BonsaiBonsai - Vrot
TuisbladAlbert de Wet op FacebookAlbert de Wet op TwitterMyspaceAlbert de Wet op Last.fmBonsai op YouTubeDiscogsWikipedia

Vrot - 2007


lui kitare begroet jou met 'n vriendelike koortjie om saam te neurie, maar die wete van wat hierso aangaan begin stadig oor jou vel versprei, luister daai een eers weer 'n keer asseblief, jy gaan dit nodig hê, daar is oneindig kitaar note wat in vele dimensies streel, en teen die tyd wat die simbolismevolmaaktheid bereik is die hoendervleis in volle mag teenwoordig ...
... " .. blameer die stilte op hom .. " ...
aansteeklik heerlik en toonaangewend van wat nog oppad is, ernstig, maar so mooi dat die oorweldigende indruk jou half geskaad nederig los, ons gaan miskien so bietjie af, maar hey, die goed was mal gewild op MK en die volgende een en die video daarvan was die hoofrede daarvoor ...
..." .. maar die wolke skuil en die grasvelde lyk maar yl .. " ..
en die baskitaar riffs en opruimende koor is genoeg rede vir 'n klein 3 en 'n half minuut revolusie, 7 minute as jy dit weer speel, soomlose dromritmes wat die Goue Meerkat met bas en so bietjie op en af spring 'n treffer, soos jy weet ...
... " daar is soveel meer as net 'n oorvol dam .. " ...
so teen die tyd wat ons by die engelse bydra kom is ons al amper waar ons wil wees, daai eerste twee kan vollengte albums die nodige oomf gee om dit te maak, maar dis nou eers nommer drie ... done with you. done with this. skop jou vinnig terug in die akoestiese rigting met 'n herhalende kitaar wat die woorde soos strand laat klink (!), emosioneel en met 'n oorvleuelende vokale hemelklank wat die finaliteit van die boodskap net-net versag, maar later oor harde kitaar die saak versterk ..
" ... i have spent so many pints of blood, .. "
in 'n aanvanklik rustige aanmaning kom die nommer 4 soos 'n byl uit die bloute, die kitaar nootjies word ewe skielik met 'n gillende elektrisiteit een vervang en bonsai maak die koor geld deur dieselfde intensiteit na te streef, 'n besluit wat dit song in 'n sosiale ...
... " .. laat verdwyn, laat verdwyn, laat verdwyn, laat verdwyn .. "
...kommentaar/geskreeuery laat ontaard wat weereens amper soomloos in die volgende tandekners nommer oorgaan, teen weeskinders is die ding op gewarm en word daar sekondes gegun vir stilstaan en miskien 'n drankie kry, 'n verskriklike nommer wat jou van jou voete kan slaan in die koor, al het dit jou liefdevol deur die verse behandel, teen die tyd wat dit uitfade en stilte weer oorheers, so net voor die volgende nommer weer luilekker begin, is jy weer naby aan daai geskende gevoel van vroeër, 's julle alleen? meng woorde oor 'n akoestiese melodie, 'n effense pouse na die vorige aanslag, maar so aansteeklik soos sewe stede, en as die dromme inskop, maak die koor dit weer 'n saamsing een, sal maar tweekeer moet luister om te hoor hoekom presies dit so lekker was ...
... " .. probeer die kettings breek met die hulp van jou pille .. "
die ding is nou al heel bleep bleep mooi en om dit te top, kom die 8ste een met 'n klavier te vore, en dit verleng die emosionele note van die geestelike skade totdat hulle oneindig voorkom, later maak die ritme dit makliker, maar die woorde kleef maklik vas, en so bietjie getokkel bo-oor gee dit 'n amper elektroniese presisie en gevoel ...
'n landskap cd, soos 'n kaartboek, met alles in, hoogland, laagliggende dele, bekendheid, en onbekende plekke, net reg om jou ipod mee te voed. stukke waar jy die spoed gebruik om die scenery te laat verdwyn en plekke waar jy jou oë nie kan glo - aan hoe mooi dit alles is nie -
... " .. wees lief vir jou naaste, wees lief vir jou ... "..
nie, daar 'n paar minute se reën aan die begin van 9, epies, ter voorbereiding van nog 'n meerkat melodie, wat die boodskap met kampvuur akkuraatheid uitvoer ... maar dis ok want dit reën weer na die tyd ... driedubbele sjoe, en 'n sterrestelsel vir bonsai, vrot.

Vrot . DPS -001/ LE DORING PRODUKSIES
1. Sewe Stede
2. Goue Meerkat
3. Done With You, Done With This
4. Doen 'n Bietjie Moeite
5. Weeskinders
6. 's Jul Alleen?
7. Geestelike Stede
8. Lewe In Die Oerwoud

Bonsai - Goue Meerkat