Hanru NiemandHanru Niemand - Bootleg EP
TuisbladHanru Niemand op FacebookTwitterMyspaceHanru Niemand op Last.fmHanru Niemand op YouTubeDiscogsWikipedia

Bootleg EP - 2006


Ons gebruik hom sommer as inleiding Tot Stilte. So bietjie instem en tokkel warm jou op vir die ritme wat inskop, en die kitaar wat as wapen gebruik word. Die stem is amper skokkend onskuldig en lig, en teen die koor is jy sekerlik sold...
............... " ... ek hoor jou baby ... " (moet bloot nie een kry nie...)
Lekker in 'n groef besing Hanru een of ander sosiaal wanaangepasde dude, en mens kan tegnies die Stellenboche strate ruik, so raak is die beskrywing, 'n effe stekende liedjie, maar tog mooi.
Die CD is heerlik live, met stukkies "produksie"-stemme orals. Tweede is net so ligte nommertjie besingend aan nog verlore "Bene". So bly ons is nie hartverskeurd nie... Anders sal die nommers so bietjie aan jou baadjie pluk en miskien trane makliker maak.
................ " ... sy het heel gesonde ... " (o, daai bene...)
Teen drie word daar 'n ernstiger noot ingeslaan, 'n meer dralende, minder gelukkige kitaarritme, waaroor die stem harder en met meer fors die lirieke meedeel. Met 'n mondfluitjie wat sy verskyning maak en aan melodie 'n kliefende gedefineerdeheid verleen.
............... " ... twee Koos Kombuis CDs ... " (Love Songs + Greatest Hits)
Vertellend aan die verhaal van 'n inheemse dogter, Hof Ena 10. Ons bly sommer op daardie ernstiger trant vir die volgende een, lekker. Liegstorie is die uitkoms, die antwoord op soveel hangende vrae, en hier word hy uitmekaar gehaal en ontneem van enige waardigheid. Die kitaar word op alle manier op die EPtjie gebruik, tot groot verbasing en lekkerkry. Waar Hof Ena 'n amper folky ritme gehad het, is Liegstorie baie "Europees", pragtig sal ons maar se en die vergelykings vir kenners los. (Hof Ena - Jethro Tull / Liegstorie - Jaques Brel)
............... " ... en verbind jou in beginsel aan ... " (...enige ander man)
Die stem word hier amper operaties hoog en oor die kitaar maak dit vir hoogs intense liriese ondervindings. Hanru is nie skaam of staan nie terug om die volle emosie agter die woorde te laat deurskyn nie, heerlik. Silwersand is 'n see liedjie waarin mens die branders kan hoor rustigheid bring na die warwoel langs die strand. Woorde amper gelfuister oor kitaarspirale, 'n hipnotiserende enetjie.
................ " ... gekneus geknak, lig ek, lag ek ... " (kom nou, dit rock!!)
Het gisteraand die een geluister, en die laaste een en dit raak draaierig, passerig in 'n vinnige kar... en so paar biere, gevaarlik.
................ " ... dat hy cope, sonder jou ... " (verantwoordelik kan hou)
Nog 'n stapper liedtjie besingend aan daai ou, oor gelukkige kitaar word die storie vrolik tog manend vertel. Die storie van oorlewing na die "gypsey" se gaan. 'n Seer liedtjie, stekend, tog mooi...
Ons kry 'n liefdesliedjie om die CD af te sluit, 'n eerlike liedjie daarby, met verskuiwende ritmes en Hanru se stem wat hoendervleis op jou voorarms veroorsaak, soos sy het. Klink soos 'n lekker ser liedjie...
................ " ... ek weet dis bietjie verwaand van my ... "
Speel die een vir haar, en "bid vir die dag" verwaand of nie...
Nou kom die vollengte..

Bootleg EP .
1. Ek Hoor Jou Gypsy Is Weg
2. Gesonde Bene
3. Hof Ena 10
4. Liegstorie
5. Silwersand
6. Verantwoordelik
7. Verwaand

Hanru Niemand CDs
Hanru Niemand - Roepwoorde
Hanru Niemand - Tot Stilte
Hanru Niemand - Bootleg EP
Roepwoorde (2010)
.
.