Vetseun Facebook Vetseun Page Twitter Twitter (Maarman)Instagram YouTube Last.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
DZL
vetseun
Realiteit ............................................... 2018
1. Bloei
2. When You Open Your Eyes
3. Waarvoor Ek Staan
4. Waserig
5. Jonk En Mal
6. Het Jy Al Gelewe
7. My Afrika
8. Die Hele Wêreld
9. The Long Way
10. Nooit Genoeg
11. Wees Iemand
12. Rhino In Our Blood


DZL - Vind Jou Pad VID >>>

vetseun
DZL ............................. NEXTCD 587 2015 NEXT MUSIC
1. Langpad
2. Ek Laaik Dit
3. My Song
4. Een Kans
5. Vind Jou Pad
6. Say Something
7. Somebody Like You
8. Hotter As Botter
9. I Run To You
10. Vat Jou Rede
11. Free
12. Borrow My Heart
13. Toti Ramba
14. Alles En Meer

Na die sukses van sy Rooiwarm FAK treffers en Basta, is Andries-Hendrik Potgieter terug met n nuwe klank wat gehore regoor Suid-Afrika se voete gaan laat juk. Saam met die talentvolle nuweling, Wiaan Fourie, bring die twee sangers van die groep DZL n nuwe Pop-Rock-Country klank wat sal aanklank vind by jonk en oud.
Hulle eerste enkelsnit, Een Kans, word tans vrygestel en sal binnekort op radiostasies regoor die land gehoor word.
Die konsep rakende Een Kans is baie universeel en kan op baie maniere toegepas word. Soms kry ons net een kans om n verskil te maak, 'n goeie indruk te maak, iemand te help, ons lewe in n nuwe rigting te stuur die lys is eindeloos. Vir ons is hierdie Een Kans om ons geleenthede met altwee hande aan te gryp en n sukses van dit te maak, se Andries-Hendrik.
Die twee sangers het onlangs kragte saamgesnoer en hulle lewendige, saamsing optredes het reeds goed aftrek gekry by gehore regoor die land. Hulle werk tans aan n nuwe album wat na verwagting in September 2015 die lug gaan sien.
Andries-Hendrik het al diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap en spog met opnames saam met van die land se grootste kunstenaars soos Grammy-bekroonde, Soweto Gospel Choir en Steve Hofmeyr. Sy stem is ook op internasionale verhoë
gehoor waar hy gehore in Disneyland, New York, Atlanta en Namibië vermaak het.
Sy duet met Namibiese sangeres, Lize Ehlers, is in 2014 vir n Namibiese Musiektoekenning benoem. Woestynroos het nommer een posissie op vele Namibiese radiostasies se ranglyste beklee.
Nie net beskik Andries-Hendrik en Wiaan oor 'n unieke sangtalent nie, hulle altwee is ook baie aktief in die modelbedryf betrokke. Andries-Hendrikhet reeds aan New York Fashion Week en SA Fashion Week deelgeneem. Die twee manne het ook vanjaar alreeds aan Ghana Mercedes Benz Fashion Week en SA Menswear Week in Kaapstad deelgeneem.
Wiaan Fourie het al van kleins af n passie om te sing en n loopbaan daarvan te maak. Wiaan skryf ook sy eie liedjies en werk hard aan nuwe klanke waarmee hy en Andries-Hendrik die gehore vermaak.
Die twee bedrywige manne is opgewonde om hulle sang, talent en passie vir die musiekbedryf met gehore te deel!


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )