Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Groove Station
vetseunvetseun
Al Etto + Friends TC/CD . TEC2778/TELLCD2778 TEAL
1. Rub Me
2. Dayz
3. Kakkerlak Is In The Huis
4. Party Time
5. Hola Jy
6. Remember The Khoi-San (Hoerikwaggo)
7. Ek Praat So Baie Met Jou
8. Jazzy Feeling
9. Ouens Los Julle Dinge
10. Rub Me (Instrumenteel)
11. Hola Jy (Instrumenteel)

vetseunvetseunvetseunvetseun
Sak En Pak Uit Distrik Ses TC/LP/EP . MC RBL 130/RBL 130/CDRBL 130 2007 UNIVERSAL
- Ingesluit die groot treffer Ko Dans Vanaand
1. Ko Dans Vanaand Met Ons
2. Sak En Pak Uit Distrik Ses
3. J.R. Se Steekdans
4. Ramba Samba
5. Kom Lê Vanaand By My
6. Die Bees Se Boud Is 'n Lekker Boud

met Al Etto, Lindsy Burt, Kenneth Mbovane
Produced by Al Etto
Co-produced by Rico White
Engineered by Richard Mitchell, David Moloele
Keyboards: Al Etto, Lindsy Burt, Kenneth Mbowane
Drum programming: Al Etto & Rico White
Guitar: Al Etto
Vocals: Groove Station

vetseunvetseun
Greatest Hits: Bump & Grind met 'n Smile . HOEZD61 2002 HOEZIT MUSIEK
1. Kô Dans Vanaand Met My
2. Kô Lê Diggy
3. She Don't Like Boerewors
4. Het Jy Al Jou Skuld Betaal
5. Hey Maparamba
6. Sak En Pak Uit Distrik Ses
7. Koekie
8. Eina My Darling
9. 'n Bees Se Boud
10. I Love You More Than Fiesta
11. G-String
12. Baby, Baby Los My Bal
13. Fiela Se Kind
14. Daar Ko Die Bruid

vetseunLAAI AF
Gee My Daai Lekker Goed CDS ......

vetseunvetseun
Vertel Die Magistraat TC/CD . MC RBL 144/CDRBL 144
2001 UNIVERSAL
Kant Een:
1. Vertel Die Magistraat (A. Etto, R. White)
2. She Don't Like Boerewors (A. Etto, R. White)
3. Ons Doen Die Goema Dans (A. Etto, R. White)
Kant Twee:
1. Gee My Daai Lekker Goed (A. Etto, R. White)
2. Pens En Pooitjies Uit (A. Etto, R. White)
3. My Oorlede Broer (S. Green, A. Etto)

Produced & Arranged by: AI Etto
Engineered by: Graham Hendley and all programming of MC500
Recorded at: Sweet Sixteen Studio
Co Arranged by: Rico White

Background Vocals
Kalahari Supremes: Jennifer Zlmlrl, Debbie Meyer and Sylvia
Bass Vocals: Victor & Maxime
Lead Vocals: Groove Station.

Ons is terug met lekker goed soos pens en pooitjies en Boerewors en as jy dik ge-eet is dan doen ons die goema dans. Dan vertel jy die magistraat van jou oorlede broer - en as jy hom klaar vertel het wil ons maar dankie sê vir almal van julle wat mal is oor Groove Station - Baie dankie vir julle support van julle geliefde diere.
Die Hond en die vet Kat Ons is baie liief vir julle.

vetseun
Moetie Soe Wiesie ............................ 2000 SONY MUSIC/BMG/STREET LEVEL
1. Moetie Soe Wiesie
2. Jy Maak My Jas
3. Magtag Hy's Lastig
4. My Stiefma Se Boude
5. On Is Lief Vie Os Biere
6. We're Happy And Gay
7. Patricia: Jy's Wakke
8. Jive Innie Jungle
9. Gatvol
10. Die Stormers (Album Edit)
11. Cheekie Cherrie
12. Bring Ons Kind Huis Toe
13. Jy Maak My Jas (Reg Radio Edit)

vetseunvetseun
101% Kaapse Dans . HOEZD08/PVCD 102 1996 HOEZIT MUSIEK/PVB MUSIC
1. Die Kaap Is Mal Oor Egoli
2. Crazy Cat Medley
3. Hy Sê Hy's Bekeer, Maar Hy Suip Alweer
4. Reddy Dog Bayo Medley
5. Los Hom Uit, Hy Wil Dans: Sy Naam Is Shaun Bartlett
6. Pussycat Medley
7. Daar Is 'n Fraaibaai
8. 'n.Groove Station Ding

vetseunvetseun
Gatvol CDS................... CDSLS(WS)129 1995 SONY MUSIC/BMG/STREET LEVEL
1. Gatvol
2. Jy Maak My Jas
3. Jive Innie Jungle

of dit nou met die violence, die goewerment, boere of probleme is, watookal, die manne van Groove Station is duidelik GatVol met 'n lekker konsertina bygestaande beat sing mens sommer vinnig saam met die koor in die koor en pasop of aai doef-doef het jou nou aan die skoffel.
al etto is al reeds wel bekend en het deel uitgemaak van verskillende outfits oa The Rockets. hierdie, met die nuwe single van die Groove Station word aanhangers gerus gestel dat daar nog baie meer wag.
daar is ook nog twee treffers op. jy maak my jas wat sonder twyfel een van die mees reguit afrikaanse liedjies is, met die effense oorronde gesprek tussen man en vrou wat saam met die heerlike up-tempo doef-doef orals plaasvind. jive innie jungle is jou gewone uitdaag/komonsgaanpartytjie-liedjie, rustige braaivleis ritme en sonskyn stemme wat oortuig dat as ons vanaand uitsteek ...

