GlaskasGlaskas - Revolusie, Romantiek, Ruk en Rol
TuisbladGlaskas op FacebookTwitterGlaskas op MyspaceGlaskas op Last.fmYouTubeDiscogsWikipedia

Revolusie, Romantiek, Ruk en Rol - 2006


daar word die ding amper al weer deur geluister voor iets skryf word ...
... " .. wegraak in die oomblik, wegraak in die oomblik, wegraak .. "
dis gewoonlik so by nommer die wat die saak vervaag, en 'n review in 'n luistersessie ontaard, speel gewoonlik drie en twee so vier keer elk voor nommer vier en die res kan oorneem, want soos jul MK dudes weet die een was ook 'n hit, saam met stromstilte
... " .. partykeer, raak ek .. en partykeer verdrink ek in .. "
so as alles net wegraak, spin nommer drie 'n paar keer, so bleep ernstig en tog opliggend en verduidelikend aan die liefde. Ek Wil Jou Hê is seker loshande die coolste hoërskool liefdesuitdaging song ooit, tong-in-die-kies raakvat vergelyking orals, en 'n ritme wat die meubels skud, nie net herken hulle dat hulle soos The Offspring voel nie, maar die song maak ander internasionale bands
" .. maar vaal lyk .. "
... " kleuterskool droom, dan maak die juffrou jou die hoofkarakter, en my die ... ", dit gaan oor in stormstilte wat met 'n rustige deuntjie die liefde so lekker laat link as ooit, so half ironies negatief in die liefdeservaring se geluk, wat musikaal perfek verwoord word ...
... " .. Ek droom, droom, droom, terwyl ek soek na jou .. "
so eerlik soos 'n opstel, en teen die "cliché" sing jy dik saam ...
amper luister ons drie weer, maar vier is 'n treffer vir die nuwe landjie van ons saam met Vrede (5) spreek dit die situasie nogal heel direk aan, die eerste Geagte Meneer Die President, is 'n opebrief met kitaar en drom begeleiding,
" ... en ek Sing ons volkslied uit volle bors .. " en nog 'n hele flippen paragraaf, die hele liedjie aangehaal ...
selfde vir Vrede, dit ruk met 'n mondfluitjie in jou bewussyn op, en spreek met knersende kitare waarhede oor ons land, en hoe dit hier gaan, en hoe dit alles in mekaar pas,
" waar is die vrede?, waar is die equality?, waar is die vrede?, waar is die equality? .. die persoon wat gaan reageer ... infinity?, Martin Luther King?, die Hippies? waar is, Jimi Hendrix .." en jy vra saam, glo nou maar, want voor Romantikus is so bietjie stem losmaak 'n goeie idee, in erkenning van die hopeloosheid van die liefde, " ... Revolusie, Romantiek, Ruk en rol ... " en dan nog
... " .. Laat my nie moed opgee nie, want als is mooi al is als seer .. "
rocker, met band members wat op en afspring om die skare se energie te reflekteer, en iemand se kitaar teen die laaste "glimlag" te reunieer ...
Jaap Vlooi se storie word oor tjikkelinge kitaar vertel, maar die koor bring so bietjie rock na die grappige woorde oor die vreeslose bestaan van die bg Fender Strat musikant ... terug muse toe, in Goeiemôre dis nog 'n dag, word die kitaar weer gebruik om 'n eers dralende melodie voor te bring, later steek hy vas en
"goeiemôre dis ... sonder jou .. " jy sonder skaamte saam, nog 'n kitaar riff een in Malverlief, miskien titel vanselfsprekend, maar met 'n lekker beat ...
... " ... My hart loop oor van jou, en ek brand as ek ... "
daar's 'n engelse een ook, vir die wat engels verstaan ... of miskien vir die wat nie afrikaans verstaan nie, anyway (in elk geval), a driving riff, backed with a steady rhythm and bass, makes a perfect base for the cool lyrical weaving, with a cynical but truthful outlook, singing to the one one right next to you, even if
" ... you're so far away ... "
en daar slaat hulle ons met nog 'n manjefieke liefdeslied, Oor En Oor, met seker die mooiste vergelyking in ons klein musiekversameling,
... " ... Want jy is 'n gedig aan my;
......... En ek is mal daaroor,
......... Om jou oor en oor te lees .. "
aaaaaaaaaa!!!
'n rustige nommertjie, maar mooi soos rose, vroegoggend... die CD sluit af, of anyway die laaste song voor jy jouself in die Stormstilte verloor, met 'n aggresiewer een, Ps!3s is 'n kreet, 'n uitdagingslied, 'n aanmaningslied, 'n motivering, met kitaar en dromme ...
... " .. wegraak in die oomblik, wegraak in die oomblik, wegraak .. "
... " .. kleuterskool droom, dan maak die juffrou jou die hoofkarakter .. "
... " .. En somtyds voel ek net so hopeloos, ek voel hopeloos .. "
... " .. ek sit in die skool en word OPGEVOED - TER deur OBE .. "

Revolusie, Romantiek, Ruk en Rol . GKCD01 BOWLINE
1. Die Liedjie Oor Die Meisie (Ek Wil Jou Hê)
2. Stormstilte
3. Verloor Myself
4. Geagte Meneer Die President
5. Vrede
6. Romantikus
7. Jaap Vlooi
8. Goeiemôre
9. Malverlief
10. All I Really Care About
11. Oor En Oor
12. Ps!3s (Science)

Glaskas - Verloor Myself
Glaskas CDs
Glaskas - Aan Die Ontmaskerde Heldin - Special Edition
Glaskas - Aan Die Ontmaskerde Heldin
Dans Dans Lisa - Die Gids Vir Grootword
Glaskas - Engele Wat Skree - Special Edition
Glaskas - Engele Wat Skree
Aan Die Ontmaskerde Heldin - Special Edition (2010)
Aan Die Ontmaskerde Heldin (2010)
Engele Wat Skree - Special Edition (2009)
Engele Wat Skree (2007)
Glaskas - Revolusie, Romantiek, Ruk en Rol