Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Fokofpolisiekar .co.za

2020 11 29 - Fokof Lager presents The Sound Of Fokof Unplugged, Dis 'n Livestream, Fokofpolisiekar, 16:00, facebook.com/event, bit.ly/fokofunplugged - iTickets.co.za - Marras
vetseun
vetseun

Fokof Lager & Marras wyn bied aan - FOKOFPOLISIEKAR: The sound of FOKOF unplugged (regstreekse stroomkonsert)
vetseun
Hunter Kennedy, Johnny de Ridder, Francois van Coke, Jaco Snakehead Venter, Wynand Myburgh Fotograaf: Jaco S. Venter

The sound of FOKOF unplugged (regstreekse stroomkonsert)

Aan die einde van November gaan Fokofpolisiekar hul elektriese kitare ontkoppel en oorskakel na hul akoestiese instrumente om n regstreekste stroomkonsert te skep wat baie anders is as hul gewone plofbare klank.
2020 is n intense jaar, so Die Bende is reg om die somer in te sien met akoestiese- en klavier verwerkings van hul musiek.
Wat is nou lekkerder as n lui Sondagmiddag met n Fokof Lager of n glas Marras wyn in jou hand, n braai wat aan die gang is; omring deur vriende en familie wat almal hul gunsteling Fokof liedjies saamsing?
Sien uit om Fokof liedjies te hoor soos nog nooit tevore nie. Sien uit na The Sound Of FOKOF unplugged. Do-Re-Fokn-Mi!
The Sound Of FOKOF unplugged sal regstreeks gestroom word vanaf die kunstenaar, Lionel Smit, se studio in Somerset West.


Fokofpolisiekar - Teen Die Wet VID >>> (2020)
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/11/14

Vanaand om 8pm premiere Die Bende n musiekvideo vir Teen Die Wet op YouTube. Stel jou alarm vir TEEN DIE WET

Teen Die Wet is klavier-gedrewe ballade vanaf Fokofpolisiekar se nuutste kortspeler, Kajuitkoors, wat in Oktober vanjaar vrygestel is.
Bekende kunstenaar, Lionel Smit, het die musiekvideo verfilm terwyl die manne Kajuitkoors by Sunset Studios opgeneem het.
Die musiekvideo vang die studio op die Wechmarshof-landgoed se skoonheid en die groepslede se gevoelens tydens Teen Die Wet se opname mooi vas. Hunter Kennedy verduidelik: Dit gaan oor die sielkundige effek van die inperking. Ek het al 'n paar keer trane gestort as ek dit luister en dink aan die horror stories van lockdown wat niks te doen het met die siekte nie.
Na die YouTube premiere om 8pm, gaan die vyf Fokfopolisiekar-lede regstreeks op Facebook om met hul aanhangers te gesels oor die stroomkonsert, die nuwe musiekvideo, en die Kajuitkoors kortspeler.

Terug na Fokofpolisiekar regstreekse stroomkonsert

Ons het nog nie weer n volle unplugged vertoning gedoen sedert die Monoloog albumbekendstellingstoer in 2005 nie. Dit is exciting omdat ons hope liedjies sedertdien geskryf het wat ons kan verwerk vir hierdie konsert. Ek sien uit om ons nuutste ballade, Teen Die Wet, vanaf ons nuutste EP, te perform. Ek is ook amped om songs soos Paranoa, wat ons nooit opvoer nie, te perform, vertel Francois van Coke.

Wat om van die regstreekse stroomkonsert te verwag:

Net soos met ons 17de verjaardag livestream wil ons iets maak wat uniek is en wat vir jare vorentoe onthou sal word. 2020 is n mal jaar en deur hierdie show te livestream, dokumenteer ons hoe ons hierdie jaar afgesluit het. Die beste deel is dat enige iemand deel kan wees van hierdie historiese oomblik skakel net in, s Jaco Snakehead Venter.

Wat om te verwag van die #fokofunplugged livestream:

- Dit sal die eerste Fokof akoestiese vertoning in jare wees;
- Fokof liedjies opgevoer word op 'n manier wat jy lanklaas gehoor het of selfs óóit;
- Hierdie Sondagmiddag konsert en die idee is om dit te geniet terwyl jy braai of uithang saam met vriende en familie;
- Eendersdenkende mense van regoor die wêreld wat die konsert saam kyk;
- Regstreekse Zoom-kamers waar mense met mekaar, sowel as die band interaksies het;
- Regstreekste interaksies met die band via sosiale media;
- Lewer kommentaar en praat met mekaar op die livestream-blad se 'geselsboksie';
- Hope Fokof Lager en Marras wyn wat geniet word - verantwoordelik, natuurlik!

Hoe dit sal werk:

- Kaartjiehouers sal 'n unieke skakel ontvang sodra hul bestelling verwerk is by iTickets. Op die dag van die konsert sal die kaartjiehouer weer 'n e-pos ontvang met die unieke skakel na die vertoning. Met hierdie skakel sal jy toegang kry na die livestream deur die e-posadres waarmee jy geregistreer het, plus jou bestellingsnommer in te tik.
- Die maklikste opsie is om jou skootrekenaar deur middel van 'n HDMI-kabel aan jou TV te konnekteer.
- Indien jy 'n toestel (Apple TV, Google Chromecast, ens.) het wat kan 'airplay' of 'screen mirror, sal jy dit vanaf jou foon tot daardie toestel kan speel.
- Die ander alternatief is om die konsert op jou slimfoon of tablet in jou hand of op jou skootrekenaar te kyk, met maklike toegang tot die videospeler se 'geselsboksie'.

