ZinkplaatZinkplaat - Miskruier Gaan See Toe
TuisbladZinkplaat op FacebookTwitterZinkplaat op MyspaceZinkplaat op Last.fmZinkplaat op YouTubeDiscogsWikipedia

Miskruier Gaan See Toe - 2006


Dis nou al 'n ruk wat die CD op die digitaal verkeer, noord na die vetseunbosvelderigheid, en hierrond in die sonlig, miskien kan ons nou iets se daarvan, seeing as dit nog 'n ruk digitaal se bly vergemaklik.
Bands raak min so lekker groot dat die biografie onaangehaal bly omdat die huidige bewegings alles oordonder, Zinkplaat is nou al 'n ruk in daardie groep bands. Huidelik op 'n Kustoer wat die grootte van so iets getoets agter gaan laat, was hulle al orals gesien, meestal saam met eggoende name soos BMRO, Valiant, Karen Zoid, BVK, Abel Kraamsaal, en amper alle Afrikaanse bands naby of ver, 'n gereelde gesig op die feeste ens.
Die CD is 'n baie goeie opsomming van die breedvoerige aanslag wat die versameling musikante mee besig is. Jou kop is net seer geruk, dan kan jy so bietjie in die rustige denkbeeldige wegraak,
......................" .. en as jy weg is ... "
kan die lekkerkry oorneem, en jy skuifelvoet saamsing, weet van soos 'n kombers (hul simbool, sien #9) jou kan omhul, asof jy die liedjie al vantevore gehoor het, en ken. Dis dan ook die begin van die meer stadium georienteerde klank, en die meer intieme akoestiese kore, 'n mengsel wat net versterk word met die tong-in-die-kies waarhede wat oorloop.
Daar is mondfluitjie melodieë vir 'n meer vrye gevoel, vir die wat weet hoe om hul voete te lug. Al die goeie goete begin met so saambindende mondfluitjie noot, breek in die skoffelste ritme, met 'n koor wat mens die biere omhoog kan sien swaai en 'n effense hard effense geslurde uiting vereer word. 'n Kuiersong, groepsmotoroukie ...
...................... " .. het jy al ooit gewonder?..."
Niemandsland is net so mooi soos sy naamsgenoot van so paar jaar gelede, miskien bietjie meer ernstig melodieus en amper 'n gebed in lirieke. Die min kitaar en die engelklank van Laurinda Hofmeyr en Lurina Muller in die eggo maak dit amper te, so naby aan daai lyn dat jy miskien die kar moet stop en so bietjie asem skep. So vier minute of so, jy kan weer op Nuwejaar aangaan ...
...................... " .. en ek wonder, waar is ... "
Weer, 'n oprat song, met so bietjie meer volume, draaiende elektriese kitaar en groot ritmes maak dit 'n prag een, beligting en stadiumgevoel ingesluit. Saam met Donkiekar se dralende note en voetstamp kore, kan jy maar nou travel, pasop net vir die kameramanne .. Die liefdeslied en vredeslied en die spottende selfondersoekende rocknommers word hier so gevleg dat die drie miskien net weer gespeel moet word sodat die volgende keer meer op dans gekonsentreer kan word ...
................... " .. en ek wil net die wêreld sien ... "
Hêndsoppers se amper gepraatde lirieke oor daai kitaar is die derde, miskien 'n Oorsee Toer song, maar net so vanpas in PTA, of PE ... Vir daai opkomende verkeerswoede kompilasie van jou. Wees so bietjie rustig en onthou in die verlange liedjie, 'n groot spasieuse aanvaardingslied, wat sonies in die koor jou laat opkyk en miskien jou arms uitstrek, soos die "skree jou naam oor die oseaan"-song se stories, regtig. Hopelik floor daai een jou want Piekniek is nog sulke goed. En as jy al gepiekniek het daarop, of nie, sit stil vir dit.
................ " .. wolke is ons .... aandster is ons .... "
Weer 'n perfekte klank wat in minimalistiese volheid weergegee word, maak die hele ding so intens dat die beligting en swaaiende stadiumskare hiermee ook ingesluit is, met haar onder arm ... Diep asemhaal, daai een ook vier minute, maar hierna is jou kop deur ...
Met die stemming sonder twyfel daargestel kan ons nou so bietjie teruglê en gemakliker word, enige iemand in die Boland behoort dit te verstaan, 'n Dorpstraat ode is net die ding vir so 'n move. Want met die volgende nommers word daar weer hard gespeel, effe meer distort vir effek, en vinnig genoeg. Wiel Wat Draai en nog so Nuwejaar rocker, drywende kitaar en ritme, snyende lirieke en koor vir so bietjie inkeer, sodra jy beheer af leer ... Die aaneenhoudende kopskud lekker van Karoo Poison is hier groter, met dieselfde erkenning en eerlikheid wat dit so groot aanklank verkry het.
................ " .. hierdie oomblik, wat aan jou behoort .. "
Bloedkitaar is miskien die opsomming van die CD se gevoel en ritme, nie dat een liedjie nie as dit kan beskryf word nie, maar die emosionele note met die verlengde instrumentele interpretasie is waaroor die musiek gaan, nie net word verstaan en vertel nie, maar bo dit laat dit jou geniet.
Venster oop, elmboog, oppad see toe is die manier om Kris Muier se storie te hoor, die Kustoer liedjie!! Half verhaal half rock heeltyd lag kopskud en begin inpak vir daai outing. 'n Dorpverhaal oor die wedervaringe van Kris, in maagvashou vertelling. En as jy kan wag nog so bietjie vir goed wat heeltemal handuitruk in egte Zinkplaat styl ...
Kry Die Miskruier gaan see toe hier en vang hulle live binnekort naby jou ...
Onvoorwaardelike dankie en oorlopende Gees vir julle!!! saad

Miskruier Gaan See Toe . F1000690 BOWLINE
1. Elvis Bly In Niekerkshoop
2. As Jy Weg Is
3. Al'ie Goeie Goete
4. Niemandsland
5. Nuwejaar In 'n Whiskeybar
6. Donkiekar Windscreen
7. Hêndsoppers
8. Skemeraandverlange
9. Piekniek Opie Maan
10. Middernag In Dorpstraat
11. Wiel Wat Draai
12. Bloedkitaar
13. Plankies Afbreuk (Instrumenteel)
14. Die Ballade Van Kris Muier A
15. Die Ballade Van Kris Muier B
Zinkplaat - Piekniek Opie Maan

@ MusicBrainz

Zinkplaat CDs
Zinkplaat - Mooi Besoedeling
Zinkplaat - Musiek Uit Die Geraas
Zinkplaat - Miskruier Gaan See Toe
Zinkplaat - Karoo Poison
Mooi Besoedeling (2009)
Musiek Uit Die Geraas (2007)
Karoo Poison (2003)
.