Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Francis Grobler
met Wynand Strydom
vetseunhier
Pyltjies Innie Sand (CD/Digbundel) ... 2007 GRIFFEL MEDIA
ISBN: 9780620376563
1. Pyltjies Innie Sand
2. Aandklas
3. Daai Goedjies
4. Woorde
5. Boodskap In 'n Bottel
6. Ikarus
7. Lintjie Om Jou Vinger
8. Wiege-liege-lied
9. Vincent's Blues
10. In My Wyn
11. Saartjie
12. Innie Boks
13. Pers Blom
14. Wêreldstatistieke
15. Die Storie Van Die Skippie
16. Jou Hond Se Naam

Hierdie digbundel, wat 75 gedigte bevat deur die debutant, Francis Grobler, gee 'n sterk emosionele en nostalgiese blik op die Suid-Afrikaanse landskap.
Daar is egter 'n wye verskeidenheid gedigte wat 'n groot spektrum onderwerpe dek. Uit die al gedigte is 16 uitgesonder, wat getoonset is deur Tony Ridgway, en opgeneem is deur die bekroonde sanger, Wynand Strydom. Die CD word by die bundel ingesluit. - graffitibooks.co.za

Die bundel is vars. Anders. Nostalgies, universeel en Suid-Afrikaans. Dit raak aan teenoorgestelde pole en uiterstes, soms met 'n tikkie humor. Die titel en die bladontwerp is aanvullend tot die inhoud en ontlok onmiddellik 'n dieper soeke na die onderliggende boodskap. Dit dek 'n wye spektrum digvorme, vanaf swaar rooiwyn- en kaggelvuur-ballades, epies-liriese dramatiese digstukke, wat afgewissel word met ligte satires, met 'n goeie skakering tussen-in. 'n Fyn onvermoeiende balans. Elke denkbare emosie word in kunstige prosa - soms in ongebonde styl en beskrywende, verhalende letterkunde - met sorgvuldige woordkeuse in verstandstaal vasgepen en verwoord. Retoriese vrae rakende sosiale, religieuse en emosionele kwessies kom af en toe gesigwys op die voorgrond. Dikwels verruil die skrywer die werklikheid vir die vlerke van drome, en neem die leser onwillekeurig saam. Sestien van hierdie gedigte is geniaal getoonset deur Tony Ridgway. Dit word gesing deur die bekende sanger, Wynand Strydom, wat met sy uitsonderlike stem die atmosfeer waarin die gedig geskryf is, perfek weergee en komplimenteer. Die CD is by die bundel ingesluit en word as 'n eenheid bemark. Voorwaar 'n onontbeerlike koffietafel-noodsaaklikheid.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
laat ons van jou musiek weet - vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)