Meer oor FOKOF Unplugged deur die jare
vetseun
In 2005 het Die Bende Monoloog In Stereo uitgereik. Hierdie album het n meer versagte klank gehad as die vorige twee punk rock vrystellings.

Ons het besef dat daar min musieklokale is wat harde rock shows kan akkommodeer. Met n vertoning wat meer gestroop is, kon ons by meer plekke regoor die land speel tydens toere, s Johnny de Ridder.
Vanaf 2007 het Fokofpolisiekar minder begin optree en het hierdie gestroopte vertonings weggeval, behalwe vir n paar konserte by Barnyard Teaters en Kirstenbosch waar die groep hul rock vertoning met n akoestiese stel sou afskop.

Die akoestiese shows was maar ek wat oorskakel na n akoestiese kitaar en ons wat die Monoloog liedjies en n paar ander rustiger weergawes van liedjies soos Ek Skyn (Heilig) en Klipgooi Glashuis, speel. Ek sou dit nie ontkoppel of selfs akoesties noem nie. Dis meer soos ligte rock, s Hunter Kennedy.

Om hierdie mal COVID-jaar mee af te sluit en in sy maai te stuur, het Fokof besluit om n volle ontkoppelde konsert te hou. Dit sal heel moontlik hul laaste regstreekse stroomkonsert wees.

Met die beperkings op byeenkomste wat saam met COVID-19 gekom het, moes ons oorskakel na livestreaming om n inkomste te genereer, maar mens kan net soveel keer livestream. So hierdie is potensieel ons laaste een, maar hierdie een sal iets baie spesiaal wees waarin ons ondersteuners, familie en vriende van regoor die wreld regstreeks kan deel wees. Dit is die beauty van livestreaming n vertoning wat onmiddelik in n internasionale konsert verander, s Wynand Myburgh.

vetseun
vetseun

Fokofpolisiekar - "Kan jy my skroewe vir my vasdraai?" - 2020 Koos Kombuis
vetseun
- SUPERLYN VAN DIE DAG 2020/07/28 - "Kan jy my skroewe vir my vasdraai?" - Hemel Op Die Platteland --- Koos Kombuis

vetseun
Ons Is Die Virus CDS ....................... 2020
- LIED VAN DIE DAG 2020/09/28

2020 10 01 - Fokofpolisiekar "Kajuitkoors" EP LAUNCH
vetseunLAAI AF
Kajuitkoors EP ................................... 2020
1. STFU
2. Raak Siek Raak Gesond
3. Ons Is Die Virus
4. Teen Die Wet
- LYN VAN DIE DAG 2020/10/02 - ... " ... nul verskoning, dis self toegedien as jy smeek daarvoor... " - STFU
- LYN VAN DIE DAG 2020/10/01 - ... " ... ek weet nie wat jy wil hê ek moet sê nie... " - Raak Siek Raak Gesond
- LIED VAN DIE DAG 2020/10/01 - Teen Die Wet >>>
- LYN VAN DIE DAG 2020/09/30 - ... " ... haat nie, nog nooit gewens my Pa het ... " - Ons Is Die Virus
- LIED VAN DIE DAG 2020/09/30 - Raak Siek Raak Gesond
- LYN VAN DIE DAG 2020/09/29 - ... " ... dis teen die wet om te ... dis teen die wet om te ... ons kan ... toe gaan as ons ... " - Teen Die Wet
- LIED VAN DIE DAG 2020/09/29 - STFU
- ALBUM VAN DIE WEEK 2020/09/29
- LIED VAN DIE DAG 2020/09/28 - Ons Is Die Virus

vetseun
vetseun
vetseun
vetseun

vetseun
FOKOFPOLISIEKAR se Super Sick Seventeenth LIVESTREAM show . 2020
1. Dis In My Bloed, Baby
2. Brand Suid-Afrika
3. Morning Star,.Durbanville
4. As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand
5. Verklaar
6. Bid Vir My
7. Lugsteuring
8. Wees Lekker '84
9. Ek Glo In Die Son
10. B2CY
11. Vernietig Jouself
12. Hemel Op Die Platteland
13. Tygerberg Vliegtuig
14. Die Illusie Van Veiligheid
15. Selfmedikasie
16. Klipgooi Glashuis
17. Selfoontoring Van Babel
18. Angs Aanval
19. Speel Daai Ou Kak
20. Maria (Jy Hoef Nie Na My Te Luister Nie)
21. Tevrede?
22. Maak Of Braak
23. Komma
24. FLVJ
25. Dagdronk
26. Antibiotika
27. Ek Skyn (Heilig)
28. Fokofpolisiekar
29. Tiny Town

