


















Elsabé Rademeyer .co.za

Somer ................................................

Elsabé Rademeyer CDS .............. 2007 WILD HORSE
1. Ek Hoop - MP3 by tuisblad, myspace
2. Don't Know Why
3. Supersterre Medley
4. Somer (Stef Kruger) - MP3 by tuisblad, myspace
5. Gypsy
Elsabé-Superster-Wat nou?
Vrydag, 28 September 2007, 19:00, SABC2....dis Supersterre tyd en

Sy kry 'n 7 op die sterre-meter, maar die beoordelaars is nie juis beïndruk nie. Almal staan in afwagting vir die nuus. Wie gaan vanaand huis toe?
Hulle kan nie besluit nie en twee deelnemers moet uitsing, Elsabé en Darius.
Beoordelaars gee hul beslissing en Darius is die een wat bly, so Elsabé gaan huis toe.
Wat 'n hartseer einde, 'n knop maak hom lê in menigte Elsabé-ondersteuners se kele. Kan jy glo? Daar is selfs mense wat so agter die hand 'n traan of twee wegvee. Einde van die Oos Kaap droom.
Stop net daar! Die meisiekind is nie een wat gaan lê nie en sy beskou die gebeure as die begin van groot dinge. Sy wil sing, en sing gaan sy sing, en sing kan sy sing. Sy het julle hulp nodig om die leer vas te hou terwyl sy klim. Alleen kan sy dit nie regkry nie en dit is waar julle inkom.
Julle moet asseblief nie ophou stem vir haar nie. Die Superster-beoordelaars stuur die deelnemers huis toe tot daar net twee oorbly. Hulle kyk dan na wie van die uitgestemdes die meeste sms-stemme gekry het en daardie persoon word teruggebring as een van die top drie! Dan word daar weer gekyk na hoeveel stemme elkeen van die top drie het en die een met die meeste sms-stemme is die nuwe .......Superster!!!
So sien.....sy het nog 'n kans om te wen, alles hang nou van julle, die publiek, kykers, lesers af. Daar kan elke dag gestem word, net soveel keer as wat jul wil.
Stem so vir Elsabé. Stuur sms " SS Elsabé" na 34767.
Sondag 30 Sept is sy in die BayFM ateljee in gesprek met Jacques Arendt, bekende Afrikaanse omroeper van Port Elizabeth. Tyd 12h40
Vrydag 5 Oktober gaan sy te sien wees by die Diaz-klub in Derde laan Newton Park waar sy gaan deelneem aan die PIESATA .Tyd: 19:00 vir 19:00. Elke eerste Vrydag van die maand, kan enigeen wat in Afrikaans wil sing, daar gaan deelneem.
Kontakpersoon om optrede te reël: Robert Gillmer 082 718 3458
Saterdag 6 Oktober kan jy na 'n onderhoud met haar luister op Kingfisher FM 103.8 op die program " Life Today " wat om 22:00 uitgesaai word.
Baby, Baby, Baby - MP3 by myspace
sien Onthou jy? CD, Siklus!
flyers :
2007 09 09 - Jannie Moolman, Potters Place Jeffrey's Bay, 19:00
2007 09 15 - Skou - Graaf Reinet, Eastern Cape, 11:00
2007 09 19 - André M, Queenstown, Eastern Cape, 19:00
skakels : elsaberademeyer.co.za : facebook : myspace