Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Heinrich Renz
vetseunvetseun
Ek Wil Jou Vashou LP . BRIGL 2031 1989 BRIGADIERS MUSIEK
Kant Een:
1. Bring Terug Somer
2. Ek Kom Huistoe
3. Wys My
4. Hello Meisie
5. Drome
Kant Twee:
1. Ek Wil Jou Vashou (Kupido)
2. Môre Is 'n Nuwe Dag (Kupido)
3. Ek Onthou Nog (Heinrich Renz)
4. Joekie (Boet Kruger)
5. Goeie Hoop Stormkaap (Jerry Fourie)

Produksie deur Corrie Myburgh
Musiekverwerkings deur Fransua Roos
Koorverwerkings: Eugene Havenga
Klankingenieur: Phil Audore

Ek het my skoolloopbaan as Graad Eentjle In dle Laerskool Ogies begln. Ek is dle jongste van agt kinders waarvan almal baie musikaal is. Ek het my skoolloopbaan ook op Ogies voltooi waar ek in 1986 gematrikuleer het aan die Hoërskool Ogies.
Toe ek 11 jaar oud was het ek deelgeneem aan dle talentkompetisie ep TV "KraainestaIent" en is as wenner aangewys. Ek het op heelwat troues gesing, en aan verskeie talentkompetisies met welslae deelgeneem; Ek was bevoorreg om in Std. 5 tot onderhoofseun verkies te word, en in matriek het dieselfde voorreg my tebeurt geval.
Dieselfde jaar toe ek aan Kraainestalent deelgeneem het, het ek Sproetjies van Sias Reinecke op TV uitgevoer en Desembermaand daardle jaar het ek saam met Sias vir twee weke in die Kaap gaan toer.
In 1984 het ek deelgeneem aan die Fiksheidsliedjie kompetisie wat uitgeskryf is deur dle S.A.U.G.B. Ek het 'n nommertjie ingeskryf wat ek self gekomponeer het en daar het ek dle finaal bereik. Ons was 4 finaliste, en my nommer was dle enigste Afrlkaanse Iiedjie in die finaal. Ek het tweede geeindlg met "Lam Tam Basta". Die 12 beste fiksheidsliedjies is op 'n langspeler vrygestel.
In 1985 neem ek deel aan "TaIent '85" wat op TV1 uitgesaai is. Ek het my eie liedjie "Visgat" gesing en daarmee program een gewen en in die eindrondte tweede gekom.
In die kompetisie het Oom Corrie Myburgh my raakgesien en my 'n platekontrak aangebied, wat ek met albei hande aangegryp het. In dle begin van my matriekjaar het ek 'n solosewe opgeneem met dle titelsnit "Juanita" en op dle keersy "Dae Van GeIuk", beide my eie komposisies. Dieselfde jaar het ek vir keuring gegaan vir dle S.A.W.-Kerkkoor en Konsertgroep (Kanaries) wat ek dan ook geslaag het en waar ek my twee jaar diensplig voltooi het.
Voor ek weermag toe is, het ek 'n langspeler opgeneem "HuIde aan Bles Brldges" waarop ek 10 van oom Bles se treffers gesing het.
Ek het my diensplig aan dle einde van 1987 voltooi en daarna in die meubelbedryf op Witbank begin werk. My tweede langspeler is gedurende Junie 1989 opgeneem en ek is gemotiveerd en oorgehaal om 'n "massiewe" sukses van hierdie plaat te maak.
Sang is my Iewe. - omslag


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)