vetseun
Sweet 16 .............................................. 2020
1. As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand
2. Brand Suid-Afrika
3. Morning Star,.Durbanville
4. Bid Vir My
5. Ek Dink Aan Jou (As Dit Reën)
6. Hemel Op Die Platteland
7. Vernietig Jouself
8. Selfmedikasie
9. Selfoontoring Van Babel
10. Verklaar
11. Maria (Jy Hoef Nie Na My Te Luister Nie)
12. FLVJ
13. Dagdronk
14. Antibiotika
15. Ek Skyn (Heilig)
16. Fokofpolisiekar

vetseun
As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand 10" . FPK002 2018 PUNKSKELM PLATE/PERMANENT
1. As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand
2. Maak Of Braak
3. Verklaar
4. Hemel Op Die Platteland
Kant Twee:
1. Vernietig Jouself
2. Tygerberg Vliegtuig


Fokofpolisiekar - Droom Hoog VID >>> (2018)


Francois Van Coke & Drakensberg Boys Choir - Komma VID >>> (2019) - The Voice SA | M-Net
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/09/29


Fokofpolisiekar - Komma (Live at Kirstenbosch Gardens) VID >>> (2018)

vetseun
Komma (Live at Kirstenbosch Gardens) CDS . 2018

vetseun
Droom Hoog 10" ................ FPK009 2018 PUNKSKELM PLATE/PERMANENT
Kant Een:
1. Ek Wens Ek Was Meer
2. Droom Hoog
3. Wees Lekker '84
Kant Twee:
1. Maria (Jy Hoef Nie Na My Te Luister Nie)
2. Speel Daai Ou Kak


Fokofpolisiekar - Parkiebank, Herfs 2017 VID >>> (2017)


Fokofpolisiekar - Selfoontoring Van Babel VID >>> (2017)
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/10/02


Fokofpolisiekar - Dis In My Bloed, Baby VID >>> (2017)

vetseun
Selfmedikasie .................... FPK008 2017 PUNKSKELM PLATE/PERMANENT
1. Dis In My Bloed, Baby
2. Parkiebank, Herfs 2017
3. Afgesonder
4. Ek Glo In Die Son
5. Selfoontoring Van Babel
6. Ek Is Cool (Ons Is Fukt-up)
7. Wat Is Hierdie Liedjie Se Naam?
8. Belowe Jou, Belowe My
9. Selfmedikasie
10. B2CY
11. Komma
12. FLVJ
13. Lied Van Die Slang

vetseun
Selfmedikasie LP ............. FPK007 2017 PUNKSKELM PLATE/PERMANENT
Kant Een:
1. Dis In My Bloed, Baby
2. Parkiebank, Herfs 2017
3. Afgesonder
4. Ek Glo In Die Son
5. Selfoontoring Van Babel
6. Ek Is Cool (Ons Is Fukt-up)
7. Wat Is Hierdie Liedjie Se Naam?
Kant Twee:
1. Belowe Jou, Belowe My
2. Selfmedikasie
3. B2CY
4. Komma
5. FLVJ
6. Lied Van Die Slang

vetseun
Brand Suid-Afrika / Antibiotika 10" . FPK006 2017 PUNKSKELM PLATE/PERMANENT
Kant Een:- Brand Suid-Afrika
1. Tiener Aksie Einde
2. Brand Suid-Afrika
3. Klipgooi Glashuis
4. Hemel Op Die Platteland (Akoestiese Weergawe)
Kant Twee: - Antibiotika
1. Antibiotika
2. Van Weelde En Rykdom
3. Tussen Die Krake
4. Kyk Noord

vetseun
Monoloog In Stereo 10" EP . FPK004 2015 PUNKSKELM PLATE
Kant Een:
1. Oop Vir Misinterpretasie
2. Ek Dink Aan Jou (As Dit Reën)
3. Die Illusie Van Veiligheid
Kant Twee:
1. Wintersdag By Die Seer
2. Monoloog In Stereo
3. Die Seksuele Revolusie

vetseun
Swanesang LP .................. FPK004 2014 PUNKSKELM PLATE
Kant Een:
1. Morning Star,.Durbanville
2. Heiden Heiland
3. Swanesang
4. Bel Vir Middelvinger
5. Vasbeslote Korporasie (Deel 1)
6. Prioritiseer
Kant Twee:
1. Vir Altyd 07 November
2. Ek Skyn (Heilig)
3. Brand Suid-Afrika
4. Backstage (As Daar Een Is)
5. Déjà Vu
6. Vasbeslote Korporasie (Deel 2)

vetseun2014 03 28 - Firkin, Centurion

Aarghh,nie alle aande uit kan werk nie, die een was hard, spaar ons asb. die fkn details, ons doen so. Die show self was befok, dis die extreme extentuating circumstances wat mens (party)keer fok.

Maar die tog - wat die eToll 'n mission gemaak het - na halfpad Pretoria toe, moes gemaak geword het om die nuwe single se afgaan te sien. Dit het eers later gebeur en intussen is die moerse plek, stampvol alklaar. Dit alles na 'n impromtu verkenning van Centurion se eenrigtingstraatmaze.

