graad in arbeidsreg. Hy is tans 'n gekontrakteerde regs adviseur vir verskeie korporatiewe kliente waar hy spesialiseer in arbeidsreg aangeleenthede.
Twee van die liedjies op die nuwe CD is deur Henry self geskryf en beide beloof om treffers te wees. Kyk uit spesifiek vir die twee genaamd: "Laat Die Liefde Leef" (waarna die album vernoem is) asook "Hoor Jy As Hy Roep" (wat 'n pragtige geestelike aanslag het. 'n Aangename verrassing met die aankoop van die CD is die feit dat dit 'n CD asook 'n DVD bevat. Die DVD het vyf liedjies op wat met fyn proewers smaak gemaak is. Geen moeite is ontsien om hierdie top gehalte produk te vervaardig nie. Burnise Silvius - Suid-Afrika se top Prima Balerina tree op in drie van die liedjies op die DVD op. Burnise is welbekend in die wêreld van kuns en veral ballet. Burnise Silvius tree op met die vriendelike toestemming van Suid-Afrika Mzanzi Ballet Teater. 'n Aantreklike man met 'n vars elegante benadering tot musiek in Afrikaans. 'n Uitsonderlike stem, altyd 'n warm en vriendelike glimlag vir elkeen wat oor sy pad kom.
Henry se formele musiek opleiding was gedoen deur Louise Senekal en Mauri Mostert - wat beide spesialiseer in klassieke musiek style. Henry het al in die verlede die verhoog gedeel met top Suid Afrikaanse kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Jannie Moolman, Dewald von Solms en Nicholis Louw.

vetseun
Love's Presence Lingers . JMHVD003 2010
1. Follow Your Heart
2. Hoe So Dit Wees?
3. Gira Con Me
4. Tudo Acabou (Wat Is Daar Van Ons Oor?)
5. Soos Dit Eens Hier Was
6. Romanza met Dewald von Solms
7. Torna A Surriento
8. Love's Presence Lingers
9. Ill Mondo
10. Smoke Gets In Your Eyes
11. Only One
12. Non Ti Scordar Di Me
13. My Way

AANGRYPENDE BETOWERING is die eerste woorde waarmee 'n mens hierdie uitsonderlike produksie moet beskryf. Love's Presence Lingers is Henry se debuut album - en wat 'n heerlike verrassing!
Die repertoire van die CD is onteenseglike fynproewermusiek wat fundis sal laat swymel. Henry vertolk elkeen van die 13 tydlose, fluweelagtige nommers met swier en finesse. Die innige oorgawe waarmee hierdie aantreklike jong man die nostalgiese liedere oordra, spreek direk tot die kern van atmosfeer, stemming en bekoring.
Sy vertolking bevat die nodige intimiteit wat die hartstogtelike ballades met resonansie in jou siel laat weergalm. Met die kundigheid van groot name soos Christa Steyn (klavier), Mauritz Lötz en Douw Steyn (kitaar), Denny Lalouette (baskitaar), Vinnie Henrico (dromme), David Klassen (perkussie) en die strelende talente van Lizelle Botes, Evert van Niekerk, Annake de Villiers, Susan Mouton, Carel Henn en Lise Murray as strykers, het hy verseker dat kwaliteit en genot 'n klinklare simbiose vorm wat net een resultaat het: professionele briljansie.
Love's Presence Lingers is 'n album wat deurweek is van sjarme en styl. Henry maak ons opnuut bewus van die prag van musiek wat uit 'n meer vervloë era kom. 'n Ware kunstenaar van hierdie genre durf nie taalgebonde wees nie, en Henry se vlot vertolking van Italiaanse en Spaanse nommers is onteenseglike bewys van sy professionele toewyding.
Sy noemenswaardige begeestering en passie vir glansryke gehaltemusiek trotseer geykte stereotipes en beloof om internasionale eweknieë moeiteloos te onttroon. Henry hoef nie een treë terug te staan vir enige van die oorsese manne nie. Hy bewys dat ons talent op eie bodem het om 'n kandelaar vol kerse op te steek vir plaaslike vernuf.
Al jy 'n waardering het vir stem en talent, is hierdie die tipe album wat sonder twyfel in jou musiekversameling moet wees. Reuse welslae en trefferstatus is hierdie verbysterende talentvolle man se voorland. Henry van Dyk is 'n nuwe kunstenaar wat ons diverse skatkis van musiek met sy stemjuwele gaan verryk.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)