vetseunLAAI AF
Mammie Ek Is Bang Vir Die Slang CDS .

vetseun
Mammie Ek Is Bang Vir Die Slang LP . RBL 172 1990 ROYB RECORDS
Side 1:
1. Mammie Ek Is Bang Vir Die Slang
2. Jockey Ry Daai Perdjie
3. It’s Not Inside It’s On Top
4. Hoor Hoe Huil Die Mense
Side 2:
1. Saam Toy Toy
2. Ek Soek ‘n Taxi
3. Dronkie
4. My Baby Is A Take Away
5. Interview

vetseunvetseun
Rockman Rock Hulle! LP ..... RBL 163 ROYB RECORDS
Kant Een:
1. Rockman (Al Etto/Rico White)
2. Eina My Darling (Al Etto/Rico White)
3. Happy Christmas From Groove Station (Al Etto/Rico White/D. Young)
4. Tjorie Tjorie (Al Etto/Rico White)
Kant Twee:
1. Oom Hansie Se Nuwe Dans (Al Etto/Rico White)
2. Babbelas (Al Etto/Rico White)
3. My Girlfriend Is Domkop (Al Etto/Rico White)
4. Ouma En Oupa Se Waltz (Al Etto)

Produced & Arranged By: Al Etto
Engineered By: Graham And Adrian At Sweet 16 Studio
Programmed By: Al Etto
Backing Vocals By: Debby Young, Jennifer & Marilyn

Rockman nou op plaat vereer
LT. GREGORY ROCKMAN, die omstrede polisieman van Mitchell's Plain, is nou die onderwerp van 'n nuwe liedjie deur die groep Groove Station. Die liedjie is opgedra aan lt. Rockman en heet Rockman rock Hulle. Die titel van die langspeelplaat is ook Rockman rock Hulle en lt. Rockman was teenwoordig toe die plaat Dinsdagaand ten tyde van 'n groot makietie in 'n hotel in Kaapstad aan mense in die musiekbedryf en die pers bekend gestel is. Die plaat is net betyds vir die Kerstyd, want die plaat het nog só warm van die fabriek afgekom dat die lede van die pers net toets-eksemplare kon bekom. Die plaat word vandag finaal afgerond en word aanstaande week aan platewinkels beskikbaar gestel. Die rede vir Dinsdagaand se geselligheid was om die platemaatskappy Dephon se produkte vir die Kerstyd bekend te stel en ook om Ricardo terug in die land te verwelkom ná sy besoek aan Japan. Ander nuwe plate wat bekend gestel is, is dié van The Challengers, Nina Coyotte, Pat Shange, Yvonne Chaka Chaka (Motherland), William ''Mr. Everything'' Mthethwa, Bobby Hendricks Sound (Driving home for Christmas), The Rockets (We are all African People) en nog vele meer. Chicco en Brenda Fassie se Ma Afrika beloof om 'n enorme treffer te wees en verskyn op Chicco se nuwe album. Maar die kollig het op Groove Station, bestaande uit Al Etto en Rico White, geval. Al en Rico is twee ervare musikante en hulle het 'n wenresep met hul tong-in-die-kies-wyse waarmee hulle kommentaar lewer oor dinge wat daagliks gebeur. Die twee maak pret-musiek - hulle noem dit Weskus-musiek - vir die gewone man. Hulle liedjies is veral gewild oor die Kersseisoen en vorige treffers sluit in liedjies soos Kom dans vanaand met Ons, Vertel die Magistraat, Daar kom die Bruid, Pas op vir die Honde en Beware of the Dogs. 'n Video van Rockman rock Hulle sal waarskynlik binnekort gemaak word en Dephon se Phil Hollis hoop dat lt. Rockman daarin sal optree. Op die album se omslag dans lt. Rockman met 'n kat en 'n hond (Al en Rico), terwyl drie polisiemanne toekyk. 'n Video van Ricardo se weergawe van Loving Arms is ook vertoon en het goeie reaksie gekry. Ricardo het onlangs uit Japan teruggekeer waar hy en sy vriende, Loukmaan Adams en Alistair Isobell, saam met Stevie Wonder opgetree het. Ricardo-hulle se liedjie, We are the children of the World, is gekies as die temalied van die Wêreld Pop Musiekfees in Tokio. Hulle het die verhoog gedeel met kunstenaars soos Bonnie Tyler, B.J. Thomas, Dan Hill en ander sterre. Ricardo was in die wolke oor sy besoek en het met groot lof van Stevie Wonder gepraat. Hy het gesê Ricardo and Friends gaan Noord-Amerika aanstaande jaar besoek en dan ook plaat-opnames met Stevie maak. Hulle beplan om ook Kanada en Australië te besoek. Ricardo se album is op kompakskyf (CD) in Japan uitgereik en hy glo dit gaan 'n groot treffer wees. - Deur ANDREW KOOPMAN Die Burger argief (1989)