Die klub self is iets vanuit 'n Escher poskaartpakkie, trappe hiernatoe en vlakke orals, heerlik gevul met angstige afwagtende Fokkoffers. Na ons die dieptes verken, (ons toegang fail nog nie, alleen die keer weer, verskoon), paaiende bier gekoop, vlam tot die fun begin...

Terug in die losskrum wat 'n crowd is, glimlaggende groepe vriende verkeer rustig orals, die eerste bandmembers verskyn op die stage (verskans) en almal beur nader. Die setlist is 'n moerhou, nuwe lede word vinnig gebloed, massiewe ondersteuners maak dit onmoontlik om enige iets behalwe rondspringende bandlede se koppe te sien.

Op die stadium met die FPK wat die plek laat vibreer en hoppende mense op elke (Escher) hoek, kon ons snaaks genoeg nie 'n BLabel kry nie, so deur die throng is ons.. Gebier nou en dis terug na iets van die band probeer sien. Kry half 'n drone view, daar is 'n meisie op die stage, sing sy?

So ons is settled vir die res, die plek rock, mense in die rafters, mense orals, skop maak 'n plekkie oop, vir hop. Ons is maar nou eers by Illusie... Lekker, kry vir jou. Kannie regtig bybly met die hop drink en onthounie, maar doen die man se bes.

Paranoia, live, moet ek iets sê...? wag, checkkit. Maak Of Braak (2003), Dagdronk (2012), Bid Vir My (2004), Paranoia (2014), Antibiotika (2008), Ek Skyn (Heilig) (2006), en dan die titelsnit van ons jare saam met Francois van Coke, Johnny de Ridder, Hunter Kennedy en Wynand Myburgh.

FKN Respek. Sopnat gesweet, kan ons nie help om onder van hul gantries deur te ry nie... afgeskryf.

vetseun
Lugsteuring LP ................ FPK003 2014 PUNKSKELM PLATE
Kant Een:
1. Bid Vir My
2. Sielswartgat
3. Sporadies Nomadies
4. Lugsteuring
5. Tonnelvisie
6. Ontken Altyd Alles
Kant Twee:
1. Die Grootste Gaping
2. My Lys Verskonings
3. Leeg Lê Drome Droom
4. Tevrede?
5. Angsaanval
6. Tiny Town

2013 12 11 - The Barnyard Theatre, Cresta
vetseun
2013 12 13 - Arcade Empire, Pretoria

vetseunvetseun
2013 12 14 - Rumours Lounge, Roodepoort, R80/R100

vetseunLAAI AF
As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand EP . 2013
1. As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand
2. Maak Of Braak
3. Verklaar
4. Hemel Op Die Platteland
5. Vernietig Jouself
6. Tygerberg Vliegtuig
7. Fokofpolisiekar
vetseun
10 Jaar Met Vuur Speel Toer

In September 2003 het die vyf Fokofpolisiekar manne al die geld, wat hulle as ekstras verdien het in 'n Duitse advertensie, gebruik om studio-tyd te bespreek. Hulle het in 'n Toyota Venture paneelwa geklim het na Impala Park in Boksburg gery.

Hulle het vyf dae saam met Jean Paul De Stefani by sy B Sharp studio spandeer om die 7-snit kortspeler getiteld, As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand, te vervaardig. Die lewens van die vyf vriende het vir ewig verander.

As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand is in die begin van Desember in 2003 by 'n stampvol Mercury Live in Kaapstad bekendgestel aan 'n entoesiastiese gehoor wat die geboorte van 'n nuwe era in Afrikaans en Suid-Afrikaanse rock aanskou het.

Binnekort sal Fokofpolisiekar 'n dekade van As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand vier met die vrystelling van 'n beperkte-uitgawe plaat reproduksie van hierdie klassieke kortspeler.

Fokofpolisiekar sal die pad vat om hierdie plaat na hulle fans te bring. Die band is besig om aan nuwe materiaal te werk, so aanhangers kan uitsien na ten minste twee splinternuwe liedjies tydens hul optredes.

Hulle sal weer 'n akoestiese vertoning gevolg deur 'n hoë volume rock stel aanbied. Die vertoning duur 120 minute en kan nie misgeloop word nie. Twee honderd en vyftig plate, Fokofpolisiekar se Live DVD, Forgive Them For They Suck K*k, die boek Biografie Van 'n Bende en ander aandenkings sal te koop wees by die vertonings.

vetseun
As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand LP . 2013
met
As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand
Maak Of Braak
Verklaar
Hemel Op Die Platteland
Vernietig Jouself
Tygerberg Vliegtuig
Fokofpolisiekar
plus meer?


