Radio Suid AfrikaRadio Suid Afrika - Bid
TuisbladRadio Suid Afrika op FacebookTwitterRadio Suid Afrika op MyspaceLast.fmYouTubeDiscogsWikipedia

Bid - 2006


Die titel is miskien 'n vraag, miskien 'n opdrag, maar miskien 'n soekende waarheidskreet. Maar dis nommer 3 en ons kom daarby. As en Jy Vermy is daai lewens-/liefdesliedjies met meer betekenisse en speelbeelde waarna jy altyd soek, in of net buite liefde. Melodieuse kitaarrock noem ons dit gewoonlik, en vergelyk dit met grotes soos Valiant, Koos ens, enige iemand wat met 'n smile kan pyn. (Klopjag, Ddisselblom, Die Melktert Kommissie ens ook ...)
Daar'sy nou Bid ons, die diepe donker uit, die superlig in ... saam,
....... ".. bid vir vrede, bid vir reën ..."
patrioties? uitdagend? maar defnitief waar, met 'n MK89 video as backup, een van die jaar se driedubbele treffers, knersende kitare en kopknik woorde saam met vollebors saamsing koor ...
Met die stemming nou daar, sonder twyfel, rol die nommers soos Bloubergstrandbranders oor jou bewussyn, koel en soothing, deel van iets groter as wat die oog kan sien. Minder Is Meer is 'n vinger voor die
...... " .. geloof, hoop en liefde ..."
bors van meeste van ons, 'n aanmaning na beter en hoer (deel teken ...), 'n tarting van die kollektiewe gekanaliseerde metropolitaanse strewe na skaamgeld. Jammer oor die grootwoorde, maar hey. Honderd Maal, in elektroniese kitaar hemel besing ons die herhaling van die rondom
...... " ..sal jy dan eventually daarvoor val?..."
liefdesdroom en meer. Met 'n direkte verwysing na die Goddelike krag, meer as eenkeer, in aanvaarding van die rol. So in Luna se stem op Alone, is daar saamwees, en 'n duidelike melankoliese aandring daarop. Tussenin is daar die liedjies oor meisies, die een Judy met 'n Blohm kitaarklank en Stacey wat ritmies baie aan Boemelaar se droom herinner, en geluk verby is.
Die album word afgesluit (aaah!) deur twee emosionele waarheidsliedjies, Bier In Die Hel is saggies met die pluk van snare ingekleur, voor die elektroniese oorneem en kore geskree word ...
..... " ..hopelik, ja hopelik, net hopelik ..."
Nog vrae aan die uitspansel, nog waarhede in 'n lied. Kabous Verwoed aan die rym in Hoop, 'n uitroep met tjikkelinge tjikkelei note om die diepte daarvan miskien bietjie minder erg te maak.
'n Lekker CD, ernstig, tog saamsing, puntestelsel vir die een (weer), en vir gereelde luisteraars van VFM, draai daai knop so bietjie hientoe en daantoe, maar kry RSA FM op die draadloos, en Bid saam.
(ook ter nagedagtenis aan die Wildernis se oase ...)

Bid . F1001114 BOWLINE
1. As
2. Jy Vermy (Vir My)
3. Bid
4. Judy
5. Minder Is Meer
6. Stacey
7. Honderd Maal
8. Alone met Luna
9. Bier In Die Hel
10. Hoop met Kabous Verwoed

Radio Suid Afrika - Bier In Die Hel