Die HeldeDie Helde - 'n Eeue Oue Melodie
TuisbladDie Helde op FacebookTwitterDie Helde op MyspaceDie Helde op Last.fmYouTubeDiscogsWikipedia

'n Eeue Oue Melodie - 2006


............. "... Ek is verseker ons almal kan saamleef ..."
Volk in sy uitgestrekte spiere, op so lou draffie, met lag en flitsende ligte. Sommer die eerste snit moet 'n treffer wees, speel hom vanaf jul dakke, kardakke en "donkiekarre". 'n Heerlike heuningsoet rympie wat teen die tweede vers in is, en teen die koor skree/vra jy saam.
Elektriese kitare vervang die effense akoestiese klank, en die half armyrige foto's maak nou meer sin. Sonies, 'n liedjie aan die skrywer se gewete, oor vryheid en maalkolk strewes van die menigdes. Dalk 'n nadink liedjie, nee, dans hom en spring sommer van die stage af ok.
............. " ... Waar moet jy gaan om beter te verstaan? .. "
En dan so so bietjie nadenke: Mikrofoon is weer sagter op die oor, en word met gemak verskuif tussen harder rock en die boodskap wat in 'n reggaerige ritme met ons gedeel word. Vinniger in die kore, maar tog vriendelik met al die vrae oor die beat.
Winamp sê 24:19, maar met die repeat knoppie se liggie wat brand is dit 'n oneindige CD die. 'n Amper volmaakte mengsel kitare en rock en lirieke en meegevoel en soos die manne se gees!!
Val In Die Pad skop dit dan weer 'n rat op en alhoewel dit stadiger beweeg deur verse is die skreeuende kitaar daar vir die koor. 'n Motiveringslied met simbale en "tasse gepak" vir die wat wegloop.
........... " ... het die sonstraal op my neergeskyn, maar .."
'n Luie in Verskroeide aarde, wat ons nou so na Die Generaalsong mens heel duidelik aan Kitchener se idees. Ritmies en liries saam met Reënboognasie hoogtepunte, alhoewel ons vroeër gesê het jy moet hom repeat. Dis ook die titelsnit vir die wat gewonder het, eerlik en mooi.
.......... " .... prrrrrraaaaaaaaaattttt!!! ...... "
Êrens gelees waaroor die Jy moet na my luister song gaan, MK seker, nog een van daai kopswaai en rondspring liedjies waarvan ons 'n oorvloed gekry het van De Plate Kompanjie, ons stuur die rekening vir daai bank en twee vensters ... Nee rerig, so grunge gevoel aan hom, maar met die Stellenbosche rustigheid wat daar deur vloei.
Soos skemer voor die son ondergaan (en weer met 'n "reënboog") sluit die CD af met 'n hoendervleis instrumentele nommer, Bambanani, kitare in absolute heuning hemel. Miskien hoe ons voel oor hoe om Saamstaan teen Misdaad te verwerklik, oorgewen met melodie ...
Koop die CD, luister snitte een vir een, hier.

'n Eeue Oue Melodie . DPK004 DPK
1. Reënboognasie
2. Wat Gebeur?
3. Mikrofoon
4. Val In Die Pad
5. Verskroeiende Aarde
6. Jy Moet Luister
7. Bambanani

Die Helde - Jy Moet Luister