Fokofpolisiekar - Tussen Die Krake VID >>> (2013)

DVD LAUNCH: 8 Augustus, Oppikoppi BewilderBeast
vetseunvetseun
Forgive Them For They Suck K*k DVD . FPK 001 2013 FOKOFPOLISIEKAR
- Live At The Barnyard Theatre Cresta -
Accoustic Set:
1. Ek Dink Aan Jou (As Dit Reën)
2. Klipgooi Glashuis
3. Wintersdag By Die Seer
4. Bel Vir Middelvinger
5. Vasbeslote Korporasie (Deel 1)
6. Vasbeslote Korporasie (Deel 2)
7. Monoloog In Stereo
8. Die Illusie Van Veiligheid
9. Tiny Town
Rock Set:
1. Brand Suid-Afrika
2. Vernietig Jouself
3. Hemel Op Die Platteland
4. Morning Star,.Durbanville
5. Vir Altyd 07 November
6. Tevrede?
7. Maak Of Braak
8. Prioritiseer
9. Angsaanval
10. Dagdronk
11. Antibiotika
12. Kyk Noord
13. Ek Skyn (Heilig)
14. Fokofpolisiekar
vetseun
FOKOFPOLISIEKAR & MK bied aan:
Forgive Them for They Suck K*k
Live at The Barnyard Theatre Cresta



Fokofpolisiekar het bekend geword vir hul eksplosiewe vertonings en rou energie op die verhoog. Die band se kontroversiële en ondersoekende lirieke en lewenstyl het hulle gou berug gemaak in die Suid-Afrikaanse media. Hul voortgesette sukses en groeiende gewildheid wat deur klas-, ouderdom- en rasse grense breek, getuig van hul artistieke diepte en sosiale impak... en bewys dat Fokofpolisiekar veel meer as net 'n verregaande naam is.


In Desember 2012, in aanloop tot Fokofpolisiekar se tien jaar herdenking, het vriende en fans na die Barnyard (in Cresta Mall, Johannesburg)gestroom om die Gees van Fokof te ervaar. Die opname van hierdie optrede was oorspronklik bedoel vir 'live streaming' op mktv.co.za. Fokofpolisiekar en MK het gedink: "Kom ons maak dit 'n DVD'.


Forgive Them for They Suck K*k bevat 'n seleksie van die band se gewildste akoestiese- en rock aanbiedingevan die afgelope dekade.


Baskitaarspeler Wynand Myburgh verduidelik die DVD se titel:

"Ons neem onsself nie te ernstig op nie. Nadat ons al vir tien jaar saam is geniet ons regtig mekaar se geselskap en om saam op te tree. Ons individuele skedules laat nie altyd repetisies toe nie en ons grap altyd oor hoe goed die Fokofpolisiekar vertonings gaan ten spyte van die feit dat ons nie baie oefen nie.
Vir ons as band gaan dit alles oor die uitbeelding en kanalisering van die energie van ons musiek terwyl ons optree. Ons het eintlik 'n naam vir dit: die Gees van Fokof (The Spirit Of Fokof). Dit is 'n rou energie, vriendskap en konneksie wat deur die jare gevorm is van saam optree.'
In 2009 het Fly on the Wall 'nFokofpolisiekardokumentêr getiteld Forgive Them For They Know Not What They Do vrygestel. Wynand sê: "Ek het gegrap dat die naam vir 'n opvolg DVD Forgive Them for They Suck K*k moet wees. Die naam het vasgesteek. Ons proklameer nie dat dit die beste live show ooit is nie, maar dit het 'n vibe. Vergewe ons en geniet!!'

Die DVD sal vanaf 6 September beskikbaar wees by plaaslike musiek- en DVD winkels en ook by www.thegreekmerchant.com
en
Kalahari.com.


Skakels:
Website: www.fokofpolisiekar.co.za
Facebook: http://www.facebook.com/Fokofpoliskiekar
Twitter: @fokofband

vetseunvetseunvetseun
Fokofpolisiekar CD/DVD ... RR129 2012 RHYTHM RECORDS
Disk 1: CD
1. Hemel Op Die Platteland
2. Maak Of Braak
3. Vernietig Jouself
4. Tygerberg Vliegtuig
5. Fokofpolisiekar
6. Tevrede?
7. Angsaanval
8. Tiny Town
9. Die Illusie Van Veiligheid
10. Ek Dink Aan Jou (As Dit Reën)
11. Monoloog In Stereo
12. Brand Suid-Afrika
13. Tiener Aksie Einde
14. Klipgooi Glashuis
15. Prioritiseer
16. Ek Skyn (Heilig)
17. Swanesang
18. Bel Vir Middelvinger
19. Vasbeslote Korporasie (Deel 1)
20. Tussen Die Krake
21. Kyk Noord
22. Antibiotika
23. Hemel Op Die Platteland (Akoesties)
Disk 2: DVD
1. Tussen Die Krake (Unreleased)
2. Hemel Op Die Platteland
3. Tevrede?
4. Hemel Op Die Platteland (Akoestiese Weergawe)
5. Die Illusie Van Veiligheid
6. Tiener Aksie Einde
7. Brand Suid-Afrika
8. Ek Skyn (Heilig)
9. Antibiotika
10. Maak Of Braak (Unauthorised)
11. Tygerberg Vliegtuig (Unauthorised)

Fokofpolisiekar is volgende jaar 10 jaar oud. Om hierdie mylpaal te vier is hulle tans besig met hulle "10 jaar" - toer, en daarmee saam het hulle pas 'n dubbel CD uitgereik met musiek en videos wat van die afgelope dekade. Die dubbel album bestaan uit FPK ondersteuners se persoonlike gunstelinge, asook al die FPK musiekvideos, insluitende materiaal wat nog nie voorheen uitgereik is nie.