vetseun
Pas Op Vir Die Honde LP ..... RBL 155 ROYB RECORDS

Dié sterre sorg nie net vir pret en musiek
PEPSI se All Stars Tour het al wat 'n popper is aan die praat. Nie net omdat Ricardo, Debby Young, The Rockets en Groove Station die mense is wat vir die pret en musiek sorg nie, maar ook omdat dit ouer poppers met heimwee aan pop konserte van die laat sewentigerjare laat dink. Toe was The Rockets, Richard Jon Smith, Lionel Petersen, Jonathan Butler, Ronnie Joyce, Colin Rickets, Walter Brown - en ander sulke kunstenaars - die mense wat tieners gillend na die verhoë laat storm het net om aan hul helde te raak. Die konsep van die All Stars Tour is dieselfde as destyds. Al die kunstenaars wat op toer is, het pas 'n album uitgereik wat baie gewild is, en diegene wat nog nie 'n album uitgereik het nie s'n word oor 'n week of wat uitgereik. Debby Young se album is I'm not your goodtime girl en Groove Station spog met twee albums: Pas op vir die honde en die Engelstalige Beware of the Dogs. Debby en die Vet Hond en die Vet Kat (Groove Station) se albums vaar baie goed. Ricardo se album word einde vandeesmaand uitgereik. Dis getiteld Is there any justice. Die Rockets se album is oor 'n week of wat in die winkels. Dis getiteld All we need is peace, love, joy and understanding. Op die konserttoer wat die hele platteland dek, spog die Rockets met drie nuwe sangers. Een van hulle, Marlon, was destyds een van die Friends van Ricardo. Die drie jong voorsangers projekteer ongelooflike energie van die verhoog af, en met die ervare manne agter die musiek-instrumente - Molly Barron, Frankie Brown, Lindsay Burt en Jerry Watt - word die energieke danspassies 'n visuele skouspel. Ricardo het intussen 'n baie meer volwasse sanger geword en hy straal baie meer vertroue van die verhoog af. Debby Young kan by hierdie toer net baat vind. Sy is 'n ongeslypte diamant en hoe meer ervaring sy opdoen, hoe beter kan sy net word. Groove Station is natuurlik die grapmakers op die verhoog, maar hulle musiek is baie dansbaar . . . en wel, uhm, 'n bietjie stout ook. Hulle stel bekende situasies op die verhoog voor waarmee die gehoor hom ten volle mee kan vereenselwig, en dit bring gewoonlik nie net 'n lag na vore nie, maar laat die manne sommer opstaan en dans. Al Etto en Rico White is natuurlik Groove Station. Al is ook die seremoniemeester van die toerkonsert. Sondagaand is die manne by die Inn on the Plain, en groot vuurwerke kan verwag word! - Die Burger argief (1989)

vetseun
Dancing Heart To Heart LP ............. 1979 POLYDOR

vetseunvetseunvetseun
Daar Kom Die Bruid TC/LP . MC RBL150/RBL 150 ROYB RECORDS
Kant Een:
1. Daar Kom Die Bruid Met 'n Groot Doos/Roos
2. Agter Elke Man Is 'n Moefie
3. Pap En Stew
Kant Twee:
1. Vanaand Gaan Ons Jol Laat Dit Lol
2. Daar Is 'n Snoek In Haar Broek
3. Wat Is 'n Huis Sonder 'n Moeder

Composed by Al Etto & Rico White
Produced and Arranged by: Al Etto
Engineering by: Graham Handley at Sweet Sixteen Studio
Backing Vocals: Debbie Young, Jennifer Zim, Ed James, Vuil Taney & Aleta the Queen

vetseunvetseun
Daar Kom Die Bruid Met 'n Groot Ruis / Vanaand Gaan Ons Jol Laat Dit Lol LP . RBM 089 ROYB RECORDS
Kant Een:
1. Daar Kom Die Bruid Met 'n Groot Ruis (Al Etto)
Kant Twee:
1. Vanaand Gaan Ons Jol Laat Dit Lol (Al Etto & Rico White)

Produced and Arranged by: Al Etto
Engineering by: Graham Handley at Sweet 16 Studio
Programming of MC500: Al Etto and Graham Handley

vetseun
The Best Of Groove Station TC .


ook op :
Ernie "Lastig" Solomon Sabela Die Nomber 6 7 & 8
Merino Merino Merino kompilasie



skakels :

















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)