Hanru NiemandHanru Niemand - Tot Stilte
TuisbladHanru Niemand op FacebookTwitterMyspaceHanru Niemand op Last.fmHanru Niemand op YouTubeDiscogsWikipedia

Tot Stilte - 2007


Aaa!!! Ja ok, ons weet sy's weg!!.. O, jammer. Emm, Tot Stilte, hier gaan ons!! Die CD kom met lirieke so ons sing sommer saam.. So bietjie instem en tokkel warm jou op vir die ritme wat inskop, en die kitaar wat as wapen gebruik word. Die stem is amper skokkend onskuldig en lig, en teen die koor is jy sekerlik sold...
............... " ... ek hoor jou baby, ek hoor jou baby ... " (AOK)
Lekker in 'n groef besing Hanru een of ander sosiaal wanaangepasde dude, en mens kan tegnies die Stellenboche strate ruik, so raak is die beskrywing, 'n effe stekende liedjie, maar tog so mooi. Dit raak draaierig, passerig in 'n vinnige kar... en so paar biere, gevaarlik.
................ " ... dat hy cope, sonder jou ... " (verantwoordelik kan hou)
Nog 'n stapper liedtjie besingend aan daai ou, oor gelukkige kitaar word die storie vrolik tog manend vertel. Die storie van oorlewing na die "gypsey" se gaan. 'n Seer liedtjie, stekend, tog mooi...
Pyla in Azanie is meer rockerig, en patrioties van aard, nou nie Ons Vir Jou Suid-Afrika nie, maar beskrywend van die omgewing waarin ons ons bevind, hier aan die Suidpunt van Afrika.
................ " ... O, my former volk se former land ... "
Die volgende een, lekker. Liegstorie is die uitkoms, die antwoord op soveel hangende vrae, en hier word hy uitmekaar gehaal en ontneem van enige waardigheid. Die kitaar word op alle manieregebruik, tot groot verbasing en lekkerkry.
............... " ... en verbind jou in beginsel aan ... " (...enige ander man)
Onder Water is 'n opgewekterige eern oor die liefde, verloor daarvan, en die weet daarvan. Dis ook spasieus met lirieke gevul sodat dit 'n kampvuurtreffer sal word, indien die kans hom voordoen.
............... " ... want die nag bring nie meer woorde ... "
Mondfluitjie maak mos nou al vir lekker, en ons skop af met hom op Worcester Woorde, vir al die kenners van tonnels. Die hele ding laat my verlang na Shawn Philips se musiek ook, Hy's mos hier êrens op die oomblik, en daar is 'n nuwe CD... Later meer hier oor, miskien. 'n Mengsel tussen 'n ballade en volksliedjie met stukkies elektriese kitaar tokkel, half gebed, half liefdes brief, heeltemal hipnotiserende geluk.
.............. " ... O, alle heil vou oop in die landerye ... "
Hanru doen 'n groot verwerking van Sarie Marais, wat aan die tydlose liedjie sy klank gee. Dan word daar 'n ernstiger noot ingeslaan, 'n meer dralende, minder gelukkige kitaarritme, waaroor die stem harder en met meer fors die lirieke meedeel. Met 'n mondfluitjie wat sy verskyning maak en aan melodie 'n kliefende gedefineerdeheid verleen.
............... " ... twee Koos Kombuis CDs ... " (Love Songs + Greatest Hits)
Vertellend aan die verhaal van 'n inheemse dogter, Hof Ena 10.
Hier gaan ons oor in 'n amper mengsel tussen Max Normal se opera en 'n Duitse bierliedjie, of so iets, ons raak nou effens woordeloos.
.............. " ... maar die troos bly net troos ... " (tyd heel alle)
Klink tong-innie-kies Russies ook, en as jy wil kan jy daai sit en skop dansie doen op die eksistensiële bartreffer.
Silwersand is 'n seë liedjie waarin mens die branders kan hoor rustigheid bring na die warwoel langs die strand. Woorde amper gelfuister oor kitaarspirale, 'n hipnotiserende enetjie.
................ " ... gekneus geknak, lig ek, lag ek ... " (kom nou, dit rock!!)
Dit reën hier en party liedjies werk mos net in die reën, asof die klipper klapper van water uit geut o die bakstene daarby pas, en 'n serp. Ons maak so bietjie tee, anders mag ons dalk net heeltemal afgaan oor hoe cool die liedjies is.
............. " ... Maar as jy goed het om te doen, is dit OK ... " (!!!!)
Vinniger een, die titelsnit raak weer aan daardie lekker ritme en voetstamp Europese partytyd. 'n Goeie gesprek tussen die sanger en die "Martelaar", "die storie van jou is afwesig". So ons niks hieroor nie.
In true Boemelaar Style is die laaste liedjie 'n akoestiese live weergawe van Hanru se take op Afrikaanse liedjies. Ska-Rumba, Patayo, Da-Idi, The Lion Sleeps Tonight, Die FAK, Al Lê Die Berge nog blou, Noot vir Noot, Ek Lewe, "Wit Lelies" (so iets), Huisgenoot, It's your sign, Kurt Darren en Meisie, meisie kry bietjie liefde oor 'n skoppende backtrack.
Ons luister weer Silwersand. Want ons kan. Koop Nou Tot Stilte by Rhythm Records.

Tot Stilte . F1001144 RHYTHM
1. Ek Hoor Jou Gypsey Is Weg
2. Verantwoordelik
3. Pyle In Azanië
4. Liegstorie
5. Onder Water
6. Worcester Woorde
7. Sarie Marais
8. Hof Ena 10
9. Altyd Alreeds Alleen
10. Silwer Sand
11. Tot Stilte
12. Ek Het 'n Afrikaanse Liedjie Geskryf

Hanru Niemand - Tot Stilte

@ MusicBrainz

Hanru Niemand CDs
Hanru Niemand - Roepwoorde
Hanru Niemand - Tot Stilte
Hanru Niemand - Bootleg EP
Roepwoorde (2010)
.
.