Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Evert Snyman
Storietyd Saam Met Evert Snyman
vetseun
Die Avonture Van Stoffel Die Seekoeibulletjie 4 . AKACD16 AKA RECORDS
1. Stoffeltjie Besluit Finaal
2. Is Stoffeltjie Ooit Nog 'n Wilde Dier?
3. Weet Pieter Wat Stoffel Dink?
4. Nuwe Verwikkelinge
5. Die Kopers
6. Die Vergadering

Storietyd en Evert Snyman kan reeds lank in een asem genoem word en soos volume een, twee, en drie, belowe volume vier weer eens vir luisteraars boeiende luisterstof.
Aanvanklik het Evert en sy uitgewer slegs vier volumes beplan, maar dit was gou na die beplanning van volume vier duidelik dat daar meer as genoeg stof is vir 'n vyfde volume.
Die individuele storietjies in volume vier en vyf is dan ook langer as in die vorige drie volumes. Dit maak hulle natuurlik nie minder boeiend nie en as jy eers begin luister kan jy nie ophou nie.
Daar is heelwat verwikkelinge. Stoffel en sy vriende, Zirk die wyse zebra, Anton die blouaap en natuurlik Michaela sy volstruisvriendinnetjie bring menige spannende oomblik saam deur en 'n mens is van begin tot einde op die punt van jou stoel.
Twee aaklige mense besoek die plaas om ons vriende se lewens te versuur. Wie is hulle? Die beste raad is om te luister na Die avonture van Stoffel die seekoeibulletjie volume 4 en self uit te vind.

Storietyd Saam Met Evert Snyman
vetseun
Die Avonture Van Stoffel Die Seekoeibulletjie 3 . AKACD13 AKA RECORDS
1. Die Ontsnappingsplan
2. Een Ondeunde Diertjie
3. Manie Se Verhaal
4. Een Dier Wat Omgee
5. Een Hartseer Seekoei
6. Een Goeie Mens
7. Een Sterk Seekoei
8. Waar Is Stoffel?
9. Stoffel Die Vredemaker

Storietyd Saam Met Evert Snyman
vetseun
Die Avonture Van Stoffel Die Seekoeibulletjie 2 . AKACD11 AKA RECORDS
1. 'n Naam Vir Stoffeltjie
2. Waar Is Santa?
3. Oupa Kom Kuier
4. Pieter Die Menseseun
5. Het 'n Seekoei 'n Gewete?
6. Snaakse Voëls
7. 'n Volstruis Kan Dans
8. Hoekom Hector Kwaai Is
9. 'n Enigste Kind
10. Eerlik En Volwasse

Evert Snyman het met die avonture van Christoffel die seekoeibulletjie, Vol. 1, belowe daar is nog groot dinge op pad vir Christoffed, oftewel Stoffel, soos ons ons seekoeivriendjie en held nou reeds leer ken het.
In Vol. 2 is dit baie duidelik hy het nie 'n leuen vertel nie. Inteendeel, Stoffeltjie en sy vriende, Zirk die Zebra, en natuurlik Anton die blouapie, om nie te vergeet van ons held se mensevriend, Pieter nie, maak Vol. 2 dinge mee wat almal se verbeedling aangrup
As jy Vol. 1 van die avonture van Christoffel die Seekoeibulletjie geniet het gaan Vol. 2 jou nog baie meer boei. En onthou, dis nog steeds die beste luisterstof in Afrikaans vir oud en jonk.
Van klein tot 80+ kan dit saam geniet. Lekker Luister!

Storietyd Saam Met Evert Snyman
vetseun
Die Avonture Van Stoffel Die Seekoeibulletjie 1 . AKACD10 AKA RECORDS
1. Stoffel Se Eerste Grasvreet
2. Die Nagmerrie
3. Dis Nou Of Nooit
4. Die Groot Skrik
5. 'n Eerste Vriend
6. Stoffel En Zirk Gaan Swem
7. Groot Moeilikheid
8. Stoffel Kry Raas
9. 'n Intelligente Seekoeibul
10. Die Elektriese Heining

sien Goggatjie


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)