Hierdie dubbel CD is die ideale geskenk vir die wat hulle FPK albums iewers langs die pad verloor her, vir jonger broers en susters van FPK se oorspronklike aanhangers en vir die aanhangers wat graag al die beskikbare video materiaal wil besit.

Die legendariese vyf-stuk Rock groep, oorspronklik van Bellville, het 'n onvergeetbare indruk op die plaaslike musiek bedryf gemaak met hulle eerste album, As jy met vuur speel sal jy brand. Sedert 2003 het Fokofpolisiekar 'n kontroversiële, opwindende en uiters suksesvolle loopbaan.

Nege jaar later en net 'n paar maande weg van hul 10-jaar herdenking as een van Suid-Afrika se mees suksesvolle groepe, bied Fokofpolisiekar nog steeds daardie magnetiese krag by hulle vertonings. Die groep se vertoning by OppiKoppi Sweet/Thing het een van die grootse skares getrek by die fees.

"Later die aand het Fokofpolisiekar meer as 18 000 mense na hulle vertoning getrek. Dit was die grootse skare wat ek nog ooit vir enige groep by die fees gesien het en het al die pad op tot by die Koppi gestrek. Mense het op klippe gestaan om net 'n stukkie van die konings van SA Rock te sien. Fokofpolisiekar en Seether het met goeie rede die grootse gehoor by die fees gehad." - Therese Owen, Star Tonight

-------------------------------

Fokofpolisiekar is a South African Afrikaans pop punk band from Bellville in Cape Town, formed in 2003. The band has been the cause of much controversy amongst the general public - generally due to their band name translating to "Fuck Off Police Car" in English, as well as the lyrical content of many of their songs.

Band Members: Francois van Coke, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder, Wynand Myburgh & Jaco Venter.

We were contemplainting a CD title for this Fokofpolisiekar album to the likes of : Forgive them for they don t have any hits . But we didn't. CDs one of the most popular S.A groundswell movements of the first decade of the 2000s are now in demand by several categories of fans : those who have lost their original CD copies at parties and forgot where and when they last saw their own copy, the younger brothers and sisters of the original followers who were still in the lower school grades when Fokof first broke the mould, and those who are curious to know what songs the band themselves prefer and also those who are burning to see some unreleased video material of the band in their early daze. This double disc offer is made up of songs which the band themselves consider to be their personal favourites and all music videos, official and previously unreleased bootleg stuff.

vetseunvetseunvetseun
VanFokKingTasties Akoesties kompilasie . SF 014 2012 SUPRA FAMILIAS
1. Dead End Ave (Over A Long Distance) - aKING
2. In En Uit - Die Heuwels Fantasties
3. Dagdronk - Fokofpolisiekar
4. Nare Kaskenades - Die Heuwels Fantasties
5. In The Twilight - aKING
6. Buitenkant II - Van Coke Kartel
7. Voor Ons Stof Word - Van Coke Kartel
8. Facebrick Constellations - aKING
9. Klipgooi Glashuis - Fokofpolisiekar
10. Almal Is Bang - Van Coke Kartel
11. Vasbeslote Korporasie (Deel 1) - Fokofpolisiekar
12. Tyd - Die Heuwels Fantasties
- LIED VAN DIE DAG 2020/08/18 - Fokofpolisiekar - Dagdronk >>>

Four of South Africa's powerhouse bands join forces again, this time to release their first ever acoustic offering. A collaborative effort from Afrikaans rock legends Fokofpolisiekar and Van Coke Kartel, alongside Electro-Pop sensation Die Heuwels Fantasties and English pop-rocker aKING showcase a collection of new never before heard tracks with acoustic versions of existing hits.

vetseunvetseunvetseun
Woorde (Liedboek) . 2010

vetseunvetseunvetseunvetseun
Forgive Them For They Know Not What They Do DVD 107min . 2009
Dokumentêr plus Live Video's :
* Bid Vir My
* Vernietig Jouself
* Lugsteuring
* Brand Suid-Afrika
* Ek Skyn (Heilig)
* Trailer

Regisseur, Bryan Little

Forgive Them For They Know Not What They Do
vetseunvetseunvetseun
klankbaan ............................. RR103 2009 RHYTHM RECORDSvetseunvetseun
1. Fokofpolisiekar
2. As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand
3. Maak Of Braak
4. Tygerberg Vliegtuig
5. Sporadies Nomadies
6. Hemel Op Die Platteland
7. Die Grootste Gaping
8. Bid Vir My
9. Vernietig Jouself
10. Monoloog In Stereo
11. Vasbeslote Korporasie (Deel 2)
12. Lugsteuring
13. Tevrede?
14. Die Illusie Van Veiligheid
15. Brand Suid-Afrika
16. Antibiotika
17. Wintersdag By Die Seer
18. Ek Skyn (Heilig)



Fokofpolisiekar - Antibiotika VID >>> (2014)
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/10/01

vetseunvetseun
Antibiotika EP/DVD .............. RR091 2008 RHYTHM RECORDS
Disk 1: EPvetseun
1. Antibiotika
2. Kyk Noord
3. Van Weelde En Rykdom
4. Tussen Die Krake
Disk 2: DVD
1. Hemel Op Die Platteland (VIDEO)
2. Tevrede? (VIDEO)
3. Die Illusie Van Veiligheid (VIDEO)
4. Hemel Op Die Platteland (Akoestiese Weergawe) (VIDEO)
5. Ek Skyn (Heilig) (VIDEO)
6. Brand Suid-Afrika (VIDEO)
7. Maak Of Braak (BONUS VIDEO)
8. Tiener Aksie Einde (BONUS VIDEO)
9. Fokofpolisiekar Dokumentêr Voorskou

is Francois van Coke (Van Coke Kartel), Hunter Kennedy (aKING; Die Heuwels Fantasties), Johnny de Ridder (Jax Panik, Soft Light City), Wynand Myburgh (Van Coke Kartel), Jaco (Snakehead) Ventervetseun

Nou ja, erken of misken dit, Fokof het dit weer gedoen. Sekondes into die eerste snit is ons stoel die venster uit en spring ons uitermatig op-en-af--en-rond. Die woorde word nog oor ons koppie gesing maar die ritmes neem oor en die krakende kitare laat herinneringe van krete oor die hoendervleis op my voorarms vloei.
Na so half polities korrekte rusperiode met bygaande redes en misterieuse rumours van "uitbrand" of "opbreek". Hulle "brand" nou Suid-Afrika as dele van aKING, Die Heuwels Fantasties, Van Coke Kartel, Inge Beckmann en nog meer.. Johnny produseer ook van die uitgawes en singles. So miskien is konvensie alweer die ding wat "breek"...
Maar die nuwe CD, die nuwe CD... Eina.

sien Francois van Coke Solo Shows


Fokofpolisiekar - Ek Skyn (Heilig) VID >>> (2006)

vetseunvetseunvetseun
Swanesang .................................... RR071 2006 RHYTHM RECORDSvetseun
1. Morning Star,.Durbanvillevetseun
2. Heiden Heiland
3. Swanesang
4. Bel Vir Middelvinger
5. Vasbeslote Korporasie (Deel 1)
6. Prioritiseer
7. Vir Altyd 07 November
8. Ek Skyn (Heilig)
9. Brand Suid-Afrika
10. Backstage (As Daar Een Is)
11. Déjà Vu
12. Vasbeslote Korporasie (Deel 2)
- LYN VAN DIE DAG 2020/11/14 - " ... Ek staan voor jou deur en my kop klop ... " - Ek Skyn (Heilig)
- LIED VAN DIE DAG 2020/07/27 - Prioritiseer >>>

is Francois van Coke, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder, Wynand Myburgh, Jaco (Snakehead) Venter

vetseunvetseun
A Virtual Collection... ......................... 2006 RHYTHM RECORDS
1. Fokofpolisiekar
2. Angsaanval
3. Prioritiseer
4. Ek Skyn (Heilig)
5. Lugsteuring
6. As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand
7. Morning Star,.Durbanville
8. Monoloog In Stereo
9. Ek Dink Aan Jou (As Dit Reën)
10. Die Illusie Van Veiligheid
11. Heiden Heiland
12. Tevrede?
13. Tiener Aksie Einde
14. Hemel Op Die Platteland
15. Vir Altyd 07 November
16. Bid Vir My
17. Brand Suid-Afrika
18. Swanesang

is Francois van Coke, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder, Wynand Myburgh, Jaco (Snakehead) Venter


Fokofpolisiekar - Tiener Aksie Einde VID >>> (2006)

vetseunvetseunvetseun
Brand Suid-Afrika EP .......... RR066 2006 RHYTHM RECORDS
1. Tiener Aksie Einde
2. Brand Suid-Afrika
3. Klipgooi Glashuis
4. Hemel Op Die Platteland (Acoustic Version) + VID
vetseunvetseun

is Francois van Coke, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder, Wynand Myburgh, Jaco (Snakehead) Venter


Fokofpolisiekar - Brand Suid-Afrika VID >>> (2005)


Fokofpolisiekar - Die Illusie Van Veiligheid VID >>> (2005)

vetseunvetseunvetseun
Monoloog In Stereo EP ....... RR062 2005 RHYTHM RECORDS
1. Oop Vir Misinterpretasie
2. Ek Dink Aan Jou (As Dit Reën) vetseun
3. Die Illusie Van Veiligheid
4. Wintersdag By Die Seer
5. Monoloog In Stereo
6. Die Seksuele Revolusie

is Francois van Coke, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder, Wynand Myburgh, Jaco (Snakehead) Venter

'n "sagter" fokof, is maar nogsteeds 'n fokof. direktheid en woonbuurt ken is hier volop. kras grensende kitare nogsteeds en tedum-tedum ritmes. Kry vir jou nog voorstadskrete.
........... "dis nie my skuld nie"
die ep sluit ook die eerste liefdesliedjie in, so sê hulle, ons dog Tygerberg Vliegtuig is 'n lovesong? anyway, mooi vertellend van neig en hunker, eerlik vetseunsonder pretensie of nodig hê vir tweekeer se.
........................ "om mense te leer ken"
vetseundaardie klank wat ons musiek van hieraf het kom mooi te voorskyn in die effense "Die Illusie Van Veiligheid" wat dwalend rym totdat die galoppende elektriese kitaar berge en vlaktes smee...
........................ "ons los ons ruite oop"
met minder rondspringende mense en gillende dames word die sinchronisasie meer intens en veral in die heel stadige "Wintersdag By Die Seer" word elke instrument een vir een na vore geskuif en hoor mens die amper DM invloed van die afgelope kommissies vir alter-ego en CD4.
....................... "en rooi branders breek"
so ook amper ondraagbare spoed op "Monoloog In Stereo", 'n snit wat letsels los, met of sonder intensie. Ligte boerekitaar wat so spasieus moontlik van kant tot kant hipnotiseer, dis mos wat jy wou hê.
.................. "gelukkig skyn die son...."
meer aantuigend, soos die vorige twee albums, druk "Die Seksuele Revolusie" 'n vinger teen die bors van isolasie en afskeiding, praat lelik van onskuldiges en roltrappe...
.................... "stap versigtig met 'n...."
engels in tente orals. sommer so dat daar nogsteeds gesweet en gevloek kan word, maar miskien meer rooiwyn-kuier as bier. nog 'n juweel vir jou Fokofpolisiekar uitstalling...
vetseun


Fokofpolisiekar - Tevrede? VID >>> (2004)

vetseunvetseunLAAI AFvetseun
Lugsteuring ........................ RR053 2004 RHYTHM RECORDS
1. Bid Vir My
2. Sielswartgat
3. Sporadies Nomadies
4. Lugsteuring
5. Tonnelvisie
6. Ontken Altyd Alles
7. Die Grootste Gaping
8. My Lys Verskonings
9. Leeg Lê Drome Droom
10. Tevrede?
11. Angsaanval
12. Tiny Town
- LYN VAN DIE DAG 2020/11/29 - " .. Kan ons maak of ons vir ewig kan leef sal ons ons geheime boodskappe vergeet. ... " -Tevrede?

is Francois van Coke, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder, Wynand Myburgh, Jaco (Snakehead) Venter

.............................." ... die eentonigheid... "
kry een nou...
klank. of hoe sê die Nude Girls? min bands se CD launches word deur 'n strompelende koor bygestaan nie, maar sommer by die eerste snit "bid vir my" hoor mens die skare saamsing... bekendheid is nou nie eintlik iets wat die band benodig nie, daarvan is daar oorgenoeg, en meneer van coke kan op enige stadium die mikroffon oor die voorste paar rye hou vir die woorde...
......................... "bid vir my, bid vir my, bid vir...!!!"
so as jy al by fokof se shows was ken jy van die songs, en staan jy lankal nie meer oopbek en kyk vir kitare nie.. beweeg jou lippe? "... kom stem saam... ", dis nommer drie, moedersmelk. swaai jou kop? sit jy nog? fokof.
geen ander manier nie, die kort opgestapelde amper afgejaagde lirieke in heerlike sportstadium baskitaar en tik-tik (dis dromme..) sleep jou eenvoudig saam in. en dan verstaan mens hoekom ons alles wil aanhaal..
nog baie woorde
............................................" .... die see ... "


Fokofpolisiekar - Hemel Op Die Platteland (Akoesties) VID >>> (2004)


Fokofpolisiekar - Maak Of Braak VID >>> (2004)


Fokofpolisiekar - Hemel Op Die Platteland VID >>> (2003)

vetseunvetseun
As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand EP . RR048 2003 RHYTHM RECORDS
1. As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand
2. Maak Of Braak
3. Verklaar
4. Hemel Op Die Platteland
5. Vernietig Jouself
6. Tygerberg Vliegtuig
+. Hemel Op Die Platteland (VIDEO) (net op re-release)

is Francois van Coke, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder, Wynand Myburgh, Jaco (Snakehead) Venter

vetseunvetseunvetseun
As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand EP . PNSK001 2003 PUNKSKELM
1. As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand
2. Maak Of Braak
3. Verklaar
4. Hemel Op Die Platteland
5. Vernietig Jouself
6. Tygerberg Vliegtuig
7. Fokofpolisiekar

vetseunvetseun
Maak Of Braak CDS ......................... 2003 PUNKSKELM
1. Maak Of Braak
2. Fokofpolisiekar

is Francois van Coke, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder, Wynand Myburgh, Jaco (Snakehead) Venter

ook op :
Rots 3 kompilasie
MK89 Hoordosis Vol. 1 kompilasie - Brand Suid-Afrika
Rockhart kompilasie - Hemel Op Die Platteland (Akoesties)
MK89 Die DVD Video kompilasie - Hemel op platteland
BLUNT The CD - Angsaanval
OK10 Rock - Vernietig Jouself



skakels : fokofpolisiekar.coza : rhythm records.coza : bowline.coza : onanimonanism.com : oppikoppi.coza : glowing-head-gang.deviantart.com














Fokofpolisiekar Gig/Flyer-blad



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)